Showing posts with label VVV. Show all posts
Showing posts with label VVV. Show all posts

Saturday, 17 September 2022

VVV: En die wenner is ...


Die drie bittereinders wat aan die Vyf Vrydagvrae (VVV) deelgeneem het en wat so 'n lekker Vrydagmiddagversnapperinkie gekry het, is Motsamai Potse, Mokete Dlamini en Mojalefa Selometsi. Onthou, elke Vrydagmiddag is daar 'n ietsie te wen in die VVV-vasvra! Sien jou daar!! 

Friday, 9 September 2022

VVV: En die wenner is ...

Die twee bittereinders uit graad 11D wat na skool op 'n Vrydagmiddag die uitdaging aanvaar om Afrikaanse letterkunde vrae uit te spook. Onder die wakende oog van die klaskaptein, Motsamai Potse, wat die wortel voor hulle neus gehou het, het Samkelo Mboyana en Kgotso Tladi mekaar die stryd aangesê. Hulle was nie haastig nie en het met die gedig gespook, want op 'n Vrydagmiddag is 'n ingevoerde sjokolade uit Pole nie te versmaai nie! Julle is al drie wenners, met baie goeie sportmangees. Maar die wenner van die sjokolade  is ...
Samkelo Mboyana