Showing posts with label Henk van Vuuren. Show all posts
Showing posts with label Henk van Vuuren. Show all posts

Friday, 24 July 2026

Terugflits Vrydag: 1998 - die begin van 'n nuwe tradisie

Skooltradisies is die waardes en gebruike wat van geslag tot geslag oorgedra word. Dit vorm ook die hartklop van 'n skoolgemeenskap, en dit dra by tot 'n gevoel van behoort, van saamwees, en kweek trots en lojaliteit. Dit gee aan die skool sy unieke identiteit.

Gedurende 1998 het mnr. Van Vuuren besluit om nuwe tradisies as deel van die leerder se onthou te begin.

Die oggend van die laaste dag het die hoofseun en onderhoofseun die skoolhoof by die huis gaan haal en dan het hulle saam 'n glasie geklink in die voorportaal op 'n jaar wat verby is, die eksamen wat op hande is en op die toekoms van die skool en die skoolverlaters.

Matrieks 2022
Daar is ook besluit dat die matrieks elkeen 'n bordjie eetgoed op die laaste dag skool toe sal bring. Die damespersoneel het die tafels in die personeelkamer mooi gedek en die matrieks en personeel het gesellig saamgekuier rondom 'n bordjie eetgoed, met 'n lekker koppie koffie in die hand. Onthougedagtes, grappe, en ernstige praatjies het mekaar afgewissel. Die skoolhoof het namens die personeel gepraat. Sterktewense vir die eksamen, maar ook vir hul lewensreis buite die veilige mure van die skool, word elke matrikulant toegewens. Die hoofseun het namens die matrieks gepraat. In sy boodskap het hy vertel van die op- en afdraandes, die klippe kou, maar ook die vreugde van skool, sport, akademie en vriende. Daar was ook tyd om 'n staaltjie of twee te deel.

Matrieks 2022
Daarna het hulle saal toe gegaan. Die ander leerders het hulle reeds ingewag en die voorste stoele is gereserveer vir die eregaste van die dag. Hulle het vir oulaas 'n saalopening bygewoon waar nie net die skoolhoof nie, maar ook ander sprekers goeie wense vir hulle toegewens het. Die skoollied is vir oulaas uit volle bors gesing. Die einde van 12 jaar het 'n realiteit geword en daarna het die matrieks onderdeur die klok geloop, terwyl die res van die skool 'n erewag gevorm het en die matrieks luid toegejuig het.

Tussen die twee wit pilare, het vir baie jare 'n egte koperklok gehang. Maar hierdie klok het een aand, baie jare terug, voete gekry en dit is toe vervang met 'n egte plastiese koperklok. Die matrieks het onderdeur die klok geloop en aan die klok geraak, terwyl mnr. Tobie Louw 'n handklok gelui het. Hierdie klok is vir baie jare by Unitas geleen.

Barry en Costa 1998
Baie leerders was merkbaar aangedaan as hulle tussen die twee pilare deurloop, ander het gespring van vreugde en die korter leerders het gespring om die klok by te kom. Soms het een leerder 'n ander een skoueromhoog onderdeur die klok gedra - alles planne as jou lengte nie tot jou voordeel strek nie.

Hierdie laaste-dag-instellings wat elke jaar met groot vreugde nog plaasvind, se wortels lê in 1998 toe Barry Saayman (hoofseun) en Costa Cambanis (onderhoofseun) op mnr. Henk van Vuuren se idees ingekoop het en hulle saam 'n nuwe tradisie vir HTS begin het.

[As daar enige oud-Tekkies is van 1998 met mooi foto's, stuur dit asb. na Tekkie Tonic.]




Friday, 31 March 2023

Viva, Tekkies!


Firstly I would like to congratulate every single member of the Free-state Athletics Team for having the to qualify for such a prestigious event. The 2023 NATIONAL ATHLETICS CHAMPIONSHIPS.Where we all got the platform to showcase our talents to the rest of South Africa and compete,not only that but most importantly to have fun doing it.As for the Free-state Athletics Team.I would say we mastered both categories.We were able and capable enough to compete at a national level at the same time enjoy every single second of it.

I would also like to congratulate Mr Henk Van Vuuren (The Free-state athletics chairperson) and his management staff of the Free-state. They really put in a lot of work to keep the team afloat for the duration of the competition. As a result of the hard work,for 2023 NATIONAL ATHLETICS CHAMPIONSHIPS Free-state is ranked 3rd in the country. This position is determined by the number of gold medals obtained in the competition,and is also ranked 2nd for overall total medals.

As for the three TEKKIES from HTS that were part of the Free-state team namely: Kamohelo Mokotso, Neo Binda and Unathi Kula took part in the following track events: 400m/400mH, 200m/100m, 110mH respectively. As for Kamohelo and Neo they managed to qualify in their heats and were in the Top 8 selected for final.

Kamohelo took part in the Boys u/19 4×400m relay and they obtained a 3rd position.

Congratulations to the Free-state team as a whole for the hard work they put in.In hopes that next year there will be an improvement.

Our Free State athlete representatives holding the HTS flag high this holiday.

