Showing posts with label Wiskunde. Show all posts
Showing posts with label Wiskunde. Show all posts

Monday, 3 November 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

Hou in gedagte dat die volgende grap in Finansies & Tegniek van 5 Julie 1996 verskyn het. Dus is hierdie grap eintlik op die toekoms gerig - 9 jaar later! 

Dit is die jaar 2005. Niks werk meer soos dit moet nie. Ook nie die handrekenaars nie en die kinders word 'n nuwe nie-elektroniese manier geleer om somme op skool te doen.

Dit werk so:
Jy wil 35 beesvelle teen R23 stuk koop. Hoeveel kos dit in totaal?
👉 Skryf nou 35 links en 23 regs.
👉 Halveer die 35 en verdubbel die 23.
Die volgende ry lees dus 17,5 en 46.
👉 Ignoreer die ,5 want niemand weet meer teen hierdie tyd waarvoor breuke in ieder geval staan nie.
👉 Halveer nou weer die 17 en verdubbel 46.
👉 Ignoreer weer die ,5.
👉 Hou so aan tot die linkerkantste kolom op net 1 staan.
👉 Krap nou al die gelyke getalle in die linkerkantste kolom dood, want dit bring net onheil.
👉 Krap ook die getalle regoor die linkerkantste kolom se gelyke getalle dood.
👉 Tel dit op wat in die regterkantste kolom oorbly. Die antwoord is 805 - presies wat die 35 beesvelle teen R23 stuk kos.

Hierdie metode, is vry van enige masjiene waarvan die batterye kan pap word en die brein ooreis kan word.

Hierdie is die nuwe manier om somme te doen: Probeer dit ook met ander syfers.

O, jy wil my nie glo nie. Wag tot 2005 en kyk self.

ooOOoo

[Gelukkig lê 2005 al 20 jaar agter ons rug en werk al die sakrekenaars nog eksie-perfeksie en het ons nie hierdie lang metode nodig nie. Het jy die som gedoen op hierdie "nuwe" manier en is jou antwoord wel 805??] 

Monday, 30 December 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Afrikaanse onderwyser: "Jean, in Italië bly Italianers. Wat noem ons die mense wat in Parys woon?"
Jean: "Parasiete, Juffrou."

ooOOoo

Jannie kom met 'n meneer van 'n blou oog by die huis aan. Sy ma is sommer dadelik vies.
"Het jy alweer baklei?" 
"Ja, Ma, maar Kobus het eerste teruggeslaan."

ooOOoo

Juffrou: "Jaco, kom ons kyk of jy mooi opgelet het. Wat is die funksie van jou kiestande?" 
Jaco: "Hulle maal 'n mens se kos fyn."
"Mooi, Jaco. En wat doen jou oogtande?"
"Hulle kyk dat die kiestande goed maal!"

Monday, 16 December 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

In die wiskundeklas:
Juffrou: "Michael, 'n lemoen word gehalveer. Daarna word elke deel weer gehalveer. Wat noem ons die dele?"
Michael: "Skyfies, Juffrou."

ooOOoo

Willie-hulle behandel breuke in die wiskundeklas.
Juffrou: "Willie, jou pa verdien R20 000 per maand. Elke maand gee hy vir jou ma net R100. Wat kry sy dan?"
Willie: "'n Beroerte, Juffrou."

ooOOoo

Die LO-juffrou vra vir Peter: "Wat gaan jy doen as jy eendag uit die skool is?"
Peter: "Gelukkig wees, Juffrou."  

Monday, 28 October 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Klein Kosie ondervind probleme met wiskunde. Sy ma besluit om ekstra aandag in die middae aan sy wiskundehuiswerk te gee. Sy probeer die abstrakte wiskundeprobleme meer prakties maak.
Ma:  " As jy in die linkersak van jou broek kyk en jy haal 40c uit en jy vat die 35c uit jou regtersak, wat dink jy sal jy hê?"
Klein Kosie: "Iemand anders se broek, want ek is platsak." 

ooOOoo
'n Nuwe polisiekadet is besig om sy eindeksamen af te lê en die laaste vraag is: "As jy gesê word dat jy jou eie ma moet arresteer, wat is die eerste ding wat jy sal doen?"
Die kadet dink so 'n oomblik na en skryf: "Vra vir bystand."

ooOOoo
Onderwyseres: "'n Abstrakte selfstandige naamwoord is iets waaraan jy kan dink, maar jy kan nie daaraan raak nie. Kan iemand vir my 'n voorbeeld gee?"
Een van die seuns: "My pa se nuwe kar."

