Wednesday 30 December 2015

Friday 25 December 2015

Thursday 24 December 2015

Sunday 20 December 2015

My soul is light...

I am not the colour of my eyes
I am not the skin on the outside
I am not my age
I am not my race
My soul inside
is all
light...
(Alexis Canute)


Thursday 17 December 2015

Elsa Pretorius - personeellid vir 42 jaar!

Dit is met leedwese wat ons van die heengaan van mev. Elsa Pretorius, 'n jarelange personeellid van HTS verneem. 'n Mens dink terug aan haar met aangename herinneringe. Iemand met 'n geheue van 'n olifant - wat geen telefoongids nodig gehad het om nommers op te soek nie. Iemand wat altyd die ekstra myl geloop het en altyd professioneel in haar optrede was. Sy was maar net altyd daar, op die agtergrond, maar só effektief. Sy het jarelange verbintenis met die skool gehad, haar man was 'n onderwyser by HTS en later ook haar seun, Johann. Haar twee kleinseuns was albei betrokke en aktiewe Tekkies. En nou is haar dogter, Tanya , deel van die skool se personeel.

Ons gaan haar onthou vir haar vriendelikheid, mooi aantrek en hulpvaardigheid... 'n staatmaker... 'n steunpilaar!

Ons innige simpatie aan haar familie, mag julle krag ontvang, veral in hierdie feestyd!  

Onder is 'n personeelfoto van 1995. Elsa is vierde van links in die vierde ry, 'n gevierde mens!

Friday 4 December 2015

Koerant is puik waarde


Die "ouboet" van die huidige Tekkie Tonic!
Tekkie Tonic bied iets vir almal, van nuttige wenke tot nuttelose feite!! Tekkie Tonic is die spreekwoordelike "klein botteltjie, groot gif!"

Tekkie Tonic bedank al sy lojale lesers, leerders wat bydraes en foto's gestuur het en ook adverteerders vir hul ondersteuning die afgelope jaar en ons wens hulle 'n geseënde vakansie tyd toe.

Enige nuuswenke, gebeure, matriekuitslae en foto's kan nog steeds aangestuur word.