Wednesday 28 February 2018

Tuesday 27 February 2018

Sunday 25 February 2018

Gilbert Francke...

Jou Alma Mater hang sy vlae halfmas vir jou...

Jy was 'n aktiewe en betrokke Tekkie wat op elke terrein uitgeblink het...

Shavathon... 2 Tekkies ondersteun Kansa!

Kanya Gojo en  Renier de Lange het Saterdag, 24 Februarie
hulle Saterdag in die mall in Welkom deurgebring om fondse
te help insamel om Kansa in staat te stel om hulle 
noodsaaklike diens 
in die Goudvelde te kan voortsit. Dankie aan die twee staatmakers 
en dankie aan elkeen wat hulle ondersteun het!

Only one penny...


Saturday 24 February 2018

'n Wonderwerk vir R10,55...

Baie dankie aan mnr. JD van den Berg wat hierdie verhaal met die personeel gedeel het, Vrydagoggend tydens opening in die personeelkamer. Ek plaas dit hier

Tessa was agt jaar oud toe sy hoor hoe haar ma en pa oor haar klein boetie André praat. Al wat sy geweet het was dat hy baie siek was en dat hulle glad niks geld gehad het nie. Hulle moes na ‘n woonstel verhuis omdat pappa nie meer geld gehad het om die dokters en die huis te kon betaal nie. Net ‘n baie duur dokter kon haar boetie se lewe red en daar was niemand wat bereid was om vir hulle die geld te leen nie. Sy het gehoor hoe haar pappa vir haar mamma sê dat net ‘n wonderwerk haar boetie kan red.

Tessa het na haar kamer gegaan en ‘n konfytbotteltjie uit die wegsteekplek uit haar kas uitgehaal. Sy het die kleingeld wat binne in was op die vloer uitgegooi en versigtig getel. Die bedrag moes presies reg wees! Sy het die muntstukke versigtig in die glas potjie teruggegooi en die deksel weer opgedraai. Daarna het sy by die agterdeur uitgeglip en an die apteek op die hoek gestap.

Toe sy daar kom, was die apteker druk in gesprek met ‘n ander man. Tessa het gewag en gewag, maar die apteker het geen aandag aan haar gegee nie. Sy het later haar voete op die grond geskuur om aandag te trek, maar dit wou ook nie werk nie. Sy vat toe een van die muntstukke in die botteltjie en klap dit hard met haar plat hand op die toonbank neer. Die harde klap geluid het dadelik die twee mans se aandag getrek.

“Wat wil jy hê,” vra die apteker vies, “Ek is besig om met my broer van Chicago te praat wat ek vir jare nie gesien het nie!”

“Ek wil graag met oom gesels oor my klein boetie. Hy is baie siek en ek wil graag ‘n wonderwerk koop, ” sê sy. Met die woorde maak sy die glaspotjie oop en gooi die inhoud op die toonbank uit.

“Hoe nou?” vra die apteker verbaas; baie minder geïrriteerd.

“My boetie is baie siek,” verduidelik sy, “sy naam is André. My pa sê daar groei ‘n slegte ding in sy brein en net ‘n wonderwerk kan hom help. Hoeveel kos dit om ‘n wonderwerk te koop?”

Die apteker kyk na die dogtertjie en kry haar innig jammer. “My kind,” sê hy, “ek kan jou nie help nie, want ons verkoop nie wonderwerke nie…”

Dr Carlton Armstrong, 
‘n neurochirurg. 
“Sal dit help as ek nog geld bring?” vra sy teleurgesteld.

Die apteker se broer vra toe, “Watter soort wonderwerk het jou boetie nodig.”

Met trane in haar oë sê sy: “Ek weet nie eintlik nie. Ek weet net dat André baie siek is en dat mamma sê ons het nie geld vir ‘n operasie nie. Ek het gedink ek kan met my spaargeld die wonderwerk kom koop waarvan pappa gepraat het.”

“Hoeveel geld het jy?” vra die apteker se broer. Sy wys na die munte op die toonbank en hy tel dit. “Tien rand en vyf en vytig sent. Dis nou toevallig, want dis presies hoeveel ‘n wonder werk vir klein boeties kos!” sê hy.

Hy vat die geld en haar handjie en sê: “Neem my na julle huis toe sodat ek jou boetie en jou ouers kan ontmoet.”Die apteker se broer was Dr Carlton Armstrong, ‘n neurochirurg. Hy het die operasie verniet gedoen! Dit was nie lank daarna nie, toe was André weer by die huis besig om aan te sterk.

Tessa se ouers het lank gewonder wat so ‘n operasie sou gekos het, maar Tessa het geweet:Tien rand en vyf en vytig sent! Plus die onwrikbare geloof van ‘n agtjarige!

‘n Wonderwerk is gevolglik nie die opheffing van ‘n natuurlike wet nie, maar die werking van ‘n hoër wet in ons lewens.[Aangepas: https://www.suiderkruis.co.za/hoeveel-kos-n-wonderwerk/#.WpJiddR97Gg]

[In Engels: http://www.actsweb.org/articles/article.php?i=879&d=2&c=2]

[https://afterjujuman.wordpress.com/tag/dr-carlton-armstrong/]

[http://publicfigure.me/en/2016/12/29/love-and-faith-can-everything-6-year-old-girl-saved-her-brother-from-death/]

Regret...


