Dit is altyd lekker om van oudleerders te hoor. Elias Samuel het so twee weke terug by 'n diplomaplegtigheid in Johannesburg sy diploma in HTD gekry en 20 April gaan hy in Bloemfontein by CUT sy HRM-graad ontvang. Om twee gradeplegtighede in 3 maande by te woon, getuig van baie harde werk.
Elias Samuel was HTS, sowel as Huis Gratia, se hoofseun in 2008. Hy het vir die eerste span rugby gespeel, maar nooit sy skoolwerk afgeskeep nie. Elias was en is nog steeds 'n gebalanseerde harde werker. Volgende jaar lê die MBA-graad vir hom en loer. Gemeenskapswerk was ook hoog op sy prioriteitslysie. Hy het tyd gemaak vir Relay for life, Kansa en 'n groentetuin in Hanipark. Skoolvakansies het hy en Sibusiso Tshabalala hulle tuinmaaktalente in die koshuis se tuin geslyp. 'n Leier wat altyd in stilte gewerk het ... 'n leier wie se dade baie hard gepraat het ... 'n leier wat vandag die vrugte van sy harde werk kan geniet!
Showing posts with label Elias Samuel. Show all posts
Showing posts with label Elias Samuel. Show all posts
Wednesday, 12 February 2020
Friday, 16 June 2017
Reünie vir die matrieks van 2008!
![]() |
| Na 9 jaar, pas Elias se skoolklere nog - party so net-net. Hy het dit aangetrek vir 'n oefenlopie, net so voor Jeugdag om te kyk of hy homself nog as "jeug" kan klassifiseer. |
Kontak asb. vir Elias by 078 185 1223.
Mev. Bothma, die vriendelike sekretaresse van die skool, is kop in een mus met Elias en al sy reëlings. Kontak haar gerus en kry die besonderhede by haar.
Die skool se nommer: 057 3523255
Dankie vir 'n heerlike skoolkuiertjie! Dis so belangrik vir onderwysers om terugvoer van hulle oudleerders te kry!
Sunday, 23 April 2017
2008 se matrieks - reünie!!!!
![]() |
| Elias Samuel hoofseun van 2008, is besig om die matrieks van 2008 bymekaar te kry vir 'n heerlike reünie!! Kontak asb. vir Elias by 078 185 1223. |
Tuesday, 15 September 2015
Ons Alma Mater!!
Subscribe to:
Posts (Atom)




