Showing posts with label Sheldon de Beer en WG Nel. Show all posts
Showing posts with label Sheldon de Beer en WG Nel. Show all posts

Tuesday, 14 January 2020

Ware kleure op 'n blou Maandag ...

WG Nel en Sheldon de Beer
Almal hou daarvan om te werk waar hulle gesien kan word of om die sogenaamde "lekker werk" te doen.

Om egter 'n deel van jou vakansie op te offer, die "slegte" werk te doen en dit met entoesiasme te doen, is 'n perd van 'n ander kleur. Dié twee karperde, Sheldon de Beer en WG Nel, het hulle vroeg Maandagoggend by die skool aangemeld, die enigste VRL-lede, om bokse en bokse boeke van die stoor na die onderskeie personeellede se klasse te karwei. Verder moes hulle dit 19 trappe afdra, voordat hulle wiele onder die bokse kon sit. Voorwaar nie 'n sagte werkie nie ... Die enigste voordeel is dat hulle binne twee dae al die vakansievetjies kon wegwerk!! 

Dankie, Manne - julle gesindheid, werkywer en entoesiasme word raakgesien en waardeer.     

Thursday, 7 February 2019

Die ekstra myl: Dankie 11A ...

Dade spreek baie harder as woorde en dit is daardie klein gebaartjies wat dikwels die hupstoot vir hoop gee, veral as hoop se brandstof min raak.

Om die woorde: "Jy het kanker", te hoor, is 'n skok op die gestel, om dit te hoor as jy in graad 8 is en jy het met jou hele hart uitgesien na jou hoërskoolloopbaan, is geen maklike pad nie, Daarom word die entoesiasme van Sheldon de Beer en WG Nel besonder waardeer. Dankie dat julle van julle klasmaats oorgehaal het om vir Michaela Pottas te wys dat "sterkte" ook in dade lê. Vir haar het Valentynsdag 'n week vroeër aangebreek, want op 14 Februarie gee sy haar eerste tree op die chemopad.

[Fotograaf: Mev. Karen Herbst]
 

Sheldon de Beer besig om Bennie Lowings
se rooi hare te tem!

Voor: Armandt Brand, WG Nel en Sheldon de Beer.
Agter: Nico van Heerden, Ruben Reynecke en Sakkie Maree.



WG Nel, Michaela Pottas en Sheldon de Beer