Die
departement van basiese onderwys en die SAUK se
gesamentlike ondersteuningsprogram vir leerlinge sal van Donderdag af op drie
televisiekanale en 13 radiostasies uitgesaai word. Dié multimediaprogram is
bekend gestel om die impak van die staat van inperking opleerlinge te versag.
“Ons nooi
leerlinge om die voordele van die hulpbronne te benut en ons glo dit sal
hulle tydens die inperking help om by te bly met hul skoolwerk en hulle op die
komende eksamen voor te berei,” sê Ian Plaatjes, bedryfshoof van die SAUK.
’n
YouTube-kanaal is ook beskikbaar gestel sodat leerlinge die inhoud aanlyn kan
kyk.
Die rooster vir die televisieprogramme is as volg:
SABC 1: Maandae tot
Sondae van 05:00 tot 06:00;2/3
SABC 2: Maandae tot Vrydae van 09:30 tot 11:00;
en SABC 3:
Maandae tot Vrydae van 06:00 tot 07:00.
Die rooster vir die radioprogramme op
weekdae is as volg:
RSG: 19:30 tot 20:00;
Radio 2000: 11:30 tot 12:00;
Umhlobo
Wenene FM: 14:30 tot 15:00;
Thobela FM: 17:00 tot 18:00;
Phalaphala FM: 13:30 tot
14:00;
Munghana Lonene FM: 14:30 tot 15:00;
Ukhozi FM: 21:00 tot 22:00;
Lesedi FM:
16:15 tot 16:45;
Ligwalagwala FM: 9:10 tot 9:40;
Motsweding FM: 19:00 tot
19:30;
Ikwekwezi FM: 10:30 tot 11:00;
Tru FM: 09:00 tot 11:00;
en X-K FM: 09:30
tot 10:00.
Leerlinge word aangemoedig om ’n lys van hul plaaslike radiostasies
se programme te kry.