Showing posts with label Inspirasie. Show all posts
Showing posts with label Inspirasie. Show all posts

Sunday, 12 May 2024

Sy inspireer my!

Sy is nie die mooiste, simste of die rykste persoon in die wêreld nie, maar vir my is sy perfek. Sy het al die regte kwaliteite om 'n rolmodel te wees. Sy is ook 'n groot deel van my lewe, sonder haar kan ek niks doen nie. Sy inspireer my daagliks. 

Ek praat van my ma ... Die groot rolmodel in my lewe. Van kleins af was sy altyd daar vir my. Niemand beteken meer vir my in my lewe as sy nie. Sy is letterlik en figuurlik sterk. Sy weet hoe om 'n persoon gelukkig te maak, as hy die dag af voel. Sy gee om vir ander mense, meer as wat sy vir haarself omgee. Sy het in 2005 sonder werk gesit, maar nog steeds het sy 'n plan gemaak om ander mense te help.

Sy het 'n preprimêre skool begin wat vir kinders sorg wat nie meer ouers het nie. Hulle het hulle ouers hoofsaaklik verloor as gevolg van MIV/VIGS. Sy werk nou by 'n hoërskool in Kutlwanong, maar is nog steeds deel van die preprimêre skool. Sy is ook deel van 'n broodjieprojek by die hoërskool. Sy het hierdie projek begin saam met 'n paar onderwysers wat geld geskenk het vir hierdie projek. 'n Projek wat uit die personeel se eie sakke gefinansier word. 

Sy het drie kinders van haar eie waarvoor sy verantwoordelik is, asook twee van haar suster se kinders. Ek weet nie hoe sy dit alles op 'n onderwyser se salaris doen nie, maar ons het nog nie een aand honger gaan slaap nie. 

Een van haar uitstaande kwaliteite is dat ek haar nog nooit gehoor kla het oor enige iets nie. 

Al hierdie dinge maak haar die mens wat sy is. Die belangrikste is egter dat sy my ma is en dat ek baie lief vir haar is. Niemand in die wêreld kan ooit haar plek in my hart inneem nie.

Sy inspireer my!

[Dankie, Paul van Odendaalsrus, vir hierdie mooi woorde oor jou ma.]

Saturday, 10 February 2024

Die sleutel tot sukses

Wat is die sleutel tot sukses?

Is dit harde werk, lang ure of net intelligensie? Of moet jy bloot geniet wat jy doen ...?

Wanneer 'n geleentheid aan die deur klop, MAAK OOP!! Almal sal sukses beskryf uit hul perspektief en waarby hulle baatgevind het. Wat beteken dit vir my? Hierdie is 'n baie belangriker vraag as wat dit op die oog af lyk. En die heel belangrikste van hierdie vraag is jou antwoord. Maak seker dat jy die antwoord ken. 

Mense dink dat harde werk alles in die lewe is ... dat harde werk alle drome, wense en begeertes sal vervul, maar harde werk sonder passie is soos 'n swerwer sonder rigting.

As jy geniet wat jy doen, dan word dit 'n stokperdjie en jy spandeer baie tyd aan jou stokperdjie. Dis 'n algemene feit dat as jy baie tyd aan iets spandeer, dan bemeester jy dit. Jy word 'n meester van jou belangstelling. Jy kan 24/7 daaroor praat, sonder dat dit jou verveel.

Vergeet van geld, geld is nie alles in die lewe nie. Meer geld - meer probleme. Meer kennis - meer oplossings. Die wonderlike ding van die lewe is dat niemand weet wat in die toekoms gaan of kan gebeur nie. Jy kan jouself net voorberei, so goed as wat dit vir jou moontlik is. Jou prioriteite moet reg wees en jy moet 'n ernstige gesprek hê oor wat vir jou belangrik in die lewe is. Daar is 'n spreekwoord wat sê dat bloed dikker is as water, daarom moet jou familie voor jou bloedrooi sportmotor kom, voor die duur goue horlosie, maar na jou geloof.

