Showing posts with label Francois Crauwcamp. Show all posts
Showing posts with label Francois Crauwcamp. Show all posts

Tuesday, 21 June 2022

Die hartedief van die skool ...


Iemand wat iets steel, is 'n dief, maar iemand of iets wat harte steel, is 'n hartedief. Die afgelope maand loop daar 'n hartedief op vier bene by die skool rond en as Croukies nie waaksaam gaan wees nie, gaan Rommel hom inruil. Rommel het agtergekom dat hy nie 'n poot voor die ander hoef te sit, as van die dames in die omgewing is nie - hy sit lekker gerieflik op iemand se arm en bekyk die wêreld vanuit die hoogte. 

Op hierdie stadium is Rommel se domein die finansiële kantoor, waar hy 'n wakende oog oor die besoekers kan hou, as hy nie so gereeld indommel nie. 

Ons hier by die redaksie wil nou nie slapende honde wakker maak nie, maar ons het egter hond se gedagtes oor hierdie nuwe toevoeging tot die Crauwcamp-huishouding. Almal ken die uitdrukking: "Kommandeer jou eie honde en blaf self."  Ons vermoed egter Rommel het hierdie uitdrukking sy eie gemaak en dit aangepas ... dalk iets soos: "Kommandeer jou eie mense en gee bevele."

Sunday, 25 April 2021

Mr Crauwcamp - a legend

Mr Crauwcamp 

I don't know where to begin when I write about this legend. Mr Crauwcamp has always been a shoulder to lean on to most of us, be it a learner or teacher. Out of all that we can ever say about Mr Crauwcamp, he is one of the best things that has ever happened to THS WELKOM HTS. He has always put others needs more than his. He made it his mandate to always fight for what's right and help the needy. Wherever he helped those who needed his help, you would never see a camera with him. Because he has always believed that what happens between a mentor and a learner must stay between them. People don't have to know that he helped you with something. It should be between the two of you and God himself. That's a definite definition of Charity. 

I remember when I was in grade 8 back in 2016. I was a new Tekkie learner and it was our orientation day. I didn't have any money for transport and it was very late to walk back home. But Mr Crauwcamp gave me money for transport, when he didn't even know who I am or where I come from. He trusted me enough to give me money out of his own pocket so that my mother and I can take a cab back home. I will never forget the day I met this legend. I could take the whole day talking about his work, but in short, life was amazing as a learner at THS WELKOM HTS with Mr Crauwcamp as a head of grade and parent to us. 

I wish you all the best with your future endeavours Oom Croukies. May the Holy God keep blessing you more. One thing I learnt from him is that, nothing at all including no one would steal away the talent that God gave you. Nothing will take away the talents we have, of working with our hands. 

 "A hand that gives, is a hand that gets" I will always stick to these words because I live by them everyday.🙌 I'm very proud to call myself a Tekkie. 

Thank You So Much For Everything Sir. 

Ons waardeer alles wat Mnr vir ons gedoen het. 

Baie Sterkte Mnr Croukies🙌

Alex Manise

Friday, 1 May 2020

Die Tekkie-lockdown-veiligheidstaakmag

Mnre. Henk van Vuuren, Johann van den Berg en  Francois
Crauwcamp. 

Tuesday, 28 April 2020

Saturday, 15 February 2020

Die tegniese lanseervergadering ...

Wat is 'n "start up"-vergadering in Afrikaans? Dalk 'n lanseervergadering??

Wel, as die redaksie so na die gesigte van die Tekkie-personeel kyk, dan lyk dit of die lanseerpoging die teiken getref het! Mnre. JD van den Berg, Francois Crauwcamp, Henk van Vuuren, Pieter Swanepoel, Fanie Pretorius en die kameraman - Erick Litjamela. Die enigste roos tussen die dorings is me.  Aletta Makgitla, 

Thursday, 21 November 2019

Baie dankie, mnr. Crauwcamp!

Daar is altyd iemand in die lewe wat 'n mens se pad kruis en jou lewe verryk, omdat hy dieper kyk, mense verstaan en altyd 'n helpende hand uitreik.

Francios het hierdie eksamen die pad met die graad 11's gestap. En saam met hom was die graad 11-registeronderwysers aan sy sy.

Om vir die lang ure wat hulle elke dag moes toesig hou, het hy vir hulle 'n in-die-tuin-ontbyt gereël - net om dankie te sê! En terwyl dit heerlik gereën het, het hulle sommer so stoeplangs geëet en gekuier.

Die staatmakers is Erick Litjamela, Holang Mohau, Vusi Manqana, Aletta Makgitla, Sheree Gray, Bianca Kruger en Caryn Petersen.

Saturday, 11 May 2019

Talle hande agter die tegniese kompetisiegordyn ...

Mnr. Francois Crauwcamp, mevv. Riana
Crauwcamp en Hester Bothma
Die provinsiale tegniese kompetisie vind vandag by HTS Welkom, Lenakeng Thabong, LesidengThabong, HTS Louis Botha in Bloemfontein en HTS Sasolburg plaas.

