Personeel

Terug na HOME PAGE

Mnr. en mev. Sam Minne

Mej. Bo-Dine Botha het die afgelope
naweek haar huwelikstatus verander -
sommer so stil-stil  (Covid-19 is die rede!) 









































Om 'n onderwyser te wees ...

Om 'n onderwyser te wees is om koning te wees sonder kroon of glansgewaad omdat jou koninkryk in kinders se harte is.

'n Onderwyser vul nie slegs 'n pos nie, maar is deur God geroep om hul lewenskontrak te vervul in die akker van die onderwys.

Jy is vir kinders:

# 'n gids in 'n donker, onseker wêreld.
# 'n hulp in swakwees-oomblikke.
# 'n kameraad in alleenwees
# 'n leermeester wat nuwe kennisvelde oopsluit
# 'n brug na die onbekende

Meneer, mevrou, mejuffrou, jy is prysloos, want ...

* dis jy wat 'n kind se hand vat en hulle begelei
* dis jy wat kruisbeen langs die sportveld sit en kinders ondersteun waar ouers afwesig is.
* dis jy wat saggies agter die stuur van die skoolbussie bid wanneer jy in die truspieëltjie kyk en die onberekenbare waarde van jou vrag besef.
* dis jy wat troos as knieë en harte flenters is.
* dis jy wat voor die skoolhek wag totdat almal veilig opgelaai is.
* dis jy wat vir die kinders voorbidding doen voor die eksamen.

Dankie dat jy 'n onderwyser is.

Mnr. Willem Grobbelaar groet HTS aan die einde van 2018

Mnr. Willem Grobbelaar was die afgelope 20 jaar aktief by HTS Welkom betrokke, nie net in die klaskamer waar onderskeidings en 100% slaagsyfer deel gevorm het van sy akademiese mondering nie, maar ook by sportafrigting en ander buitemuurs. HTS het gebaat by sy lojaliteit, hulpvaardigheid, betrokkenheid en integriteit. Dit was 'n voorreg om hom op die personeel te kon hê en waar hy nou 'n nuwe fase in sy loopbaan betree, groet HTS hom met die leuse: "Sapientia Que e Profundis"

Mev. Elsa Pretorius deel lief en leed met HTS vir 42 jaar!

Dit is met leedwese wat ons van die heengaan van mev. Elsa Pretorius, 'n jarelange personeellid van HTS verneem. 'n Mens dink terug aan haar met aangename herinneringe. Iemand met 'n geheue van 'n olifant - wat geen telefoongids nodig gehad het om nommers op te soek nie. Iemand wat altyd die ekstra myl geloop het en altyd professioneel in haar optrede was. Sy was maar net altyd daar, op die agtergrond, maar só effektief. Sy het jarelange verbintenis met die skool gehad, haar man was 'n onderwyser by HTS en later ook haar seun, Johann. Haar twee kleinseuns was albei betrokke en aktiewe Tekkies. En nou is haar dogter, Tanya , deel van die skool se personeel.

Ons gaan haar onthou vir haar vriendelikheid, mooi aantrek en hulpvaardigheid... 'n staatmaker... 'n steunpilaar!

Ons innige simpatie aan haar familie, mag julle krag ontvang, veral in hierdie feestyd!

Die aktrise Shaleen Surtie-Richards:
Windgat, slapgat, hardegat en banggat – die aktrise

is iets van alles in die produksie: "Die woema van
’n windgatwyfie."
Dis lekker komedie sonder om platvloers te wees.


Shaleen, ’n gebore Noord-Kapenaar, was lanklaas
daar, maar sê: “Ek lewe nog volgens die reëls wat
my pa my geleer het. Hy het gesê om te weet
waarheen jy gaan, moet jy onthou waarvandaan
jy kom.” Shaleen se pa, oom Hokkie, en ma,
tannie Sakkie, is nou oorlede.
Ná 30 jaar in die bedryf, sê sy terwyl sy aan
skaapafval en patats in die Green Room smul,
dink mense sy is die windgat.
(Marguerite Vermeulen)







Teachers who are going to teach Technical
Sciences in 2016 have attended their CAPS
training from 5 to 8 October 2016 in 
Bloemfontein.

