Showing posts with label Prysuitdeling. Show all posts
Showing posts with label Prysuitdeling. Show all posts

Friday, 11 April 2025

Flashback Friday: Pule Mmula se betrokkenheid


Pule, hoofseun van 2017, is nie 'n man wat stilgesit het nie. Hier volg 'n opsomming van 'n paar van die ysters wat hy in die vuur gehad tot en met September 2017, sonder sy akademiese prestasies en die res van die jaar se prestasies. 

* Boekstoorprefek
* Biblioteekprefek
* SANBS-verteenwoordiger
* Kaptein van die debatspan
* RCL-voorsitter
* Leierskapraad
* Hy word gekies om mondeling te doen tydens 'n werkswinkel vir graad 12-onderwysers (Engels)
* Lid van die MJC/JCC se uitvoerende raad
* Lid van die SAGE VS-wenspan
* Lid van die SAGE-span wat 'n 2de plek tydens die SA-kampioenskap gekry het
* Deel van die span wat 'n eerste plek by die Lejweleputswa-distrikstoernooi kry. Aangewys as beste spreker. Kry goue medalje.
* Kry 'n eerste plek by die Elite-debatliga
* Eerste plek in die Lejweleputswa-distriktoernooi
* Tydens die Universiteit van Wits se interprovinsiale kompetisie praat hy 'n sewende plek los
* Tydens CUT Bloemfontein se kompetisie eindig Pule onder die top 2 in die VS
* Verteenwoordig die VS in die Oos-Kaap tydens die Prestige Debatkompetisie  
* Neem aan die PAN AFRICAN-kompetisie deel

Foto's is HIER as bewys van Pule se bedrywige en besige jaar!

Monday, 21 October 2024

Baie geluk, Lefa!

Op 11 Oktober 2024 het Lefa Lipali die trofee ontvang as die beste eerstejaarstudent by CUT (Central University of Technology), saam met 'n hele handvol sertifikate. Hierdie mylpaal kon hy slegs bereik met harde werk. HTS is trots op hierdie prestasie wat nie sonder sweet gebeur het nie. 

Baie geluk, Lefa, hierdie is die eerste tree op jou akademiese pad - ons volg jou loopbaan en wil graag 2025 se prysuitdelingfoto ook hier plaas. 

In drie van die vier vakke het Lefa 'n eerste plek gekry (wiskunde, sagtewareontwikkeling en inligtingstegnologie essensiale). 

Op die foto bo verskyn Lefa en medestudent, Nyakallo Pali, met hulle meriete sertifikate. Viva studies!

Tuesday, 1 November 2022

Prysuitdling: Net voor die pryswenners instap ...

 








Dylon Lötter, die Tekkie-fotograaf van die informele prysuitdelingfoto's!

Saturday, 19 October 2019

Die geheime taal van blomme ...

Op HTS se personeel is daar iemand wat die geheime taal van blomme verstaan, asook die simboliek daarvan en dan daarop reageer.

Min mense weet dat blomme met haar praat. Daarom, met die funksie in ag genome, gaan kyk Hester altyd eers na die lokaal en voel dan aan haar vingerpunte watter blomme swier aan die geleentheid sal verleen.

Blomme is van oudsher af ingespan om boodskappe aan mense te stuur.

Vanjaar het Hester se keuse op wit lelies geval. Hierdie lelies, is in die wandel bekend as die Madonna-lelies. Hulle is gelaai met simboliek en o.a. dra hulle ook die boodskap van geluk en blydskap uit. Menigeen se beker het op 2019 se prysuitdeling oorgeloop van geluk.

En volgens mnr. Erick Litjamela (wat ook 'n oudleerder van die skool is) was dit die prysuitdeling met die meeste nat oë, op en van die verhoog af, wat hy nog bygewoon het.

Dankie, Hester, vir die ongeskrewe boodskap wat jou rangskikkings uitdra. Jy is 'n fynbesnaarde mens ...

