Showing posts with label Herwin. Show all posts
Showing posts with label Herwin. Show all posts

Saturday, 19 March 2022

HTS se hertogin van herwinning

Portia Kgopodithata, 'n 9-jarige wat nie vir 'n skoolprojek wag om haar deel te doen om die aarde te bewaar nie. Ander mense wag weer vir Nasionale Herwinningsdag. 

Sy het sommer vroeg in haar lewe besef dat baie dinge in die lewe 'n tweede kans kan kry - baie keer in 'n ander vorm, maar nog net so bruikbaar soos voorheen. Haar spesialiteit is die herwinning van papier en daarvan maak sy boekies vir kleuterskole in die droë Noord-Kaap om hulle te help. 

Sy het ook uitgevind dat om 'n ton papier te maak, is dit nodig om tussen 10 en 15 bome, 7 800 kilowatt uur elektriese energie en 'n groot hoeveelheid water te gebruik. Deur papier te herwin, sal bome, elektrisiteit en water bespaar kan word. 

Ons moet die aarde bewaar vir hulle wat na ons kom. Boonop beskerm ons insekte en voëls wat baie afhanklik is van bome om van te leef. En ons as mense het suurstof nodig, daarom moet ons sensitief wees vir die aarde se behoeftes.

Portia is die flukse en slim dogter van Madiba en Rebecca, albei personeellede van die skool.
 Portia het groot drome en daarom
begin sy reeds van jongs af haar
deel vir die gemeenskap doen.
Dankie, Portia!

Friday, 29 November 2019

Projek NK: Terug-skool-toe-2020

Afrika Mokhosi
Afrika Mokhosi en Shaun Mmutsi is twee ou hande as dit by liefdadigheids- en uitreikprojekte kom. Hulle weet presies hoe om te herwin en wat om te herwin, sodat dit tot voordeel van ander kan strek. Hulle praat en dink al net soos lede van die Groen Party wat die aarde wil red.

Hier teen die einde van 'n skooljaar, is daar baie blaaie wat herbruik kan word, en dit is net hier waar dié twee groenes besluit het om nie net te herwin nie (save the tree), maar ook om uit te reik. 'n Goeie 246 boekies is al aanmekaar geslaan. 347 potlode is skerpgemaak, afgetel, verpak en wag vir gretige handjies om te leer skryf. En moenie bang wees om foute te maak nie, die 117 uitveërs kan hierdie sakie regstel. 

Hulle twee se wens is dat daar leerders op die eerste skryftreë van die lewe suksesvol sal wees as mense.

Shaun Mmutsi