'n Yskoue Donderdagoggend, waar die temperature die vorige nag 'n rekordtemperatuur van -13 aangeteken het, het vier ywerige matrieks na wenke van die Dux-leerder van 2020 kom luister. Matriek en Covid-19 saam is geen grap nie en wie beter as Kamohelo om vir hulle die pad vorentoe aan te dui! Die matrieks wat elke dag van die vakansie vir ekstra klasse gekom het, is Sicelo Tseletsele, Rethabile Mahasa, Tando Mtengwane en Katleho Majola.