Showing posts with label Rolmodel. Show all posts
Showing posts with label Rolmodel. Show all posts

Sunday, 12 May 2024

Sy inspireer my!

Sy is nie die mooiste, simste of die rykste persoon in die wêreld nie, maar vir my is sy perfek. Sy het al die regte kwaliteite om 'n rolmodel te wees. Sy is ook 'n groot deel van my lewe, sonder haar kan ek niks doen nie. Sy inspireer my daagliks. 

Ek praat van my ma ... Die groot rolmodel in my lewe. Van kleins af was sy altyd daar vir my. Niemand beteken meer vir my in my lewe as sy nie. Sy is letterlik en figuurlik sterk. Sy weet hoe om 'n persoon gelukkig te maak, as hy die dag af voel. Sy gee om vir ander mense, meer as wat sy vir haarself omgee. Sy het in 2005 sonder werk gesit, maar nog steeds het sy 'n plan gemaak om ander mense te help.

Sy het 'n preprimêre skool begin wat vir kinders sorg wat nie meer ouers het nie. Hulle het hulle ouers hoofsaaklik verloor as gevolg van MIV/VIGS. Sy werk nou by 'n hoërskool in Kutlwanong, maar is nog steeds deel van die preprimêre skool. Sy is ook deel van 'n broodjieprojek by die hoërskool. Sy het hierdie projek begin saam met 'n paar onderwysers wat geld geskenk het vir hierdie projek. 'n Projek wat uit die personeel se eie sakke gefinansier word. 

Sy het drie kinders van haar eie waarvoor sy verantwoordelik is, asook twee van haar suster se kinders. Ek weet nie hoe sy dit alles op 'n onderwyser se salaris doen nie, maar ons het nog nie een aand honger gaan slaap nie. 

Een van haar uitstaande kwaliteite is dat ek haar nog nooit gehoor kla het oor enige iets nie. 

Al hierdie dinge maak haar die mens wat sy is. Die belangrikste is egter dat sy my ma is en dat ek baie lief vir haar is. Niemand in die wêreld kan ooit haar plek in my hart inneem nie.

Sy inspireer my!

[Dankie, Paul van Odendaalsrus, vir hierdie mooi woorde oor jou ma.]

Sunday, 18 June 2017

My pa is my rolmodel

My pa is my rolmodel.
Dié een wat my stories kan vertel.
Evalueer die saak, voordat hy my optel...
Maar hy bly my rolmodel.

Ek weet dis 'n ewige gesukkel
met 'n seun wat so verkeerd wikkel.
Hardhorend as daar goeie advies kom
en nog steeds hou hy hom dom!

Maar pa bly lief vir my,
soos 'n ma vir die kind op haar sy.
Hy vergewe my, al was ek
die een wat fouteer het soos 'n gek.

My rolmodel is my pa
en so sal dit wees in lengte van dae...

Oswaldo Brooks
Graad 11