Showing posts with label Studiehulp. Show all posts
Showing posts with label Studiehulp. Show all posts

Wednesday, 8 October 2025

'n Geheime wapen vir goeie punte

Jy oefen vir sport - baie ure per week! 
Jy oefen vir koor - ten minste twee keer 'n week!
Jy gym gereeld - daagliks! 
Jy sorg gereeld vir jou maag - drie etes per dag!
Waarom sorg jy nie vir jou brein nie?
Hoekom berei jy jou nie voor vir jou eksamen nie?
Is jy een van die leerders wat staatmaak op jou klaskennis?
(Wees dan tevrede met die punte wat op jou rapport staan.)
Kry vir jou 'n mentor of 'n studiepêl wat bereid is om jou te help.
Gebruik hierdie week se klasse tot jou eksamenvoordeel.
Jou selfoon is binne jou bereik. Gebruik dit ten goede. 
* YouTube
* Ou vraestelle
Die geheime wapen: Jou wil en passie om te werk en te presteer!

Sunday, 30 August 2020

Matrieks 2020: studiewenke

1. Beplan jou tyd - stel vir jou 'n studierooster saam.
2. Jy moet ekstra klasse bywoon.
3. Oefen met ou vraestelle, sodat jy beter kan verstaan hoe die vrae aan die einde van die jaar gevra gaan word.
4. Begin 'n studiegroep saam met 'n klompie vriende wat ernstig oor hulle skoolwerk is en help mekaar.  
5. Maak aantekeninge van alles wat die onderwyser in die klas sê.
6. Doen elke dag jou huiswerk, want bietjie bietjie maak beter.
7. Kry 'n mentor wat jou kan help met daardie ekstra kennis.
8. Eet gesonde kos en drink baie water.
9. Maak seker dat jy genoeg slaap.

[Dankie, Kamohelo Masitsa van graad 12C1, wat hierdie wenke met sy medematrieks deel.]

Thursday, 16 April 2020

Afrikaanssprekende matrieks - hier is julle helpende hand

Media24 het 'n groep ervare onderwysers ingespan om julle te help, sodat julle nie agterraak tydens die inperking nie. Verskillende aspekte van die leerplan word aangespreek en julle kan teruggaan na 'n les, indien jy nie alles verstaan nie. Onthou, om kennis deel van jou te maak, moet jy studeer.

Wat moet jy doen om in te skakel?
Netwerk24 gaan die klasse elke dag op Netwerk24 en op YouTube laai.
Besoek ons YouTube-kanaal.
Besoek ons Facebook-blad.

Op watter vakke word daar gefokus? 
Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Fisiese wetenskappe
Lewenswetenskappe
Rekeningkunde

Wednesday, 28 February 2018