(Deel
1)
Op 21 Junie 2012 het ek 'n selfoonoproep
ontvang met die volgende strekking: "Meneer, ek weet nie of meneer my nog
sal onthou nie, ek was in 1965 by Meneer in matriek by die HTS Welkom. My naam
is Chris en ek moet Meneer weer sien. Is
Meneer 26 Junie tuis en kan ek daar aankom?"
Ons reël toe 'n tyd en gee hom my adres. So
kom hy toe hier aan, vergesel van sy vrou en 'n besoeker uit Duitsland. Hy sê
toe dat hy my selfoonnommer by 'n medematrikulant, met wie ek nog kontak het,
gekry het.
Hier volg Chris se storie:
"Ek weet nie of Meneer dit sal kan onthou
nie, maar in 1963, toe ek in st. 8 (gr. 10) was, so teen begin September, het
ek vir die eerste keer 'n wiskunde toets gedruip. Meneer het so voor my bank
gestaan, die rottang onder my ken gedruk, my opgelig en gesê dat ek my talente
deur my agterwêreld trek. Ek het geantwoord dat ek wel geleer het, waarop
meneer gesê het dat ek dan verkeerd leer en dat Meneer my sal leer hoe om te
leer, wat Meneer toe gedoen het. Ook het Meneer my 'n oefenprogram gegee om
fiks te word. Op daardie stadium het ek in die O/15D-span rugby gespeel. Ek het
dit wat Meneer my geleer het, toegepas en ook begin oefen. Ek het wiskunde tot
en met matriek met onderskeiding geslaag en het ook vir twee jaar na mekaar die
myl op die atletiekbyeenkoms gewen en
agsteman vir die eerstespan, wat Meneer afgerig het, gespeel. Ek het elke dag
voor skool met 'n meisie wat in die Handelskool was, op die oorbrug tussen die
twee skole gesels. Meneer het altyd van die "meisie op die brug"
gepraat en gesê dat sy nog gaan maak dat ek laat is vir skool en dan in die
moeilikheid sou wees. In my st. 9- jaar (gr. 11) het meneer my ouers na die
skool toe laat kom en hulle gevra wat die ommekeer in my lewe teweeg gebring
het, waarop my ma geantwoord het: "Jy, meneer Du Plessis."
Na matriek is ek Carltonville toe waar ek 'n
vakleerling geword het, maar Meneer se woorde dat ek nie my talente moet
deurtrek nie, het my laat verder studeer en het ek 'n meganiese ingenieur
geword en is terug na die myngroep. Intussen het ek getrou met die "meisie
van die brug". Ons het twee seuns en 'n dogter ryker geword en ek het vir
die "meisie van die brug" gesê dat ek moet Meneer Cor opsoek. Die
oudste seun het ook 'n ingenieur geword en is toe deur 'n taxi doodgery.
Dit was 'n harde slag vir ons en ons het toe
'n dogtertjie aangeneem. Veertien dae nadat ek my mediese ondersoek met
vlieënde vaandels geslaag het, het ek soos 'n os neergeslaan en het 'n
vyfvoudige hartomleiding ondergaan. toe ek tuiskom, het ek vir die "meisie
op die brug" gesê ek moet by meneer Cor uitkom. Toe ek tuiskom, het ek ook
weer verder studeer en 'n elektrotegniese ingenieurskwalifikasie verwerf. Ek
het gevorder tot resident-ingenieur vir die myngroep in Wes-Transvaal. Ek het
verskeie jongmense, my eie kinders ingesluit, die lewensles wat Meneer my gegee
het, gegee. Verskeie het my later kom bedank.
Ons tweede seun het sy studies om 'n CA te
word, voltooi en sou net met sy klerkskap begin, toe 'n taxi aan die verkeerde
kant van die pad, in 'n 60km/h-sone om 'n draai teen hom bots, sy kar goed 50m
terugstoot en ook hy is aan 'n breinbesering oorlede. Ek het weereens vir die
"meisie op die brug" gesê dat ek by meneer Cor moet uitkom.