Geen mens kan alleen sukses bereik nie. Almal het 'n rots nodig waarop jy jou huisie kan bou, waar jy jou vuurtjie kan maak om jou teen die koue van die lewe te kan beskerm. Bou jou huis op sukses, bou jou huis op Christus. Dit is altyd moeilik, maar dit is nooit verkeerd nie. Moet nie hard werk nie, werk slim. Die wyse mense vertel ons dat hulle 99 keer misluk het, en die 100ste keer het hulle geslaag. Moet nooit 'n droom opgee omdat dit te moeilik is nie. Glo aan jou droom, jaag jou droom na, misluk liewer 99 keer en slaag die 100ste keer. Dis jou lewensdroom ... jou toekoms ... jou lewe!

Swart op wit is jou lewe klaar neergeskryf in 'n boek, weggebêre in 'n kassie. Al wat jy kort, is 'n sleutel tot sukses!!

[Theano Oosthuizen, Dux-leerder van 2022. Met hierdie wyse woorde wat hy reeds in Junie 2022 geskryf het, wil hy die graad 12's van 2024 uitdaag om hul akademie met passie aan te pak en hul skoolloopbaan suksesvol af te sluit. Onthou, die sleutel tot 'n suksesvolle toekoms is in jou hande.]    

Monday, 24 April 2023

Maandag-motivering

"Te midde van elke probleem lê die geleentheid." - Albert Einstein

Monday, 17 April 2023

Maandag-motivering

“Maak jou gedagtes oop. Staan van die bank af op. Beweeg.” - Anthony Bourdain

Monday, 10 April 2023

Maandag-motivering

"As dit vir jou belangrik is, sal jy alles insit om suksesvol te wees." - Charlie Gilkey

Monday, 3 April 2023

Maandag-motivering

"Hou op dink aan WAT SAL GEBEUR en begin dink aan WAT JY KAN DOEN".

Tuesday, 28 March 2023

Maandag-motivering

"Ons grootste swakheid lê daarin dat ons maklik opgee. Die sekerste manier om te slaag, is om net nog een keer te probeer. "- Thomas A. Edison

Monday, 20 March 2023

Maandag-motivering

"Elke probleem het miskien nie nou dadelik 'n oplossing nie, maar moenie vergeet dat elke oplossing lank terug 'n probleem was nie".

Monday, 13 March 2023

Maandag-motivering

Leer van gister, leef vir vandag, hoop vir môre. Die belangrikste ding is om nie op te hou nie. Albert Einstein

Monday, 6 March 2023

Maandag-motivering

Wyse mense leer wanneer hulle kan; dwase mense leer net wanneer hulle moet.- Arthur Wellesley, Hertog van Wellington

Monday, 27 February 2023

Maandag-motivering

Studeer terwyl ander slaap; werk terwyl ander ontspan; berei voor terwyl ander speel, en droom terwyl ander wens. - William Arthur Wyk

Monday, 20 February 2023

Maandag-motivering

Ons moet teleurstelling kan aanvaar, maar ons moet nooit hoop verloor nie. - Martin Luther King

Monday, 13 February 2023

Maandag-motivering

“'n Man wat praat en praat word nie wys genoem nie, maar hy wat vreedsaam, liefdevol en onverskrokke is, word in die waarheid wys genoem.”  - Gautama Boeddha

Monday, 6 February 2023

Maandag-motivering

“Die pessimis sien probleme in elke geleentheid. Die optimis sien 'n geleentheid in elke probleem.” - Winston Churchill

Monday, 30 January 2023

Maandag-motivering

Gister was ‘n goeie begin. Vandag kan jy selfs beter doen!

Monday, 23 January 2023

Maandag-motivering

 "Sukses bestaan ​​van mislukking tot mislukking sonder die verlies van entoesiasme."

Monday, 16 January 2023

Maandag-motivering

"As jy 'n droom het, moet jy dit aangryp en nooit los nie." - Carol Burnett

Monday, 9 January 2023

Maandag-motivering

'Die slegte nuus is dat die tyd vlieg. Die goeie nuus is dat jy die vlieënier is. ' - Michael Altshuler

Monday, 2 January 2023

Maandag-motivering

'Jy is nooit te oud om 'n ander doel te stel of 'n nuwe droom te droom nie.' - C.S. Lewis

Monday, 26 December 2022

Maandag-motivering

Jou verbeelding is jou voorskou van die lewe se komende aantreklikhede. - Albert Einstein