Showing posts with label Siphesihle Mngomezulu. Show all posts
Showing posts with label Siphesihle Mngomezulu. Show all posts

Monday, 24 October 2022

Die TAG-groep

Hierdie entoesiastiese groep het in die derde kwartaal van 2021 sy ontstaan gehad. Die Hamburger-skryfwerkswinkel was hulle eerste groot aktiwiteit op vanjaar se kalender. Slegs 10 "gemaskerde" leerders is toegelaat om hierdie aktiwiteit by te woon. Die 10 leerders was Morena Mokoteli, Kevin Mokone, Obakeng Maruma, Hendrew Rantsie, Pule Mholo, Sebabatso Hangane, Siphesihle Mngomezulu, Thamsanqa Mmutlanyana, Musa Memela en Simbongile Bani. Dit is later opgevolg deur verskeie mini-skryfwerkswinkels.

Hierdie groep het 'n groot taak aan die einde van verlede jaar begin en met die min tyd op hande, gaan hulle poog om dit deurgevoer te kry. Dit sal bepaald 'n eerste vir HTS wees. Hou maar gerus die e-koerant dop vir verdere inligting.

Lees ook HIER.

Monday, 17 October 2022

Thank you, JCC members of 2022

 
Musa Memela
Mojalefa Lekeka
Siphesihle Mngomezulu
Thamsanqa Mmutlanyana
Unathi Kula
Simbongile Bani

Wednesday, 13 July 2022

Sinne: Uit gr. 12-opstelle 2022 - wyse woorde


Wysheid en insig is die ma van groot nasies.
(Simbongile Bani 2022)

Jou toekomsplanne vorm die begin van jou lewensreis.
(Hendrew Rantsie 2022)

Jy sal soos 'n Lotto-wenner voel as jy in jou doel geslaag het.
(Siphesihle Mngomezulu 2022)

Dis moeilik om 'n dag in jou pa se skoene te staan, maar dit maak jou sterker.
(Kevin Mokone 2022)

Rykdom is nie net vir jouself nie.
(Morena Mokoteli 2022)

Geen matriek! Geen werk! Geen toekoms!
(Napi Marumo 2022)

My ma is my rolmodel in my lewe.
(Lwandiso Lose 2022)

Elkeen van ons is bang vir die waarheid, bang om hierdie wêreld se ballades te sien.
(Simbongile Bani 2022)

Dit is jou verantwoordelikheid om 'n beter toekoms te bou.
(Lebohang Rakhoabe 2022)

Wysheid is belangrik in elkeen se lewe.
(Simbongile Bani 2022)

As jou matriekpunte sleg lyk, is jy werkloos en toekomsloos.
(Hendrew Rantsie 2022)

Vir drie dae was ek in my ma se skoene en die huis was chaoties.
(Lwandiso Lose 2022)

Ek het 'n nederige engel wat na my kyk.
(Musa Memela 2022)

Sukses kom na mense toe wat werk.
(Lebohang Rakhoabe 2022)

My ouma was 'n omgee-ouma.
(Obakeng Maruma 2022)

Geen water ... geen lewe.
(Tendai Mlambo 2022)

My broer is maar een van 1000 probleme wat my ouers het. 
(Seoe Nthebe 2022)

My ouma se wens het my doel geword.
(Musa Memela 2022)

Werk nóú hard en lewe later soos 'n koning.
(Siphesihle Mngomezulu 2022)

Die toekoms is 'n reis.
(Hendrew Rantsie 2022)

Drome sonder aksies bly 'n wens.
(Morena Mokoteli 2022)

Ouma se laaste woorde sal altyd naby aan my hart wees.
(Obakeng Maruma 2022)

[Klik HIER en HIER vir nog voorbeelde.]

Sunday, 10 July 2022

Ventersburg-kamp: Onderhoud met een van die kampers

Een van Tekkie Tonic se junior joernaliste wat die afgelope week self in Ventersburg was, het 'n onderhoud met 'n klasmaat gevoer om so 'n bietjie meer uit te vind oor die winterskamp en wat die leerders daarvan dink.

Die vrae is deur Morena Mokoteli aan Siphesihle Mngomezulu gestel. 

Morena: Dit is my voorreg om vandag so 'n paar vrae vir jou te vra. Vertel vir die lesers van jou ondervinding by die matriekkamp.