Ek het intussen afgetree en ontwerp toe 'n
patent vir gebruik in die myne, wat ek bemark vir baie miljoene en ek verkoop
ook toe die patenteregte en belê in 'n wildsplaas net buite Potchefstroom. Hier
het ek een Sondag na kerk, neergeslaan, en die "meisie op die brug"
het die nooddienste se helikopter laat kom en is ek afgevoer na Pretoria. Hier
word ek toe meegedeel dat die kardioloog wat my tevore geopereeer het, self in
die saal langsaan lê en 'n jong dokter vra toestemming om voort te gaan. Na 'n
uur en 'n half hoor ek dat hy vir die suster sê dat hy net nie die aar oopkry
nie en sal moet ophou. Ek onthou dat ek gesê het: 'Here, help!' Die volgende
oomblik sê die suster dat hulle nog dit moet probeer en daar werk dit toe.
Weer het ek vir die "meisie op die
brug" gesê dat ek by meneer Cor moet uitkom. En hier is ek nou. Ons wil
vir Meneer baie, baie dankie sê dat Meneer my talente raakgesien het en
ontsluit het. Ek gee graag vir Meneer namens ons gesin hierdie woorde van dank
vir wat Meneer vir my beteken het en nog steeds beteken."
Mnr. Cor: "Nodeloos om te sê dat dit vir
my en Susan 'n baie emosionele oomblik was dat 'n leerling na 49 jaar die
moeite doen om my te kom bedank vir wat ek vir hom beteken het, om hom op die
regte pad te plaas.
(Volgende week word deel 2 geplaas)
[Oorgeneem uit Kerkblad Jeffereysbaai]
(Volgende week word deel 2 geplaas)
[Oorgeneem uit Kerkblad Jeffereysbaai]
Chris se storie
(Deel 2)
Mnr. Cor du Plessis het die volgende gebed vir
hulle gestuur:
My gebed
(Vir Chris en Bettie, die "meisie op die
brug")
Ons Vader in die hemel. Dit is met
dankbaarheid dat ek U troon van genade nader om aan U die dank en aanbidding te
bring wat U toekom.
Dankie o Heer, dat u my 49 jaar gelede gebruik
het om 'n boompie by die lewende waterstroom te plant en vir 'n paar jaar te
voed. Dankie dat u hierdie boompie laat groei het tot 'n pragtige boom, geanker
met sy penwortel, die "meisie op die brug." U het hierdie boom laat
vrugte dra en sy skaduwee was 'n rusplek vir vir sy klein boompies. Sy vrugte
het vir baie ander ook van voedsel voorsien. Dankie, o Heer, dat toe die
weerlig sy eerste groot tak afgeslaan het, U die wond verseël het, sodat die
boom en sy penwortel nie verrot het nie. So ook het U toe die wind sy kroon
geknak het, U hand oor hom gehou en weer reguit laat groei. Toe daar weereens
'n storm oor hom gekom het en die volgende groot tak afgeruk is, het U weer in
U groot genade die wond genees en nie toegelaat dat die boom verrot nie. Dankie
ook Heer vir die twee takkies, een geënt op die
boom, wat nou die vrugte en veiligheid kan geniet. Maar o heer, die boom
was weer beproef en op sy noodkreet: "Here, help", het U ingegryp en
weer lewe gegee, sodat dit vandag nog 'n sieraad is.
Ek bid U o Vader, as dit U wil is, spaar
hierdie boom vir sy penwortel en twee takkies en laat sy vrugte en skaduwee nog
vir baie jare 'n veilige vesting vir almal wat met hom in aanraking kom, wees.
dit vra ek in die naam van Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker.
Amen
FROM #NOTSENZOSDAD TO GARETH CLIFF
Sam Meyiwa
became an instant celebrity after his gesture of gratitude went viral. People
were posing from their cars all the way into dustbins and coffins. While many
enjoyed being part of this trend, some protested against this saying it was
mean of people to ridicule him. My opinion is that this was really an innocent
act which was ruined by his activity in the lead up to that moment.
Black
Twitter even said that Senzo’s untimely death unleashed a monster. Oh, and
what’s up with Senzo getting a statue? There is so much wrong with this. I am
not going to try and sugar-coat this one. The guy played seven games for Bafana
and he gets a statue. I thought that was for the people who have been
exceptional for SA football. We then decide to give him a statue for playing 7
games which he wouldn’t have played had Itu been fit. Absolutely a big NO from
my side.