Keep up the good work boys

We would like to congratulate the following learners on being selected for the Free State High Schools Athletics Team

Neo Binda - 100m

Kamahelo Mokotso - 400m & 400m hurdle

Unathi Kula - 110m hurdle

Keep up the great work!
[Photos: Unathi Kula]

Thursday, 3 November 2022

Kies die eienaar die kar of andersom?

Motors is nie net die som van meganiese en elektriese stelsels nie, maar elkeen het sy manier van doen, sy eie persoonlikheid en nukke, en sê op sy beurt weer iets van die eienaar se persoonlikheid of gebrek daaraan ...

Die volgende vraag het onwillekeurig by Tekkie Tonic se lesers opgeduik: "Speel ouderdom 'n rol in die keuse van 'n kar? Ouderdom van die eienaar of die kar? Al is dit net ter wille van 'n foto?"

Ek het ook gehoor van voertuie wat hul eienaars in die steek gelaat het. Of was dit eintlik: eienaars wat hul voertuie in die steek gelaat het? Die redaksie van Tekkie Tonic sal later op hierdie vrae ingaan. Gniet intussen Dylan se foto's en dink oor van die vrae.



Die hoofseun van 2023, Unathi Kula, en mnr. Henk van Vuuren het elk 'n karkeuse gemaak! Kyk gerus goed na die foto's. Foto's sê mos baie meer as 'n 1000 woorde. (Dis belangrik om hierdie twee manne persoonlik te ken, veral as jou kar die nuk het om jou sonder rede in die steek te laat.)

Viva, motorspesialiste!!

Saturday, 29 October 2022

Unathi Kula: Kyalami in his own words:


I enjoyed every second of the trip from the bus leaving school right till it came back. But most importantly it's what we saw at Kyalami that really got to us. We got a chance to interact with the different technicians who work there. We also got a chance to ask them questions about their passion and how they worked to achieve it. At the same time we learned how to go about achieving our own goals, it got so interesting we started asking questions like: "Are they offering any bursaries, internships?? What qualifications do you need to work for them. All these questions just really opened our eyes as to what a big world it is out there. In this case the world of motor sport Red-Lined is the most competitive off rally raid car producers in the world. It was quite interesting to interact with one of the technicians who was preparing a client's car for a  trip to Holland, and other technicians that only specializes in one race car, where ever the car is in the world, he is there to take care of it and maintain it, he calls it his baby ... again this shows the immense love and passion he has of his work

Lastly I would like to thank Meneer van Vuuren for organizing this excursion. We really enjoyed it. Every stop Meneer asked if we were enjoying the trip and bought us breakfast and lunch on our way back home.

Thank you to Meneer Fanie for driving us through that traffic all day long and getting us home safely.

Click HERE for more photos and also HERE.

Do you remember? Click HERE and HERE!

Friday, 28 October 2022

Terance Marc: My job is to make the BIG adventures and the BIG dreams come true ...


Tekkies already started with their dreams!


Welkom THS specialization group visiting Redline Motorsport Adventure, Kyalami Park Johannesburg


Left front Redline CEO Terance March, right front Mathew Thursby, design engineer for Redline and our tour guide. The spesialization learners are from grade 10 and grade 11.

Click HERE for more photos

[Photos: Henk van Vuuren]

Saturday, 30 April 2022

HTS se 6e skoolhoof ...

Baie geluk, mnr. Rodgers, met jou aanstelling as skoolhoof en ons vertrou dat, met die hulp en ondersteuning van die gemeenskap, ouers en onderwysers, jy hierdie taak suksesvol sal kan aanpak. Mnr. Rodgers was die afgelope 5 jaar departementshoof by die skool en die laaste ruk waarnemende adjunkhoof.

Ons wens mnr. Rodgers die beste toe vir sy pad vorentoe as hoof. Ons bid vir jou en jou gesin net voorspoed toe en hoop dat jy geluk en sukses in jou persoonlike lewe, saam met die familie, en ook in jou beroep sal smaak. Ons wens is dat hierdie nuwe hoofstuk aan al jou verwagtinge sal voldoen met die wete dat God as kompas jou sal lei.

Baie dankie aan mnr. Henk van Vuuren wat as skoolhoof waargeneem het vanaf Februarie 2021 tot April 2022. Ondanks die moeilike omstandighede en Covid-19 het hy die leisels styf vasgehou en die personeel en leerders gelei.

Klik HIER.

Thursday, 8 April 2021

Friday, 1 May 2020

Die Tekkie-lockdown-veiligheidstaakmag

Mnre. Henk van Vuuren, Johann van den Berg en  Francois
Crauwcamp. 

Saturday, 15 February 2020

Die tegniese lanseervergadering ...

Wat is 'n "start up"-vergadering in Afrikaans? Dalk 'n lanseervergadering??

Wel, as die redaksie so na die gesigte van die Tekkie-personeel kyk, dan lyk dit of die lanseerpoging die teiken getref het! Mnre. JD van den Berg, Francois Crauwcamp, Henk van Vuuren, Pieter Swanepoel, Fanie Pretorius en die kameraman - Erick Litjamela. Die enigste roos tussen die dorings is me.  Aletta Makgitla, 

Saturday, 24 August 2019

Tekkie Sewes ...