Die tegniese vaardighede van leerders in verskillende werkswinkels word getoets en die wenners dring dan deur na die nasionale kompetisie. Om hierdie deelnemers se mae vol te hou, word daar bitter hard agter die skerms gewerk.

Sunday, 20 January 2019

Mentorklub

Alle graad 11- en 12-leerders wat belangstel om aan die mentorklub te behoort, moet óf by mnr. Crauwcamp óf by mev. Welman gaan registreer.

Raak betrokke en verbeter jou punte! Moenie dat hierdie kans deur jou vingers glip nie.

Thursday, 21 June 2018

Die 3de Nasionale Sasol Inzalo Konferensie 2018


Mnre. Henk van Vuuren (adjunkhoof), Johann van
den Berg (departementshoof) en Francois
Crauwcamp 
(adjunkhoof)
Die Vrystaatse departement van Onderwys, in samewerking met met Sasol Inzalo Foundation het reeds twee suksesvolle Nasionale Tegniese Skool Konferensies aangebied. Vanjaar word die 3de konferensie in Johannesburg aangebied en interessante onderwerpe is vanjaar op die program.

Die belangrikheid van tegniese skole kan nie genoeg beklemtoon word nie. En daarom is dit belangrik dat indien kinders in 'n tegniese rigting wil gaan of ingenieurswese wil studeer, hulle die regte skole moet kies.
Mnre. Pieter Viljoen en Henry Welman





Monday, 12 February 2018

Die leierskapkamp...

R.E.A.L. adventures BASE CAMP


Wat help 'n mens om 'n beter leier te wees?

Die eerste en belangrikste ding volgens Papi Jentu 
is dat elke leier die betekenis van die woord leier moet 
verstaan. Hoe kan enige mens 'n leier wees as hy nie die
term ken nie. 

'n Leier hoef nie noodwendig voor te loop nie - 'n leier 
kan ook van "agter" lei.

"n Ware leier is iemand wat na 'n ander se mening luister
en saam met hulle kan werk. Jy moet altyd 'n oop gemoed
hê. Leer elke dag iets nuut - dan groei jy as leier! 

Dankie, mnre. Crauwcamp en Mokhali vir al die reëlings. 
Die klomp het dit baie geniet!  

Fotograaf: Katleho Letsaba

Saturday, 18 November 2017

Personeelafsluitingsfunksie!

Die jaarlikse personeelafsluitingsfunksie is Vrydagaand by Huis Gratia gehou.
Mnr. Henk van Vuuren was die gevatte seremoniemeester en 'n pilkenner van formaat!
André van Dyk het die pensklavier getokkel, maar hy kon heelwat meer van hom laat hoor het! Onthou volgende jaar!!
Hester het gesorg dat die mae gevul word met spyse uit die boonste rakke!
Daar is afskeid geneem van mnr. Willem Grobbelaar (20 jaar by HTS) en mev. Malinda Anderson (17 jaar by HTS) en mnr. Francois Crauwcamp het die tuig as koshuisvader na 17 jaar neergelê! Julle het baie diep spore getrap!
HTS gaan julle mis!!

Thursday, 18 August 2016

Tegniese Simposium!

Dr. Gillian Arendse van Stellenbosch was die programleier by
die simposium van Sasol se Techno X2016. Mnre. Henk J van

Vuuren en Francois Crauwcamp het die simposium 
bygewoon! Foto: Henk J van Vuuren




















Who is Gillian Arendse?

I've been involved in education and training since 1997. I've participated in a number of interventions aimed at promoting science through hands-on and minds-on activities. I have facilitated a number of teacher-training interventions in the physical science, specifically physics.

I have participated in a number of teacher conferences as guest-speaker and hosted a number of events as MC (NSTF awards, NRF-President's awards, Telkom teacher of the year awards, awards' functions of TUT and Medunsa, etc.). I have interacted with a number of personnel groups as motivational speaker.

The man who comes from Paarl - home of rugby, he says, which he played in the days when they didn't use boots like softies do nowadays - and does mad physics shows. That's because Gillian is also second tenor in the Libertas choir from the University of Stellenbosch, where he lectured until recently.

Gillian John was born January 1, 1971 in Paarl, South Africa. Son of John and Yvonne Arendse.

Doctor of Philosophy in Experimental Nuclear Physics, Stellenbosch University, South Africa, 1996.

Lecturer Physics Department University Stellenbosch, 1997—2007; manager Community Interaction and Training Division iThemba Laboratories, since 2008.

  • Specialties: Science communicator, Motivational speaker, Public speaker
  • (Internet)

  • Sunday, 30 August 2015

    Tekkie-koor op pad Durban toe!

    HTS gaan op uitnodiging optree by die "Musical Moments" in Durban. Hulle gaan ook saam met die Durbanse Mannekoor sing en gaan deel wees van die massakoor.

    Baie sterkte en geniet die "vakansie" in die middel van die kwartaal!!

    'n Groot dankie aan elkeen wat bygedra het om ons koorlede 'n geleentheid buite die provinsie se grense te gee.

    Nog foto's en nuus!

    Monday, 1 December 2014

    Koshuisnuus

    Nuusgebeure in en om Huis Gratia. Lees meer hieroor.