Siphesihle: My ondervinding was bittersoet. Somtyds het ek soos 'n gevangene gevoel, want die reëls was streng. Somtyds het ek soos 'n koning gevoel, want ek het regtig baie lekker geëet.

Morena: (Lag) Mooi! Nou vertel ons van die akademie. Was daar goeie onderwysers en onderwyseresse?

Siphesihle: Die onderwyspersoneel was baie goed. Ons het baie geleer. My kennis van wiskunde en fisiese wetenskap het verbeter.

Morena: Hoe verskil die lewenstyl van die mense in Ventersburg van jou lewenstyl? Indien dit verskil, wat is jou les hieruit??  

Siphesihle: Dit lyk vir my asof die mense in Ventersburg armer is as die mense in Welkom, maar breingewys is hulle skatryk. Ek het geleer dat ek vir God moet dankie sê vir alles wat ek het. Ek moet dankbaar wees. Ek het ook geleer dat alle skole een groot oksimoron is - daar is goed en sleg.

Morena: Baie dankie. Ek het weer iets van jou geleer. Jy het wysheid en insig. My advies vir jou is dat die lewe kort is. Leef elke dag voluit.   

Saturday, 4 June 2022

Symbolism of a Matric Jersey

Matric pupils have the privilege of wearing the white jersey or pullover. Something that says, ‘You’ve made it to Matric’. 

Tendai Mlambo, Morena Mokoteli,
Lwandiso Lose, Simbongile Bani
en Musa Memela
Morena Mokoteli, Musa Memela,
Tshepo Gaoraelwe, Tendai Mlambo, Siphesihle
Mngomezulu, Thamsanqa Mmutlanyana
en Simbongile Bani.

Sunday, 1 May 2022

Matrieks, dis nooit te laat nie!

Andile Tshibiyane besoek HTS op 'n gereelde basis om die matrieks te motiveer en vir hulle moed in te praat. Hy was in 2018 die gasspreker by die matrieks se ontbytsessie. Hy was al die wêreld oor en hy het sy elektroniese ingenieurs-, sowel as 'n honneursgraad suksesvol aan die Nanchang Universiteit voltooi. In sy eerste jaar was hy die topstudent van die buitelandse studente en hy het deurgaans die hoë profiel gehandhaaf. 

Hy het Vrydag vir graad 12B kom vertel hoekom dit so belangrik is dat jy jou houding teenoor jou toekoms en teenoor jou studies en punte moet verander. Jy moet ook baie mooi dink oor jou vriende en die rol wat jou vriende in jou lewe speel. As julle mekaar nie inspireer en motiveer nie, is julle nie ware vriende nie. Matrieks, maak JOU vanjaar die prioriteit in jou lewe - en werk omdat jy belangrik is.

'n Uiters belangrike wenk vir die 12B's: Werk as 'n groep saam, ondersteun mekaar, verduidelik die werk vir mekaar en wees mekaar se mentor. (Sy klas was die eerste lede van die Tekkie-mentorklub en gaan kyk vandag waar staan die mentorlede in die samelewing,)

Raak betrokke, reik uit en doen baie meer as jou beste.

Klik HIER en HIER (hy vertel van sy eerstejaar, asook hoe hy die Mandarynse klasse ervaar), ook HIER en HIER vir nog foto's van dié suksesvolle oudleerder. 

Makhetha,Siphesihle Mngomezulu, Musa Memela, 
Andile Tshibiyane en Hendrew Rantsie.

Kabelo Makhetha,Siphesihle Mngomezulu, Musa Memela,
Andile Tshibiyane, Mawande Ntlontlo, en Hendrew Rantsie

Sunday, 30 January 2022

One of our Tekkie's artists

'By drawing, man has extended his ability to see and comprehend what he sees.'
[Spencer Frederick Gore (1878 - 1914)]

Friday, 17 December 2021

Talentvolle, Tekkies

Siphesihle Mngomezulu, is een van die Tekkies met hope tekentalent! Hierdie is maar enkele van die sketse wat hy in sy vrye tyd doen. Kinders wat tekentalent het, moet aangemoedig word om dit te beoefen. Siphesihle, dalk word jou passie jou brood en botter en dan hoef jy nie 'n dag se werk te doen nie, 

Geniet dit en die redaksie hou jou talent met valkoë dop.