Vandag was nie die 7's se dag nie. Die o/17 verloor 12-17 in die ekstra time with golden score teen Ladybrand. Die o/15 verloor 7-27 in die finale ten Blouskool.

Foto's: Mnr. JD van den Berg  

Mnr. Van Vuuren, hierdie is die Vrystaat en nie die
see nie ... al tuur mnr. hoe ver die verskiet in!

Thursday, 6 June 2019

Sasol se jaarlikse tegniese konferensie

4 van HTS se onderwysers het die Tegniese Onderwysers Konferensie in Kemptonpark bygewoon. Hulle is mnre. Henk van Vuuren, Johann van den Berg, Erick Litjamela en Fanie Pretorius. Ons hoop die ervaring die onderwysers tegnies verryk het.

Foto's: Erick Litjamela





Tuesday, 19 March 2019

Sportweni: Opgradering van die sleepwaentjie ...

HTS se sleepwaentjie is oorgedoen vir die langpad Sportweni toe. Met 'n splinternuwe baadjie gaan dié spanlid nie nodig hê om skaam te kry nie. Kilometer na kilometer basuin hy sy slagspreuk vir almal agter hom uit. 'n Spanlid wat beslis nie op sy mond geval is nie. Mag daar 1000de veilige kilometers volg. Dankie, mnr. Henk van Vuuren.


Thursday, 21 June 2018

Die 3de Nasionale Sasol Inzalo Konferensie 2018


Mnre. Henk van Vuuren (adjunkhoof), Johann van
den Berg (departementshoof) en Francois
Crauwcamp 
(adjunkhoof)
Die Vrystaatse departement van Onderwys, in samewerking met met Sasol Inzalo Foundation het reeds twee suksesvolle Nasionale Tegniese Skool Konferensies aangebied. Vanjaar word die 3de konferensie in Johannesburg aangebied en interessante onderwerpe is vanjaar op die program.

Die belangrikheid van tegniese skole kan nie genoeg beklemtoon word nie. En daarom is dit belangrik dat indien kinders in 'n tegniese rigting wil gaan of ingenieurswese wil studeer, hulle die regte skole moet kies.
Mnre. Pieter Viljoen en Henry Welman





Friday, 6 April 2018

Sportweni: Laaste Vrydag-oefening

Daar is nog genoeg energie in dié manne oor na Margate se swem
om gou nog 'n oefening in te pas. Aan hulle linkerkant hou mnr. H

van Vuuren 'n wakende oog. Sterkte met môre se wedstryd!

Sportweni: 'n Ruskansie so tussendeur...

'n Kuiertjie saam met die eienaar, oom Allen, van Admiral
View B & B
Fotograaf: Mnr. JD van den Berg
Tekkie-afrigters kuier gesellig saam met die eienaars en afrigters
van Sportweni!

Wednesday, 21 March 2018

4 Tekkie-atlete in die VS-span!!





Die VS-span in Potchefstroom tydens die SA-
kampioenskappe. Fotograaf: Mnr. Henk van Vuuren
















Saturday, 27 January 2018

Baie geluk, mnr. Van Vuuren!!!


Word daar met ander atlete se kalwers geploeg??? 

Wednesday, 10 January 2018

Schalk Jansen besoek die skool...

Mev. Alda Welman, Schalk Jansen en mnr. 
Henk van Vuuren.
Tekkie Tonic se instandhouer is besig met opruimingswerk op 'n baie deurmekaar lessenaar en 'n ewe deurmekaar "inboks".

Schalk Jansen het die skool die 29ste Augustus besoek en het solank kom voorbrand maak vir hulle klas se 25-jarige reünie wat hierdie jaar gehou gaan word. Sprake is dat dit in Welkom gehou gaan word en die groep het reeds 'n facebook-blad oopgemaak.

Hierdie foto is vinnig in die kantoor deur Schalk se vrou geneem en later skool toe gestuur.

Interessant van hierdie 1993-groep, is dat 27 leerders hulle bekwaam het as ingenieurs. Verskeie oudleerders is al oorlede en Henry Holthausen is een van hulle. Henry het ook heelwat van hulle se TT-tekeninge gedoen en hulle só uit die moeilikheid gehou...!

Schalk noem dat vertroue en respek deel was van die pakket wat 'n leerder by HTS gekry het. Hy sien nie meer hierdie eienskappe by vandag se leerders wat die skool verlaat nie.

Hulle was pouses ook besonder bedrywig en deel van hulle aktiwiteite was om resies te jaag - motorfies vs. fiets. Miskien kan Marius Swanepoel en Carl Steyn ons meer inlig. Die prys op die spel was R20,00 en 'n Tekkie-kêps!!

Saturday, 5 August 2017

Leierskapseminaar te Ladysmith...

Mnre. H van Vuuren en J van den Berg woon vandag
die leierskapseminaar by wat deur SAOU aangebied word. 

Na 'n hele dag wat daar gepraat en geseminaar is, is dit
die beste gevolgtrekking...???







































Foto's: Mnre. H van Vuuren en J van den Berg