Wednesday, 2 September 2026
Your hard work never goes unnoticed
Saturday, 1 March 2025
World Compliment Day
Wednesday, 9 October 2024
Vir ons onderwysers ...
en idees fatsoeneer
wat deel in hulle prestasies.
Hulle wat raad gee en
'n liefde vir kennis inspireer,
waar hul waarheid die pad verlig
waar die jonges nog moet leer.
Want die toekoms skitter blink met elke les
en elke glimlag wat hulle verleng.
Nooit doen hulle minder as hulle bes
met elke doel wat hulle help bereik.
Want die opkoms van menige digter,
koning of filosoof
het begin met 'n onderwyser
en die wysheid wat hulle bring
Saturday, 5 October 2024
May your day be filled with happiness, dear teacher
The lawyer hopes you get into trouble,
the doctor hopes you fall sick,
the police hopes you become a criminal,
the coffin maker wants you dead,
only the TEACHER wishes to educate you
and liberate you from the bondage of ignorance.
Please hug the next teacher by your side,
he/she is one of your true friends.
[Thank you, Sir, for sharing this with us.]
Friday, 1 March 2024
World Compliment Day
In the global initiative to create the most positive day in the world, World Compliment Day, is celebrated every March 1 to spread joy through simple verbal affirmations of appreciation.
Thursday, 4 May 2023
Wie se werk is dit?
Thursday, 26 January 2023
Monday, 9 January 2023
Thursday, 17 November 2022
Tekkie-leeders: "Dankie, Juffrou ..."
Friday, 30 September 2022
Sunday, 23 January 2022
Monday, 17 January 2022
99 000 readers!!
Friday, 1 October 2021
Om 'n onderwyser te wees ...
# 'n gids in 'n donker, onseker wêreld.# 'n hulp in swakwees-oomblikke.# 'n kameraad in alleenwees# 'n leermeester wat nuwe kennisvelde oopsluit# 'n brug na die onbekende
* dis jy wat 'n kind se hand vat en hulle begelei* dis jy wat kruisbeen langs die sportveld sit en kinders ondersteun waar ouers afwesig is.* dis jy wat saggies agter die stuur van die skoolbussie bid wanneer jy in die truspieëltjie kyk en die onberekenbare waarde van jou vrag besef.* dis jy wat troos as knieë en harte flenters is.* dis jy wat voor die skoolhek wag totdat almal veilig opgelaai is.* dis jy wat vir die kinders voorbidding doen voor die eksamen.
Sunday, 8 August 2021
Vrouedag 2021
Liewe Vroue van Suid-Afrika
Ons weet dat vroue die belangrikste wese in die wêreld is en as dit nie vir julle was nie, sou ons nie vandag hier gewees het nie. Baie van die mans besef nie hoe belangrik vroue is nie. Vroue bring vrede. Hulle is die eintlike draers van vrede in die wêreld.
Vroue bring nie net kinders in die wêreld nie, hulle gee om vir hulle kinders. Baie keer is die enkelouer, die ma, wat emosioneel sterk moet wees om haar kinders alleen groot te maak. Sy is die één wat elke aand vir hulle bid.
Dankie aan al die ma's vir julle liefde. Geniet hierdie dag. Julle verdien dit.
Mohlalefi Mbobo
Saturday, 27 March 2021
Monday, 11 January 2021
Sunday, 3 January 2021
Dankie vir jou bydrae - dit word waardeer
Dankie aan elkeen wat so gereeld gedurende 2020 berigte en foto's gestuur het om hierdie blog van HTS aan die gang te hou. 2020 was nie 'n maklike jaar nie en baie leerders het hulle inligting, inspirasie en ekstra leermateriaal juis hier gekry.
'n Spesiale woord van dankie aan Alex Manise, 'n graad 12-leerder wat so gereeld die pen opgeneem het en bydraes deur die jaar gelewer het, asook een van HTS se assistente, Shaun Mmutsi.
2021 begin in 'n sekere sin waar 2020 opgehou het, daarom vra ons dat elkeen wat betrokke was, steeds sal voortgaan om inligting te stuur. Ons sien uit daarna.
Tuesday, 28 July 2020
24 rooi rose op 'n gewaardeerde-kollega se stoel ...
Ek lees in Media24 al die berigte oor skole en dan die ongevraagde oningeligte kommentaar daarnaas van onderwysers wat net wil afhê en nie skoolhou nie. Hoe meer ek aan jou onselfsugtige hulp dink, hoe groter behoort die bos rose te wees.
Dankie dat jy vrywillig op die Covid-19-onderwyswa geklim het en dat jy die hordes en hordes matriektoetse en begripstoetse nagesien het. Omdat "jou" grade nog nie terug is nie, was jy bereid om ure in te sit om 'n bydrae tot die 2020-matriekklas te lewer. Ek waardeer elke rooi merkie, want dit het my die geleentheid gegee om op die letterkunde te konsentreer.
Jy is baie spesiaal.
Alda