Friday 23 February 2018

Thursday 22 February 2018

Wednesday 21 February 2018

Tuesday 20 February 2018

Monday 19 February 2018

Stephan Broodryk... jy sal voortleef in die geheue van ander...



Stephan Broodryk...

HTS laat sy vlae halfmas hang vir 'n oudleerder
met integriteit!

Berig in Volksblad!

























Sukkel jy met Afrikaans?



Gaan maak 'n draai by hierdie webwerf. Lekker maklike Afrikaanse oefeninge!

https://www.youtube.com/watch?v=XDwiCOmWWp4

You are a leader...


Sunday 18 February 2018

Tekkies, ondersteun ...

Tekkies, ondersteun hierdie oudleerder en help hom op sy pad na musikale sukses!

Gaan luister na sy skeppings op YouTube!

Cheers...


Saturday 17 February 2018

Leer Afrikaans in 'n kits!

Gaan maak 'n draai by hierdie webwerf!

As dr. Du Plessis die Amerikaners Afrikaans met hierdie program kan leer, dan hoef julle Tekkies mos nie te sukkel nie!! Viva die akademie!

Boodskap van voorsitter!


HTS se leierspan beplan om hierdie jaar positiewe insette wat baie meer behels as net diensdoen tydens pouses, te maak. Die afglope week was alle leiers (VRL en matriekraad) op ‘n leierskamp. Deel hiervan is om seker te maak dat elke leerder toegerus is vir hul belangrike taak.

HTS is met reg opgewonde oor hierdie groep leiers. Baie idees is al op die tafel gesit en tydens die afgelope kamp is daar sommer deurnag beplanning gedoen. Dankie aan mnr. Pule Mokhali wat ons in hierdie verband gehelp het

Hierdie leiers wil 'n verskil, 'n sigbare verskil in 2018 in ons skool maak.

Om 'n leier te wees is nie altyd die maklikste werk op aarde nie. Die leerders wil nie saamwerk nie en die onderwysers verwag dat resultate gouer sigbaar moet wees. Tussen hierdie twee pole is die leier...

'n Leier het minder tyd vir rondspeel as sy vriende. 'n Leier moet 'n voorbeeld stel en dit is die moeilike deel. Leierskap verg soms dat jy stukkies van jouself moet opoffer en soms ook goeie vriende moet prysgee in die proses, omdat 'n mens altyd die regte keuses moet maak.

2018 se leiers het 'n moeilike taak, maar hulle is gelukkig 'n groep leerders met vele talente wat mekaar kan bystaan en ondersteun.

Baie baie sterkte aan elkeen van julle. Sien julle by ons volgende vergadering oor twee weke, met emmersvol planne!

Kanya Gojo
(VRL-voorsitter)

Let's eat Grandma!


Friday 16 February 2018

Matjabeng Junior Stadsraad

Die klompie MJC-lede het besluit om almal blou aan te trek, omdat hulle kinders met kanker ondersteun.


Listening and learning...


Thursday 15 February 2018

Nothemba

Ek skryf vir jou 'n gedig
sonder 'n punt,
maar vol liefde,
want my liefde
vir jou
sal nooit ophou nie!!

Jy is my alles
my hoop
my pel
die rooiste boom in my boomtuin...
my lig in my pikswart donker dae...

Ek bel al my vorige meisies
net om dankie te sê...
dankie vir die plek,
dat jy in my lewe kon kom

Hierdie gedig sal nooi kan sê
hoe lief ek vir jou is nie!

Kyk!!
     Sien my liefde vir jou!

          Eintlik...
               is jy my hart in menslike vorm!


(Kanya Gojo)

Leadership role??


Wednesday 14 February 2018

Mnr. Valentyn besoek die skool!

Esenam Best Tsewu, Kgosana Moeketsi en Ricardo Menino.
Fotograaf: Katleho Letsaba en Sizwe Mtsambela
HTS-personeel uitgedos in hul rooi vere...

So 'n paar laatkommers...

Happy Valentine's Day...



'n Valentyns-dankie vir Kansa!



Your hardest good bye...


Tuesday 13 February 2018

Monday 12 February 2018

Die leierskapkamp...

R.E.A.L. adventures BASE CAMP


Wat help 'n mens om 'n beter leier te wees?

Die eerste en belangrikste ding volgens Papi Jentu 
is dat elke leier die betekenis van die woord leier moet 
verstaan. Hoe kan enige mens 'n leier wees as hy nie die
term ken nie. 

'n Leier hoef nie noodwendig voor te loop nie - 'n leier 
kan ook van "agter" lei.

"n Ware leier is iemand wat na 'n ander se mening luister
en saam met hulle kan werk. Jy moet altyd 'n oop gemoed
hê. Leer elke dag iets nuut - dan groei jy as leier! 

Dankie, mnre. Crauwcamp en Mokhali vir al die reëlings. 
Die klomp het dit baie geniet!  

Fotograaf: Katleho Letsaba

Die #imagine tienerfees

Die tienerfeesgeselskap het 'n welkome besoek aan HTS gebring.
Agter: Renier de Lange (HTS), Natalia van Antwerpen, Simon Sitholi, 
Mordecai Cau (HTS), Lebohang Ntsiane (HTS), Marlize Nel, 
Armand Brand (HTS), Ds. Christo Nel en Pastoor Joshua Monyane (HTS)
Voor: Lé-Roy Wentink, Armand van Antwerpen, Pmho Matlala en 
André Oelofse.