Monday, 20 June 2022

Saturday, 6 June 2020

Die wiskunde-klas met die aura ...

Mev. Marlene Viljoen is kliphard aan die werk aan die siel van die wiskunde klas. Die banke is mooi geverf en elkeen pryk met 'n yslike nommer. Daarby fluister die mure allerhande wiskunde-termes. [Dit is slegs hoorbaar vir hulle wat doodstil sit en luister.]

Mev. Viljoen sê dat sy nog nie klaar is nie, want alle planne vat tyd. Sy wil egter hê dat haar klas vir jou die gevoel moet gee van wiskunde die oomblik as jy in haar klas instap, soveel so dat die leerders sommer lus gaan wees om wiskunde te doen.

Na dié inperking, is dit duidelik dat die leerders hierdie wiskunde klas gaan geniet. Viva wiskunde.






Sunday, 11 August 2019

Fotodag!

Nceba besig om die belangrike, gepak en gedasde wiskunde-manne af te neem. Hulle dink verniet hulle is op die strand ... met al die druk, gaan sand, see en son net 'n hallusinasie wees!

Foto's: Nceba Mgojo en Kabelo Makhetha


Kabelo Makhetha is 'n mentor vir baie van die
leerders wat graag beter wil doen. En terwyl
hy soos 'n Einstein lyk, kan hy hulle maklik
op die wiskunde vlak inspireer. Hier staan hy
saam met Sonwabile Kama van gr. 12B

Thursday, 14 March 2019

Pi Day...

Pi Day is celebrated on March 14th around the world.

And as it's also the anniversary of Albert Einstein's birth, and now, sadly, the date of Stephen Hawking's death, it puts maths and science firmly into people's minds - often helped by a Google doodle.

Pi (Greek letter π) is the symbol used in mathematics to represent a constant - the ratio of the circumference of a circle to its diameter - which is approximately 3.14159.

The diameter of a circle is the distance from edge to edge, measuring straight through the centre. The circumference of a circle is the distance around.

Who invented Pi?

Devised by Ancient Greek mathematician and general polymath Archimedes (287-212 BC), pi is an irrational number, meaning it continues infinitely without repetition or pattern.

Calculating pi

Since November 2016, we have been able to write more digits of pi than ever before. An extra 9 trillion digits after the decimal point have been discovered, smashing the previous world record set back in 2013.

The extra digits were discovered by R&D scientist Peter Trueb, who used a computer to calculate pi to 22,459,157,718,361 digits.

"I was really surprised that it worked so smoothly, I was so happy," Trueb told New Scientist.

How 22/7 fits in

Pi Day should not be confused with Pi Approximation Day, which falls on July 22 (22/7 for Americans). The fraction 22/7 is a common approximation of Pi.

The mathematical magic of Pi

Mathematician Steven Strogatz, writing in the New Yorker, explains why pi continues to fascinate:

"The digits of pi never end and never show a pattern. They go on forever, seemingly at random - except that they can't possibly be random, because they embody the order inherent in a perfect circle.

"Pi touches infinity in other ways. For example, there are astonishing formulas in which an endless procession of smaller and smaller numbers adds up to pi.

"One of the earliest such infinite series to be discovered says that pi equals four times the sum 1 - 1/3 + 1/5 - 1/7 + 1/9- 1/11 and so on."

Pi has been calculated to over one trillion digits beyond its decimal point.

Here are some incredible facts about the ‘most important number in maths’:

1. Origins of the symbolThe symbol (Greek letter “Ï€”) was first used in 1706 by William Jones. A ‘p’ was chosen for ‘perimeter’ of circles, and the use of Ï€ became popular after it was adopted by the Swiss mathematician Leonhard Euler in 1737.

2. Google gets ahead
If you type ‘pi’ into google the calculator will appear with 3.14159265359 already entered.

3. Thanks a million
Want to see pi calculated to one million digits? Click here.

4. What a coincidence...If you hold a mirror to a circle, it looks like a circle. If you hold a mirror up to 3.14, it spells PIE!

5. Blow your mind
Only 39 digits past the decimal are needed to accurately calculate the spherical volume of our entire universe.

6. Useful formulae with pi
The number pi is extremely useful when solving geometry problems involving circles, such as:

The area of a circle: A = πr2

Where ‘r’ is the radius (distance from the centre to the edge of the circle). Also, this formula is the origin of the joke “Pies aren't square, they’re round!”

The volume of a cylinder: V = πr2h

To find the volume of a rectangular prism, you calculate length × width × height. In that case, length × width is the area of one side (the base), which is then multiplied by the height of the prism.

