Verjaardagwense!


Sommer vroeg in sy skoolloopbaan het Wayne van Zyl betrokke geraak by alle aspekte van skoolwees. Hy het reeds in sy graad 8-jaar (destydse st. 6) vir die skool se jaarblad artikels geskryf. 1960 lê baie ver terug in die skool se geskiedenis en dit was ook die jaar wat Wayne sy hoërskoolloopbaan begin het.

Hier is die beriggie wat hy destyds in die jaarblad geskryf het, onder aanmoediging van die destydse skoolhoof, mnr. Danie van der Merwe. Hierdie man het 'n groot rol in Wayne se lewe gespeel, soveel so dat hy vandag met groot heimweë en dankbaarheid terugdink aan sy vormingsjare by HTS.

Wayne is vandag 70 jaar oud en spesiale gelukwensing aan hierdie oudleerder. En waar hy tans baie siek is wens sy ou Alma Mater hom spoedige beterskap toe.