Duidelik is hierdie nie amateurs nie. Dankie mev. Karen Herbst vir die foto's. Hierdie foto's gaan in die annale van die skool gebêre word!
Dankie mnr. Johann Herbst wat "internasionale" grense verskuif het om hierdie spanbou te reël. Die entoesiasme waarmee jy hierdie taak aangepak het, gaan nie ongesiens verby nie.
Showing posts with label Karen Herbst. Show all posts

Friday, 26 July 2019
Friday, 15 February 2019
HTS Uitreik: Valentynsdag 2019
Drie van HTS se manne het saam met mev. Karen Herbst welwillendheid bewys aan 'n klein handjievol Welkommers op Valentynsdag. Een dame van 75 jaar sê dat dit die eerste keer in haar lewe is dat sy iets vir Valentynsdag kry. En 'n omie in die hospitaal was so dankbaar dat hierdie jongmense hom met sy selfoon kon help ... 'n relatiewe klein probleempie wat 'n groot Valentynsgeskenk geword het. En so sit hulle 'n onverwagte glimlag op gesigte van mense met Valentynsdag en leer hulle die les van om te gee, voel en is baie beter as om te ontvang. Mosa Mfuphi, Andries Grobbelaar en Mthunzi Manyana is die manne agter die glimlagte.
Thursday, 7 February 2019
Die ekstra myl: Dankie 11A ...
Dade spreek baie harder as woorde en dit is daardie klein gebaartjies wat dikwels die hupstoot vir hoop gee, veral as hoop se brandstof min raak.
Om die woorde: "Jy het kanker", te hoor, is 'n skok op die gestel, om dit te hoor as jy in graad 8 is en jy het met jou hele hart uitgesien na jou hoërskoolloopbaan, is geen maklike pad nie, Daarom word die entoesiasme van Sheldon de Beer en WG Nel besonder waardeer. Dankie dat julle van julle klasmaats oorgehaal het om vir Michaela Pottas te wys dat "sterkte" ook in dade lê. Vir haar het Valentynsdag 'n week vroeër aangebreek, want op 14 Februarie gee sy haar eerste tree op die chemopad.
[Fotograaf: Mev. Karen Herbst]

![]() |
| Sheldon de Beer besig om Bennie Lowings se rooi hare te tem! |
![]() |
| Voor: Armandt Brand, WG Nel en Sheldon de Beer. Agter: Nico van Heerden, Ruben Reynecke en Sakkie Maree. |
![]() |
| WG Nel, Michaela Pottas en Sheldon de Beer |
Friday, 7 December 2018
Vir botter of vir wors ...
Vrydag was die laaste dag van die lang admin-week, die kersie op die koek en in dié skool se geval, die wors op die vuur.
Na 'n lang week waar personeel aan punte, skedules, rapporte en Ed lab-kaarte gewerk het en hulle botter op hulle brood verdien het, het Johann Herbst besluit dat hierdie hardwerkendes 'n worsie op die kole verdien en daarom het hy sommer op eie inisiatief ingespring en almal genooi wat wou deel in die worsprojek, om sy of haar geldjie in die hoed te gooi en dan sou hy en Karen vir die res sorg.
Van die kommentaar wat Tekkie Tonic op die stoepe gehoor het, is dat dit van die lekkerste wors is wat hulle in 'n lang tyd geëet het. Nou wonder die redaksie of die geheim van die smaak in die wors of in die braaier se braaivermoë lê ...?
Twee van die personeellede het besluit om sommer hierdie geleentheid te gebruik om te ontstres en in plaas daarvan om die gym te besoek, het hulle sommer die "Worswals" van Nico Carstens om die vuur gedemonstreer aan die entoesiastiese gehoor.
Enige een wat belangstel in danslesse vir troues, matriekafskeide en ander funksies, kan die naam en nommer van die afrigters by die sekretaresse kry.
Dankie Johann en Karen vir die inisiatief! Dankie Lizbe vir die verewiging van die gebeurtenis.
Na 'n lang week waar personeel aan punte, skedules, rapporte en Ed lab-kaarte gewerk het en hulle botter op hulle brood verdien het, het Johann Herbst besluit dat hierdie hardwerkendes 'n worsie op die kole verdien en daarom het hy sommer op eie inisiatief ingespring en almal genooi wat wou deel in die worsprojek, om sy of haar geldjie in die hoed te gooi en dan sou hy en Karen vir die res sorg.
Van die kommentaar wat Tekkie Tonic op die stoepe gehoor het, is dat dit van die lekkerste wors is wat hulle in 'n lang tyd geëet het. Nou wonder die redaksie of die geheim van die smaak in die wors of in die braaier se braaivermoë lê ...?Twee van die personeellede het besluit om sommer hierdie geleentheid te gebruik om te ontstres en in plaas daarvan om die gym te besoek, het hulle sommer die "Worswals" van Nico Carstens om die vuur gedemonstreer aan die entoesiastiese gehoor.
Enige een wat belangstel in danslesse vir troues, matriekafskeide en ander funksies, kan die naam en nommer van die afrigters by die sekretaresse kry.
Dankie Johann en Karen vir die inisiatief! Dankie Lizbe vir die verewiging van die gebeurtenis.
Monday, 19 November 2018
Die appel val nie ver van die boom nie ...
Daar is regtig baie idiome om te beskryf hoe kinders na hulle ouers aard ... partykeer wil nie een van die twee partye dit weet of erken nie.
Dikwels hoor 'n mens ook dat dit in sy gene is, of dat dit in dik strome deur sy are loop ... En partykeer gebeur dit net, omdat nabootsing 'n goeie beginpunt vir enige kleintjie is.
As altwee jou ouers onderwysers is en dit is eksamentyd (soos dit tans die geval is), raak die aandagtyd so 'n bietjie minder, en is TV-kyk maar jou voorland. Die TV-opwinding van vroeër, bereik deesdae gouer 'n laagtepunt en lyk 'n rooi pen baie aantrekliker as die TV. En dit is ook presies wat met die jongeheer Herbst gebeur het. Hy het begin rondkyk vir 'n rooi pen, want dit is blykbaar die beginpunt van mag ... en dit moet hy ten alle koste hê. En terwyl hy sy ouers goed dophou, besef hy dat hy sy hande op 'n pak papiere moet lê. Dit is ook nie so moeilik, want daar lê 'n pak op die tafel. Al hierdie dinge en nog meer gaan deur 'n mens se kop en as 'n mens nog nie eens twee is nie, moet planne baie vinnig gemaak word en soos die geluk dit wil hê, is dit sommer 'n pak vraestelle wat klaar gemerk is ... dit vra net vir 'n handtekening en 'n verstelling of twee en die Kaap is Hollands.
Indien die leser baie deeglik na die foto kyk, is daar geen vorm van ontevredenheid te bespeur by die toekomstige pedagoog nie ... wonder in die stilligheid of dit is wat sy ouers vir sy toekoms beoog??

Subscribe to:
Posts (Atom)