Showing posts with label Studiehulpklasse. Show all posts
Showing posts with label Studiehulpklasse. Show all posts

Friday, 8 July 2022

Matrieks, hoe gaan jy hierdie week deurbring?


Matrieks, nou moet julle besef dat julle verby halftyd is. Elke man is verantwoordelik vir homself en daarom is dit nou die tyd om jou afspraak met die boeke na te kom. Julle het ekstra klasse, intervensieklasse en motveringsklasse gehad. 

Wat gaan jy met al daardie kennis en hulp doen?

Onthou,  daar is 'n tyd vir alles en dit is nóú die tyd vir ernstige studie. 

Astra castra numen lumen ...

Die Julie-deel van die vakansie is nog beskikbaar. Geniet dit. Rus goed uit, maar gebruik hierdie tyd tot julle voordeel. Jy weet mos hoe lyk jou rapport ...

Viva vakansiestudie!! 

Thursday, 16 April 2020

Afrikaanssprekende matrieks - hier is julle helpende hand

Media24 het 'n groep ervare onderwysers ingespan om julle te help, sodat julle nie agterraak tydens die inperking nie. Verskillende aspekte van die leerplan word aangespreek en julle kan teruggaan na 'n les, indien jy nie alles verstaan nie. Onthou, om kennis deel van jou te maak, moet jy studeer.

Wat moet jy doen om in te skakel?
Netwerk24 gaan die klasse elke dag op Netwerk24 en op YouTube laai.
Besoek ons YouTube-kanaal.
Besoek ons Facebook-blad.

Op watter vakke word daar gefokus? 
Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Fisiese wetenskappe
Lewenswetenskappe
Rekeningkunde

Wednesday, 11 April 2018

Studiehulpklasse

Omdat HTS verbind is tot akademiese uitnemendheid so ver as moontlik, bied onderwysers studiehulpklasse aan leerders. Tydens studiehulpklasse bied die onderwyser hulp aan die leerder wat met 'n spesifieke area van die werk probleme ondervind.
Hulpklasse word gewoonlik op 'n Dinsdag-, Woensdag- en Donderdagmiddag na skool aangebied met inagneming van die vakonderwyser se buitemuurse program. Geen kostes is verbonde aan studiehulpklasse nie.