This subject will be phased in from 2016 in
grade 10 in technical and comprehensive schools.
The training was done by a group of the Free State
Physical Science Subject Advisers, Miss Janetta Nel
(CES for Science and Technology) and
Dr Angela Stott.




Matriekafskeid 2015

Mnr. Harding is die oplossing vir al die
probleme van die Springbokke!!








































Melodrama 2015

Melodrama 2015
















Mnr. Swanepoel: "Natuurlik het die groot
een weggekom, hoe dan anders?"












Personeel besig met strategiese beplanning
































Boekstoorpersoneel

Mnr. Lesala Khetheng en me. Estia Greeff
Twee vriendelike personeellede wat sorg dat alle afrolwerk op geoliede wiele loop!

In hierdie geval is Langenhoven se woorde waar:
hulle kry hulle swaarkry met lekkerkry klaar!







Verjaardagwense vir personeel
Januarie 2015
Mag die son, die maan en die sterretjies
altyd oor julle glans
en die voëltjies, die bokkietjies en die 
vlindertjies altyd voor julle
op julle se voetpaadjies dans. [Khoisan Seëning]

  4 Januarie:   Mnr. V. Harding
15 Januarie:   Mnr. P. Swanepoel
17 Januarie:   Mev. C. Coetzee
22 Januarie:   HTS is 56 jaar oud

Springbokkleure vir personeellid se jongste

Een van HTS se personeellede, mev.Nelly Odendaal, het 'n naelbytweek agter die blad, maar dit was alles die moeite werd. Elke kompetsie en kampioenskap is 'n stukkie nader aan die droom van haar jongste seun, Jaun, om in 2016 in Rio te ry.

Juan is 'n baie jong, entoesiastiese en belowende fietsryer wat deel van die parafietsryspan is, wat Suid-Afrika die 21ste en 22ste Januarie by die Afrika Kontinent-kampioenskappe wat in Pietermaritzburg gehou is, verteenwoordig het.
  
Jaun in aksie in PMB
Juan is 'n C3-fietsryer en nadat hy die sport ontdek het... dit kan ook vice versa wees, is daar geen einde aan sy prestasies nie. Hierdie Vrystater het 'n silwer medalje losgery in die 3000m in 4:22.56 en 'n goue medalje in die 1000 m.

Om op die podium te staan, terwyl die land se volkslied vir jou gespeel word, is 'n belewenis wat jy vir geen mens in woorde kan omskryf nie - maar dit laat jou in nederige dankbaarheid besef dat daar Iemand is wat al die pad met jou saamry...   

Mev. Nelly Odendaal
Jaun is vanjaar 'n eerstejaar op die Kovsies-kampus, maar daar sal maar bittermin tyd, indien enige oorbly vir die sosiale sy van die universiteitslewe. 2016 is net 'n katspoegie ver die toekoms in.

Baie geluk aan mnr. en mev. Bertus Odendaal met hierdie besondere prestasie van hulle seun en Tekkie Tonic hou sy belowende sportloopbaan met 'n vergrootglas dop!!

MINstens een Vrystater was by Min se 80ste verjaardag!
'Min' mense kan sê dat hulle die geleentheid gebied is om 'n baie besondere mens en ikoon in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en liefling van die silwerdoek in lewende lywe te kon ontmoet!

Dit was nie net 'n gewone kuier nie. Die HTS Welkom se bibliotekaris, André van Dyk, het die eer gehad om die minlike Min Shaw se 80ste verjaardagviering in Krugersdorp by Hollywood Costumes by te woon.

Tafels was met pienk en swart skakerings gedek en ou langspeelplate het as plekmaatjies gedien. Kolwyntjies met 'n foto van haar gesig op, was op die tafels vir vriende en familie om aan te peusel.