Similarly, to find the volume of a cylinder, you calculate the area of the base (the area of the circle), then multiply that by the height (h) of the cylinder.

7. Anyone for pi-ball?
A sport based on pi has was invented in South Africa in 2008 – supposedly on Pi Day.

It’s played on a circular court around a central circular ball strike area. It’s comparable to beach volleyball, but where two players on a team are separated by a net, pi-ball players instead stand diametrically opposite one another within the confines of a circular court.

8. It's official
Pi Day is officially recognised by Congress in the US.

9. No nothingIn the first 31 digits of Pi, there is not one zero.

10. A repeating pattern
314159, the first six digits of Pi, appear in order at least six times among the first ten million decimals of Pi.

11. Illogical, captain
In the Star Trek original series 'Wolf in the Fold' episode, Spock destroys a computer taken over by Jack the Ripper (yep, really) by commanding it to compute the last digit of Pi.

12. Pi recall world recordA Japanese man holds the world record for remembering the value of Pi to 111,700 digits. Akira Haraguchi spent 16 hours, 30 minutes reciting the numbers in an epic public event near Tokyo - although his record has not been validated. China's Chao Lu is the official holder, with just 67,890 places.

13. The full 360The number 360 (as in degrees of a circle) is the 359th digit position of Pi.

14. A biblical reference
Pi is mentioned in the Bible , although slightly imprecisely. The relevant passage is 1 Kings 7:23, which states “Now he made the sea of cast metal ten cubits from brim to brim, circular in form, and its height was five cubits, and thirty cubits in circumference.” This verse describes a cylindrical vessel built at the order of Solomon.

Dividing the circumference (30 cubits) by the diameter (10 cubits), gives 3.

Wednesday, 5 December 2018

Twee oudTekkies in hart en niere ...

Mnr. Grobs is die oudste oudTekkie op die
2018-personeel, terwyl mnr. Nceba die jongste
oudleerder is - hy het in 2014 matriek geskryf.
Twee oudleerders wat met hulle onderskeie talente hulle merk tydens hulle skoolloopbaan gemaak het. Mnr. Willem Grobbelaar was 'n kranige atleet, wat sy pad tot by interhoër oopgehardloop het. Mnr. Nceba Mgojo is 'n trompetspeler by uitstek, wat vir hom 'n beurs losgeblaas het om aan Pukke te studeer. Hier staan die twee by 'n foto wat in 2004 van mnr. Grobs geneem is, toe hy as bekwame tromspeler sy buiging in HTS se melodrama gemaak het.

Hy het matriek in 1974 geskryf en sy pad het in 1997 weer met HTS gekruis, toe hy as wiskunde onderwyser na sy Alma Mater teruggekeer het. Hy lê vanjaar die tuig na 21 jaar by HTS neer. As leerder en as leerkrag het hy 'n aktiewe rol by HTS gespeel. Sy bydrae as waarnemende departementshoof het nie ongesiens verby gegaan nie. En vir oulaas neem hy die groen pen as senior merker tydens die 2018 NSS-eksamen op.

Vir baie jare was mnr. Grobs 'n instelling by HTS se prysuitdeling. Met sy kenmerkende helder stem, het hy as seremoniemeester tussen die ernstige verslae, pryse vir akademie en sport, die gehoor op 'n staaltjie of twee vergas - op hierdie wyse het 'n lang aand heelwat korter gevoel.   

Van sy oudleerders sal genoeg staaltjies oor hom kan vertel en die redaksie sal hulle nog nadersleep vir kommentaar.

Intussen wens Tekkie Tonic hom en sy gesin die allerbeste toe vir die nuwe fase in hulle lewe en HTS groet hom met die skool se leuse:

SAPIENTIA  AURUM QUE E PROFUNDIS

Thursday, 5 April 2018

Maths club meeting

There is beauty in maths... Can you see it?

Sunday, 1 April 2018

Wiskunde-klub

Daar is 'n heerlike nuwe vereniging in die pyplyn vir HTS...
Die kernkomitee het reeds vergader en belangrike besluite is geneem.
Hou dié koerant dop vir enige verdere inligting en daar is baie!!

Friday, 27 October 2017

Tuesday, 4 July 2017

Tot siens, mnr. Nyakalo...

Nyakalo Mothunyane
'n Man wat wiskunde geëet, geslaap en gedrink het. Hy het die vermoeë gehad om leerders in die geheime van wiskunde in te lei en wiskunde een van die "lekker" vakke te maak.

Baie baie sterkte vir die toekoms, mag dit eksponensieel beter en beter gaan! Viva wiskunde!!


Monday, 31 October 2016