Nuut op die Tekkie-werf













Mnr. en mev. Harding se nuwe bure!
Mnr. Vink hard aan die werk, terwyl mev. Vink die
petalje op 'n afstand gade slaan.

Selfaangestelde bouers aktief besig om
tegniese vaardighede te gebruik, op die Tekkie-werf!











































Naamborde op die Tekkie-werf het bygekom of het 'n nuwe
baadjie aangetrek. Hier is twee van die borde wat die
Tekkie-boodskap uitdra.

Learners today, leaders tomorrow!

Tegnologie neem oor! Is jy gereed?














Die toekoms van die land is tegnies! Jou toekoms is tegnies!






















































'n Besoek van die Gideons


Gideons Internasionaal is in 1899 in die VSA gestig. Drie reisende sakemanne, John H. Nicholson, Samuel E. Hill en Will J Knights het in 'n hotel bymekaar gekom. Hulle het  met mekaar gepraat  oor hoe om die Woord te versprei in hul daaglikse wandel en werksaamhede. Knights het die naam Gideons voorgestel, nadat hy Rigters 6 en 7 gelees het.

Die drie manne se werk het hulle genoodsaak om dikwels in hotelle oor te bly. Hulle begin dus met 'n Bybelprojek in 1908 deur Bybels in hotelle te plaas en vandag, meer as 'n 100 jaar nadat die Gideons die eerste Bybel in 'n hotelkamer in Motana geplaas het, gaan hierdie projek net van krag tot krag.

Vandag bereik hulle nog steeds mense op hierdie manier, maar net op 'n baie groter skaal. Kinders is ontvanklik vir die Woord en daarom word graad 8's dwarsoor die land besoek, om aan hulle hul eie Nuwe Testament te gee.

As 'n mens na die statistiek op hulle webwerf gaan kyk, besef 'n mens hoe 'n indrukwekkende en tydopofferende werk dit is. Die Bybels word in meer as 90 tale versprei deur meer as 290 000 lede wêreldwyd. Die Gideons het 'n onnoembare aantal ondersteuners in die 190 lande oor die wêreld heen, waar hulle werk.

In die bestaan van die Gideons is 1,6 biljoen Bybels en Nuwe Testamente versprei en in die laaste 10 jaar is meer as 700 miljoen Bybels en Nuwe Testamente deur hierdie passievolle mense versprei. Dit beteken in meer hanteerbare statistiek dat daar 2 kopieë elke sekonde versprei word.

Net Iemand baie magtig kan so 'n projek vir soveel jare in stand hou en laat groei, met getalle wat alle verstand te bowe gaan. Al wat nodig is, is mense met gewillige harte, hande en beursies.

HTS Welkom was weereens in die bevoorregte posisie om besoek van die Gideons te ontvang. Mag hierdie saad wat jaarliks so getrou gesaai word, wel op vrugbare grond val.    

Voëls van eenderse vere ...?
2015 Graad 12C uitgedos in hulle nuwe oortrektruie!

















'n Splinternuwe voorkoms!
HTS is 'n spesialiteitskool en daarom is vakke soos wiskunde
en fisiese wetenskappe so belangrik! Kies jou vakke reg en
jou toekoms is 'n gegewe! Hier wys Thato en Lebohang
die belangrike vakkeuses!

'n Nuwe ingang ...!

   HTS spog met 'n nuwe voorkoms by die ingang! Hier wys twee 
gr. 12's waar die hoofingang is. Links is die bedagsame Thato 
   Marumo en regs is die bedrewe Lebohang Lengau!
  




Graad 8's is nou ware Tekkies

Na 'n besige week, met allerlei oefeninge, oriënteringsgeleenthede en ken-mekaar-sessies, is die graad 8's nou deel van die Tekkie-familie. Hulle het kans gekry om bekend te raak met die skoolterrein, die onderwysers, die skooltradisies en die -reëls.

Vrydagmiddag het die klomp 'n heerlike waatlemoenfees gehad en later die aand het die ouers, kinders en onderwysers heerlik saamgebraai.

Aangesien daar so 'n nypende tekort aan tegnici in die land is, het hierdie leerders die eerste treë in die regte rigting gegee. In die werkswinkel kry die leerder die geleentheid om die korrelasie te sien tussen die teorie en die praktyk. Hier word die leerder bewus gemaak van die problematiek van die handel en die nywerheid en vorm dit deel van die unieke tegniese tradisie.


Boodskap van die skoolhoof aan die graad 8-leerders

Dit is ‘n groot voorreg om namens HTS Welkom alle graad 8-leerders welkom te heet by ‘n skool wat deur die jare diep spore in die Goudveld getrap het.

As jy om jou rondkyk en ‘n bietjie begin rondvra, gaan jy agterkom dat die mense wat ‘n verbintenis met die trotse en ryke geskiedenis van HTS Welkom het, deur die gemeenskap verweef is.  Kyk jy ‘n bietjie dieper en vra jy rond, sal jy besef dat die skool baie mense in die samelewing ‘n hupstoot gegee het.

Besef dat jy die deure vir jouself na soveel meer geleenthede sal kan oopmaak, indien jy van dag 1 af, hard werk.

Met ons verpligte akademiese vakkeuse en die keuse uit ‘n verskeidenheid tegniese vakke behou jy jouself die reg voor om universiteit toe te gaan, ‘n ambag te volg of entrepreneur te word... die toekomskeuse is joune!!

Van hierdie jaar af vind daar groot veranderinge plaas in tegniese skole.  Spesialisering is terug!  Jy kan dus spesialiseer in ‘n tegniese vak wat sal verseker dat die nywerheid jou sal wil hê!  HTS Welkom poog ook om jou by besighede geplaas te kry, sodat jy ‘n loopbaan het na graad 12.  Dit hang dus van jou af of jy die beste vakman sal wees!

Verder waarborg HTS Welkom jou ‘n professionele personeel wat jou talente vir jou in die klaskamer, sowel as op buitemuurse terrein kan ontsluit, ontwikkel en ontgin.

Jy het ‘n sprong na HTS Welkom gemaak, wat ‘n reuse sprong vir jou toekoms sal wees!