So Gareth
Cliff was in the news again. This time he was labelled as a racist. To be
honest I read the tweets and that was laughable to suggest that. Our honourable
minister of sport (which I have tremendous respect for what he has done for SA
sport) should have not commented in this matter. His comments were not
consistent with what a progressive leader should be saying. Was rather
impulsive in his comments. The funeral was huge and one wonders where the money
came from to organise the such a funeral. My guess is that all this was so that
we forget about our MIA President. “But that’s none of my business”
Steve
Hofmeyr got a court order against a puppet. Yes, you read right, he went and got
a court order against a puppet. I have zero respect for this man, but after
this I have drilled a hole to ensure that my respect is in the negatives. As
for his comment on Twitter where he blames Black people of South Africa for
Apartheid, I feel like this dude should just go live in a remote island where
he can live with wild animals.
Things are
really interesting right now. We might be looking at a very interesting last
two months of the year. From Juju having a 30 day holiday to Doing the Bra Sam.
We will
always find something to focus on. Only when we question why things happen,
will we see how ludicrous our society is and through at least we can push for
some kind of accountability.
[By Marck Maphori Friday, November 7, 2014 UFS Student. Loves the World of
Marketing. A lover of Sport and gaming. A social media junkie. Sports
writer/columist for Y-Not Culture Magazine. Follow him on twitter @MK_Wiz7.]
Jeug lê fondament vir ontwikkeling: Gee toon aan vir toekoms
In die evolusionêre en revolusionêre prosesse van ’n nasie is daar altyd ’n bepaalde geslag wat iets ontwikkel; in ’n eeu waarin dit wat hoogty vier onstabiel raak en waarin ’n ontwaking plaasvind wat die toon vir die toekoms aangee.
’n Spesiale soort geslag is bekwaam – en verrassend is dit in Suid-Afrika die jeug. Wat maak vandag se jeug besonders?
Ek sou nie sê dit is omdat die jonges in ’n post-1994- demokratiese Suid-Afrika – wat homself van ’n abnormale verlede tot ’n normale toekoms omskep – woon nie. Wat die jonges besonders maak, is hul betrokkenheid by aktuele sake, meer spesifiek kwessies oor maatskaplike geregtigheid en maatskaplik-ekonomiese transformasie. Dit is verblydend om vurige debatvoering te sien oor moontlike maatreëls om die plaag van armoede, ongelykheid en werkloosheid uit te roei.
Die kwessies regverdig ongetwyfeld aandag, omdat dit hoofsaaklik die jeug beïnvloed. Dit maak die jeug die kwesbaarste, omdat die jonger geslag ’n meerderheidsgroep is – en juis daarom word gesê Suid-Afrika ervaar ’n jeugontploffing. Ons deelname is dus verpligtend en nie vrywillig nie.
In retrospek is daar ’n duidelike strewe om die dooiepunt te beredder gegewe die toename in seminare en konferensies deur instansies met belange in die ontwikkeling van die land en die bevordering van Suid-Afrika se groei as ’n ontwikkelende land. Dit maak ’n mens optimisties.
In elke dinamiese gemeenskap moet hoop bestaan, wat die geval met die nuwe geslag blyk te wees. Hoop dat die visie – wat vele uitdagings die hoof gebied het – ’n werklikheid sal word en steeds relevant sal bly, maar steeds onbereikbaar blyk te wees. Vandag se jeug het dus in ’n sin ontwaak. Ek sê dit vanweë die verandering in hoe hulle hul rol in die breër konteks van nasiebou beskou en om dit te onderhou om te verseker hulle word daardeur oorleef.
As deel van dié geslag is my hoop dat die eeu van ontwaking nie sal misluk of net deel van oorvertellings sal bly nie – net beperk tot denke en dialoog – iets wat ’n mens opgewonde maak, maar in ’n gebrek tot aksie eindig.
