Wednesday 31 October 2018

Tuesday 30 October 2018

Monday 29 October 2018

Sunday 28 October 2018

Saturday 27 October 2018

Friday 26 October 2018

Thursday 25 October 2018

Op pad terug van Gold Reef City af ...



Die top 10 na Gold Reef City ...

Die 40 top 10-leerders het hierdie dag geniet - weg van boeke, klokke en huiswerk ... miskien is dit glad nie so 'n slegte idee om te sorg dat jy altyd onder die top 10 bly nie!! Mnre. JD van den Berg en Johann Herbst het heerlik meegedoen aan al die pret...

Die fotograaf van die dag was mnr. Johann Herbst.







Eskom-kragonderbreking ...

Indien Eskom besluit om instandhoudingswerk  in die middel van die week te doen, dan moet mense nogal hare op hul tande hê, veral die boekstoorsekretaresse wat die vraestelle vir die eksamen op hande, moet afrol. 

Sy kon egter nie dat 'n dag (donker dag, want daar is nie vensters in die boekstoor nie) sommer so by haar verby glip nie, dus het sy maar die vraestelle nadergetrek en solank geproeflees ... by kerslig. Dus kan daar met alle eerlikheid gesê word dat me. Estia Greeff vandag die lig by HTS was! 

Sukses is ...


Wednesday 24 October 2018

Tuesday 23 October 2018

The debating stars ...

Shaun Mmutsi (Gr. 11), Kgosana Moeketsi (Gr.11)
and Thato Manaka (Gr. 9)

The Free State Schools Debating Board together with the Goldfields Debating League held provincial debating trials for Lejweleputswa schools on Saturday 20 October 2018 at Unitas Secondary School.  The region’s top ranking debaters from different schools were invited to trial, only 8 juniors and 10 seniors were selected for the Free State team. From THS Welkom 6 learners were invited to participate. THS Welkom is proud to announce that three learners were selected to represent the province at the national competition which will be held at the University of the Witwatersrand in Johannesburg this December. These include: Kgosana Moeketsi (Selected for the senior team), Shaun Mmutsi (Selected for the senior team) and Thato Manaka (Selected for the junior team).The school wishes them the best of wishes throughout for the competition.

'n Dosyn medaljes van 'n handjievol atlete!

Baie geluk aan die atlete wat met hulle eerste byeenkoms in Bultfontein (22 Oktober 2018) so skitterend gevaar het! Die redaksie hou julle atletiekprestasies met valkoë dop!

Siyabonga Nyathi, oudleerder aan die oefen ...


A student's prayer ...


Matrieks, sterkte met julle 2018-eksamen


Sunday 21 October 2018

Matrieks voor die prysuitdeling ...

Katleho Letsaba, Tekkie Tonic se gereelde verslaggewer die afgelope twee jaar, het Donderdagaand 'n klompie informele foto's geneem voor die prysuitdeling begin het. Van die matrieks was in 'n luimige bui, want die harde werk van die afgelope jaar het vrugte afgewerp.





Die einde van hulle skoolloopbaan - mnre. Majoe en Tsobo
gee mekaar die spreekwoordelike hand!


The supreme art...


Saturday 20 October 2018

Matrikulant van 2014 woon prysuitdeling by ...

Farhaan Bhamjee, 'n matrikulant van 2014, het HTS se prysuitdelingsfunksie van 2018 bygewoon om te sien hoe het vanjaar se matrieks gevaar. Hulle was in graad 8 toe hy in graad 12 op die matriekraad was. Farhaan is 'n Tekkie in murg en been, wat nog steeds die belange van sy Alma Mater op die hart dra. Dankie vir dié besoek - dit is 'n eerste keer dat iemand van 'n ander dorp ry, net om te sien hoe gaan dit met sy ou skool se uitslae. 'n Spesiale woord van gelukwensing van Farhaan aan die top 3 leerders van graad 12: "Julle het reeds in graad 8 julle merk gemaak. Sterkte vir die eindeksamen - ek sien uit na die uitslae op 3 Januarie 2019" 
Ruan Bekker, Kanya Gojo, Farhaan Bhamjee, 
Katleho Letsaba, Esenam Best Tsewu en
Renier de Lange, 

Are fools protected ...


Thursday 18 October 2018

Agter die prysuitdelingskerms ...

Deel van die jaarlikse ritueel om die pryse blink te poets ...

Keep speaking the truth ...


Tuesday 16 October 2018