Koortoer 2015




Koortoer - 'n uitnodiging!!

Die bekende Durbanse Mannekoor!
Laaste reëlings - laaste dag!!

HTS Welkom se koor, o.l.v. me Malinda Anderson, is uitgenooi na die Chelsea Musiekfees in Durban.

Hulle het nie net individuele items gelewer nie, maar hulle het die besondere voorreg gehad om saam met die Durbanse Mannekoor, wat alreeds vir 39 jaar bestaan, op te tree.

Die Mannekoor is 'n bekende instelling, nie net in Kwazulu-Natal nie, maar regdeur die hele land. Die Mannekoor gee tussen 20 tot 25 konserte per jaar en hulle bestaan uit ongeveer 38 lede. Me. Norraine Swanby is die musiek-direkteur. Dus het die prille jeug gesien dat 'n mens jou liefde vir musiek tot in jou gryse ouderdom kan beoefen en nog steeds groot vreugde daaruit kan put.
Verder was hulle deel van 'n groot massakoor en het die dag van die optrede, gou saam met die ander kore geoefen - die voordeel van die taal van musiek, is dat almal wat dit beoefen, dit verstaan en sommer gou was hulle een groot sukses!

'n Mens gaan nie Durban toe, sonder om 'n draai by die see en die ander vermaaklikheidsplekke te maak nie. So tussen die koor en die slegte weer deur, is die tydjie tot die maksimum gerek en het 20 moeë, maar verrykte koorlede, weer ingeval by die daaglikse skoolrooster...




'n Dankie-sê-optrede in die personeelkamer, voor die toer!!

Dankie, mnr. Crauwcamp, vir jou bydrae! 


Mnr. Franscois Crauwcamp wens die koor sterkte toe!













































































Dag 1: Die see op 'n afstand!!!















Oefening na 'n lang dag op die pad...




Klasbesoek!



















Dag 2!

Jamming...






















Oefening!

Oorhandig die geskenk!!









































Die groot aand!!













































Dag 3: Uiteindelik die seeee... 
















Graag gee ek my indrukke van die Durban-toer en die koor oor die algemeen. Die foto's op die skool se e-koerant en op ons selfone, is 'n bewys van harde werk en vrugte wat gepluk is.

Die koorseuns is een groot familie en musiek is die samebindende faktor. Die koorseuns is goeie vriende en hulle help mekaar spontaan waar die nood druk.

Mev. Anderson is tops!! As dit nie vir al haar harde werk en opofferings was nie, sou ons nooit so goed gevaar het nie.

Die toer Durban toe, het ons baie dinge geleer, veral hoe ons met geldinsamelingspogings hierdie ideaal kon verwesenlik. Ons ouers is ook baie ondersteunend. En ons sê graag dankie vir mnr. Andries Becker wat die bus bestuur het en ons veilig by ons bestemmings aangebring het.

Om saam met die massakoor in die teater in Welkom te kon gesing het, was 'n belewenis, maar om saam met die Durbanse Mannekoor te sing, was 'n ervaring wat ons nooit in ons lewe sal vergeet nie... dit was ongelooflik lekker!!!

Ons as koor, sien uit na meer en groter en beter prestasies. Saam met mev. Anderson sien ons vir baie kans en sal ons ook so bekend wil word soos die Durbanse Mannekoor...

(Marco Fouché)