Dit sal jammer wees omdat hul werk, wysheid en kreatiwiteit duidelik op die regte plek toegepas word – daar waar ons land ’n goeie en gesaghebbende jeugperspektief nodig het oor ontwikkelingsprojekte om meer belanghebbendes te lok en om kontinuïteit te verseker.
Kom ons gebruik ons kreatiewe energie om ’n agenda van evolusie of revolusie daar te stel en wat ons ook al kies – kom ons gebruik ons inisiatief.
Phiwe Mathe
(UOVS SR-voorsitter 2013/2014 en oudleerder 2008)
Sibusiso Tshabalala
The Problem...
South Africa has always been faced with a lot
of financial problems. This basis of this vicious cycle is rooted in the
education system. We have heard the stories, from government officials not
delivering textbooks to university students dropping out on the verge of their
degree completion. It's about time we stopped talking about the
"problem" and started implementing solutions.
A way to really cut down the numbers is by getting involved in extra-curricular
activities at your respective campus or school. You are probably wondering why
this is important or won't it waste your studying time. It is important that we
realise that when an individual gets involved in extra-curricular activities
you open your world up to another world that could very well present new and
exciting opportunities.
Selecting which extra-curricular you should get involved in quite easy. You
just need to find something that interests you. Should you still not find one,
then select something that is in line with what you are studying (normally you
study about something you love or enjoy). This is actually very important that
it is executed properly because should it not be, then the whole exercise
becomes insipid and an utter waste of time. You do not want to find yourself
helping out at an animal shelter but you have a fear for animals or don't enjoy
getting dirty. That would just be ridiculous and funny too.
You are probably wondering what this article has to do with staying in
university or solving the education crisis in South Africa. Well let me break
it down for everyone. Firstly by becoming proactive you open your eyes to
opportunities I mentioned in the former. These opportunities could be vital to
you not dropping out due to financial reasons. By being proactive you give
organisations to see you first and that could probably help should the
organisation want to award you financial assistance. Basically this means that
people will "invest" in you. And by having more people stay in
university, we can have a higher number of graduates naturally. This will then
flow over to having more competent people in the education ministry.
Funny enough should you now decide to take up
the extra activities which will occupy some of your time, it will not really
take up so much time. Although there is a danger should you take up a lot more
than you should. The danger lies in not being able to manage your time. This is
where it will start to look like it is a waste of time when it really is just a
lack of proper time management.
So ladies and gentlemen, don't just sit there.
Get up and get busy living!
[Marck Maphori - gr. 12 in 2010]
Skole is soos besighede
Die omstandighede van skole, en veral skoolhoofde, het oor
die jare heen geweldig verander; in so ’n mate dat skole vandag soos
sake-ondernemings bestuur moet word om gehalte-onderwys te verseker.
Enige onderneming se goeie naam is van groot belang. En in
seker die meeste bedrywe is dit noodsaaklik dat ’n onderneming beskou moet word
as een wat die beste produkte lewer en die beste diens verskaf, as een wat
beter waarde vir geld as sy mededingers bied.
Ongelukkig raak die werklikheid ook al hoe meer van toepassing
op ons skole - en in sommige gevalle kan
dit tot ongesonde kompetisie lei wat nie noodwendig tot voordeel van ons
kinders en ons gemeenskap is nie.
Elke skool word vandag te midde van skrikwekkende uitdagings
bestuur. Die bydrae uit die staats- kas het geweldig min geword, met die gevolg
dat skole geld self moet insamel om te kan oorleef, wat nog te sê van
gehalte-onderwys verskaf.
Skole moet dan ook teen mekaar meeding om borgskappe by
plaaslike sakelui te kry.
Eindelik berus die groot aandeel wat skole se inkomste
betref steeds by die ouers.
Wat Noordkaap vandag bepleit, is dat ons onderskeie
skoolgemeenskappe met sagte oë na mekaar moet kyk. Ons is almal in dieselfde
bootjie. Ons dien dieselfde gemeenskap en het dieselfde uitdagings. Kom ons gun
mekaar ’n bietjie sonlig. En dalk kan ons meer as voorheen mekaar se hande vat
om saam vorentoe te beweeg eerder as om in ongesonde wedywering vasgeval te
raak.
[André Botha: Noordkaap - 2014-11-16]