Showing posts with label Leer. Show all posts
Showing posts with label Leer. Show all posts

Wednesday, 8 October 2025

'n Geheime wapen vir goeie punte

Jy oefen vir sport - baie ure per week! 
Jy oefen vir koor - ten minste twee keer 'n week!
Jy gym gereeld - daagliks! 
Jy sorg gereeld vir jou maag - drie etes per dag!
Waarom sorg jy nie vir jou brein nie?
Hoekom berei jy jou nie voor vir jou eksamen nie?
Is jy een van die leerders wat staatmaak op jou klaskennis?
(Wees dan tevrede met die punte wat op jou rapport staan.)
Kry vir jou 'n mentor of 'n studiepêl wat bereid is om jou te help.
Gebruik hierdie week se klasse tot jou eksamenvoordeel.
Jou selfoon is binne jou bereik. Gebruik dit ten goede. 
* YouTube
* Ou vraestelle
Die geheime wapen: Jou wil en passie om te werk en te presteer!

Wednesday, 5 February 2025

Wêreld-hardopleesdag

Wêreld-hardopleesdag word vandag wêreldwyd gevier. Lees lê die grondslag van alle leer. Leer word makliker as jy goed kan lees. Navorsing het bewys dat lees ook die geheuefunksie verbeter.

Tekkies het vandag aan die Wêreld-hardopleesdag deelgeneem! Klik HIER vir die video.