Prize giving 2019 ...

Rantsholo Malefane and Nhlanhla Radebe
This is a special award from Mrs. Harding to Nhlanhla Radebe in 8C

Mrs. Harding is Nhlanhla’s register teacher as well as his English and Afrikaans teacher. Since he first stepped into her classroom in January, there has never been a dull moment. Nhlanhla is a “once in a teacher”s lifetime learner”. He is Mrs. Harding’s little miracle and is very curious about everything and always wants to learn something new. He never gets tired of learning.

Throughout the year he attended Mrs. Welman’s gr. 11 and 12 extra Afrikaans classes and assisted learners and helped them with work they did not understand. He answers of Mrs.Welman’s grade 12 Afrikaans papers successfully.

Nhlanhla Radebe and mrs.
Alet Harding
Nhlanhla is one of HTS’s most dedicated class captains and is the number one student of the top ten of the grade 8’s and all these things make him very excited.

As 2019 progressed, Nhlanhla became more mature and serious.

It is Mrs. Harding’s last full year of teaching before retiring early next year. This special award to Nhlanhla is to thank him for the bundle of joy he has been in her class and for making her last year of teaching worthwhile and very special.

Thursday, 17 October 2019

Preprysuitdeling-gebeure ... 'n kykie agter die skerms!

Baie selde word daar tydens 'n funksie gedink aan al die swoeg en sweet vooraf om dinge tydens 'n prestige-geleentheid op geoliede wiele te laat loop.

Hier is so 'n klein kykie agter die skerms. Raakvatters wat weet dat vele hande ligte werk maak. 

Foto's: Mevv. Lucinda van den Berg en Lindie Rode



Die span wat met leë tafels begin het, en na die tyd
hul handewerk met tevredenheid kon gade slaan.
Mev. Lucinda van den Berg, mnr. Johann van den Berg,
mev. Hester Bothma, mnr. JD van den Berg en

mev. Lindie Rode


Monday, 10 December 2018

Blomboodskappe ...

Daar is min dinge wat 'n plek so opkikker soos 'n bos blomme. Hier kry van die prysuitdeling se blomme 'n tweede lewe in die voorportaal.

Dankie, Hester. 

Sunday, 21 October 2018

Matrieks voor die prysuitdeling ...

Katleho Letsaba, Tekkie Tonic se gereelde verslaggewer die afgelope twee jaar, het Donderdagaand 'n klompie informele foto's geneem voor die prysuitdeling begin het. Van die matrieks was in 'n luimige bui, want die harde werk van die afgelope jaar het vrugte afgewerp.





Die einde van hulle skoolloopbaan - mnre. Majoe en Tsobo
gee mekaar die spreekwoordelike hand!


Saturday, 20 October 2018

Matrikulant van 2014 woon prysuitdeling by ...

Farhaan Bhamjee, 'n matrikulant van 2014, het HTS se prysuitdelingsfunksie van 2018 bygewoon om te sien hoe het vanjaar se matrieks gevaar. Hulle was in graad 8 toe hy in graad 12 op die matriekraad was. Farhaan is 'n Tekkie in murg en been, wat nog steeds die belange van sy Alma Mater op die hart dra. Dankie vir dié besoek - dit is 'n eerste keer dat iemand van 'n ander dorp ry, net om te sien hoe gaan dit met sy ou skool se uitslae. 'n Spesiale woord van gelukwensing van Farhaan aan die top 3 leerders van graad 12: "Julle het reeds in graad 8 julle merk gemaak. Sterkte vir die eindeksamen - ek sien uit na die uitslae op 3 Januarie 2019" 
Ruan Bekker, Kanya Gojo, Farhaan Bhamjee, 
Katleho Letsaba, Esenam Best Tsewu en
Renier de Lange, 

Thursday, 18 October 2018

Agter die prysuitdelingskerms ...

Deel van die jaarlikse ritueel om die pryse blink te poets ...

Thursday, 20 October 2016