Showing posts with label Studente. Show all posts
Showing posts with label Studente. Show all posts

Monday, 25 August 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Ekonomiese definisies:
Resessie - wanneer jou buurman sy werk verloor.
Depressie - wanneer jy jou werk verloor.
Ekonomiese herstel - wanneer die minister van finansies sy werk verloor.

* Studente kan ook té logies dink. 'n Voornemende ingenieur word in die eksamen gevra watter stappe hy sal doen as die drukmeter in 'n stoomketel heeltemal by die rooi gevaarmerk verby is en die watermeter toon dat die stoomketel byna leeg is.
Hy het geantwoord: "Baie langes."

*  Waarom hou mans van BMW's?
Hulle kan dit maklik spel.

Monday, 21 July 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* 'n Skoolinspekteur het besoek aan 'n skool se godsdiensklas gebring. Hy vra toe vir Jannie wie vir al die skade aan Jerigo se mure verantwoordelik was. Jannie sê hy weet nie. En nie een kind in die klas kon die vraag beantwoord nie. Ook nie die onderwyser nie.
Toe die inspekteur by die skoolhoof kom, vertel hy hom dat niemand weet wie vir die skade verantwoordelik was nie en dat dit sekerlik nie 'n aanvaarbare toestand is nie. Waarop die hoof antwoord: "Moenie so bekommerd wees nie. Kry net vir my drie kwotasies en ek sal sorg dat die mure herstel word."  

* n Man wat suksesvol om 'n senior pos by 'n klein onderneming aansoek gedoen het, hoor van sy nuwe baas dat sy salaris 'n miljoen rand per jaar sal wees.
"Hoe kan so 'n klein onderneming bekostig om my soveel te betaal?" wil hy weet.
"Dit is jou eerste probleem," antwoord die werkgewer.

* Die dosent in die optometrie wou die boodskap aan sy studente tuisbring dat jy in die dae wanneer dit minder goed gaan met die ekonomie,maar moet sorg dat jy elke moontlike sent uit die kliënt kry:
As jy byvoorbeeld 'n bril verkoop, sê jy aan die kliënt: Dit sal R2000 kos."
Dan bly jy 'n oomblik stil. Kyk of hy frons.
As hy nie frons nie, sê jy: "Vir die raam."
Dan wag jy weer. As hy geen reaksie toon nie, sê: "Die lense sal 'n bykomende R2000 wees."  
Wag weer 'n oomblik. As hy nog steeds nie 'n oog trek nie, voeg jy by: "Elk."