Die bekende aktrise en komediant Lizz Meiring was die programleier by die glasgeleentheid gewees. Sy het staaltjies uit Min se lewe vertel en haar, namens die Suid-Afrikaanse publiek, 'n baie geseënde verjaardag toegewens. Min Shaw het self ook 'n paar woorde gespreek en agter die mikrofoon ingeskuif en 'n lied of twee gesing. Vir 'n oomblik het sy almal bekoor deur hulle in tyd terug te vat met die snik in haar stem, wat net sy kan doen.
Die country-ikoon Lance James was ook daar, en soos in die verlede, het hulle die gehoor gaande gehad met hul trefferlied "Bymekaar."

Ander bekendes wat Min se dag spesiaal gemaak het, was Manie Jackson, Barbara Ray, Jody Wayne, Chris Chameleon en Gert van Tonder, om net 'n paar te noem. Toe Manie Jackson op die verhoog was, was sy woorde aan Min dat hy nie anders kan as om vir haar "How great thou art" te sing nie.

Heerlike verversings is bedien en daar was behoorlik gekuier nadat al die gelukwensings gedoen was. Mens kan nie anders as om dié lopende legende se lof te besing nie. Sy bly nog steeds, na 50 jaar in die vermaaklikheidsbedryf, 'n nooi soos Min!

Kliek hier om nog foto's te sien.

HTS se vyfde skoolhoof

HTS Welkom se nuwe skoolhoof is ’n Vrystater in murg en been. Hy is in Hoopstad gebore en was van gr. 1 tot gr. 7 in Harmonie Laerskool. Hy voltooi egter sy hoërskoolloopbaan ongeveer 126km verder te Marquard Hoërskool.

As ’n Kovsie verwerf hy sy HOD-bedryfskennis/Grafika in 1983 Daarna volg sy BA-graad by Pukke in 1988 en sy Bsec.Ed-graad by Kovsies voltooi sy kwalifikasies.

Hy begin sy beroep op 1 Januarie 1986 by die Afrikaanse Hoërskool in Sasolburg. Sy visie is om die skool so te lei, dat daar op alle gebiede ’n verbetering is wat met ’n besliste doelwit nagestreef kan word. Die kweek van ’n wenkultuur is beslis een van die doelwitte wat deur die positiewe uitlewing van norms en waardes bereik kan word. Almal het ’n keuse, kies dus reg! Dit sal deure vir leerders kan oopmaak. Elke leerder moet trots kan wees op sy skool en die geleentheid gebied word om dit te kan uitleef.

Sy paaie het met HTS Welkom gekruis, toe hy in 1988 aansoek as departementshoof gedoen het. Op 1 Januarie 1989 word hy aangestel en word tot adjunkhoof op 1 September 2002 bevorder. Na ’n kwarteeu by HTS, neem hy die leisels op 1 Okotber 2014 oor as skoolhoof.

Op die vraag hoekom hy onderwys gekies het, was sy antwoord: “Ek het nie! Die ouers van daardie era het geglo dat ’n mens vir die staat moet werk om sodoende ’n heenkome vir jouself te verseker. Ek het dus ingeskryf vir ’n onderwysdiploma.Later het opvoeding vir my ’n passie begin word, nadat ek eers by die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg begin skoolgee het. Tegniese onderwys is my rigting waarin ek ’n kwalifikasie verwerf het en dus het tegniese onderwys my passie geword, aangesien ons land ’n tekort aan tegnici het, asook goed gekwalifiseerde ambagsmanne. Uiteindelik kan ons ’n produk in die arbeidsmark instuur wat vir die land van groot waarde kan wees.”
Goodbye Pastor
Dear Pastor

As you bid farewell to the school,
we want you to know that we have appreciated you,
your work and the services you have provided for us through out.
Your services to the Christian Society, students and teachers have been very helpful.
You have helped strengthen the bonds between students and teachers.
Your tireless service for the Lord is reflected in all you do,
so we pray that God continues to bless you
as you have been a blessing to us.
We pray that you continue to carry on the work of God
and serve in His love.
André van Dyk saam met Mimi Coertze op haar 80ste verjaardag!