Showing posts with label Hokkie. Show all posts
Showing posts with label Hokkie. Show all posts

Sunday, 4 September 2022

Viva, hokkie!

 



Trio 10 - 0 HTS 
Goudveld 2 - 1 HTS 
Witteberg 1 - 1 HTS 
Henties 1- 2 HTS
Lees HIER wat belangrik is in die lewe!

Sportdag te Kroonstad

 




[Dankie, mnr. JD van den Berg vir die foto's - dit word baie waardeer!]

Wednesday, 4 May 2022

Hockey: Well done, guys!!




Coach: Me V Alexander


Photos: Mr. Johan Herbst

Saturday, 7 March 2020

'n Opgewonde Tekkie-hokkiespan ...

Die klomp se gesigte spreek boekdele ... Hulle het Afrikaans Hoër Kroonstad met 1-0 gewen!

Thursday, 17 May 2018

Hokkie: HTS teen Welkom High...

Baie geluk aan die hokkie-manne wat so goed gespeel het. Julle span loop voorwaar op geoliede wiele!
Hulle wen vanmiddag se wedstryd met 2 - 1!!

Monday, 14 May 2018

Danté Howard NVS-hokkiespeler

Danté Howard se passie is sokker, maar hokkie ... sy uiteindelike keuse.

Hy het van graad 1 af hokkie gespeel - minihokkie. Van 'n baie jong ouderdom af het hulle geleer dat die individu nie groter as die spel is nie en die liefde vir dié sport het gegroei.

So het hierdie minihokkiespelertjies hulle vaardighede verbeter deur met ander spanne kragte te meet, terwyl opgewonde ouers die deelnemers aangemoedig het, foto's geneem het en raad uitgedeel het. Hy is in 2013, sy graad 7-jaar vir die eerste keer vir die NVS-hokkiespan gekies, maar hy kon nie vir dié span speel nie, want hy het sy been in die 2013-sokkertoernooi gebreek.  

Net daar langs die sokkerveld het hy sy keuse gemaak... alhoewel hokkie 'n gevaarliker sport is, is daar mediese behandeling langs die veld; dit was ongelukkig nie die geval met sokker daardie dag nie en so moes daar inderhaas reëlings getref word om hom by die hospitaal te kry. Hy was in die gelukkige posisie dat sy pa hom ongevalle toe geneem het ... So daar in ongevalle het pyn sy sportbesluit onherroeplik beïnvloed.

Danté het dus letterlik sy sokkerdroom onder sy Grayshokkiestok gebêre.

Hierdie speler moet nie op sy baadjie getakseer word nie... hy is 'n speler met natuurlike talent. In sy eie woorde: "Klein, maar lankal getryn!" In graad 8, 10, 11 en 12 het hy NVS-kleure vir hokkie gekry. Graad 9 was sy minder gelukkige jaar. Hy is vir die Lejweleputswa-span gekies, maar het ongelukkig uitgeval toe hulle die NVS-span gekies het. In 2017 was hy die onderkaptein van die eerste hokkiespan.

Op 'n deurmekaar en slegte skooldag, waar min dinge regloop, kom 'n mens tot "rus" op die hokkieveld waar jy nie anders kan as om gefokus te wees nie. 'n Speler wat nie sy gedagtes orden nie, laat sy span in die steek. Hierdie jaar is die leisels as kaptein van die eeste hokkiespan, in sy hande.       

Vanjaar is die IPT-toernooi in Pietermaritzburg. Maar om hierdie droom te verwesenlik, is daar 'n hekkie van R7230,00 (klere- en toergeld) wat moet oor. Geld het soms die nare manier om 'n mens se drome na realiteit om te skakel.

En sokker...?

Wat het van sy passie geword? Dit is steeds daar ... dis net dat hy deesdae 'n uitstekende naweek-straatsokkerspeler is ...

Maar wie weet wat die toekoms vir hom, met 'n naam soos Danté, inhou?

Wednesday, 9 May 2018

HTS se NVS-hokkiespelers!

Twee leerders van HTS se eerste hokkiespan het vanjaar weer baie goed tydens die proewe presteer. Danté Howard en Nelson Mosesi is ingesluit in die NVS-span.

Dit is Nelson se tweede keer dat hy NVS-kleure gekry het en Danté se vierde keer!

Baie geluk en baie sterkte! Laat julle hokkiestokke sing!