Showing posts with label Melodrama. Show all posts
Showing posts with label Melodrama. Show all posts

Friday, 31 May 2024

Flashback Friday: "Wêreldsterre" sal Welkom rooi verf


Sterre soos Chubby Checker, Shania Twain, Steve Hofmeyr, Neil Diamond, Marlene Dietrich, Dozi, Luciano Pavarotti, Bryan Adams, Jacques de Koning, Shine4 en Right Said Fred sal op 27 en 28 Mei deel van die Hoër Tegniese Skool Welkom se melodrama wees.

Volgens die organiseerders is dit nie net met die MotoGP wat daar bekendes in Welkom is nie.

"Met al dié buitelandse besoekers in die Goudveld beloof hierdie twee aande ongekende hoogtepunte vir elkeen wat by ons 'n draai kom maak."

Die kunstenaars het glo ook te kenne gegee dat hulle nie ongeneë sal wees om handtekeninge vir bewonderaars te gee nie.

Die kaartjies vir 28 Mei sluit 'n ete in. Belangstellendes moet die skool dadelik bel, aangesien die kaartjies feitlik uitverkoop is.

Al die bedrywighede in en om die skool, het die skoolspook uit sy diepe slaap opgewek. Verskeie mense het hom reeds gesien rondwandel en hy sal dalk selfs 'n draai op die verhoog maak.

Vir senior burgers word op 26 Mei 'n spesiale vertoning gehou.
  • Navrae: (057) 3523255/6 

Klik HIER vir foto's van 2015 se melodrama. 

Tuesday, 23 June 2015

HTS Melodrama 2015

'n Heerlike melodrama word deur HTS Welkom aangebied. Kom ontspan en geniet die "gaskunstenaars" wat Welkom die 23ste en 24ste Julie besoek.

Karien van Jaarsveld, DJ Ossewa, Jay en Lianie May, Taylor Swift en Robbie Wessels is maar enkele van die "gaskunstenaars" wat Welkom in hulle besige konsertskedule ingesluit het.

Kontak die skool (057 3523255) vir verdere inligting. Vergeet vir een aand van al jou sorge en laat ander vir jou die ligter kant van die lewe sien! (met of sonder ESKOM)

Verdere inligting. 



Monday, 15 June 2015