Showing posts with label Bestuurder. Show all posts
Showing posts with label Bestuurder. Show all posts

Monday, 13 October 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...


[Ek plaas hierdie ou artikel onder Blou Maandag-humor, omdat min mense hierdie statistiek sal glo - veral nie die mans nie!]

Welkom. - Goeie nuus is onlangs deur die Nasionale Verkeersveiligheidsraad bekend gemaak! Volgens die Raad is vroue beter bestuurders as mans en sterf meer manlike bestuurders as vroulike eweknieë jaarliks op ons paaie.

Volgens die NVVR is sowat 68% van die motorbestuurders in ons land mans, terwyl die oorblywende 32% vroue is. Wanneer daar egter na statistiek oor die sterftes en beserings gekyk word, is die koers baie hoër onder mans.

Gedurende 1983 was daar 4 073 973 gelisensieerde manlike bestuurders en 2 806 971 vroulike bestuurders. Sowat 1 974 mans is noodlottig beseer in motorongelukke terwyl 150 vroue gedood is. Van die mans is daar 27 897 beseer en slegs 4 925 vroulike bestuurders is beseer. Dit kom daarop neer dat 93% van alle bestuurders wat noodlottig beseer is, mans is. Slegs sewe persent van die bestuurders is vrouens.

VISTA is besig met 'n ondersoek onder ons plaaslike bestuurders, maar dit wil voorkom asof die skaal omgeswaai het onder die Godveldse bestuurders. Verdere inligting sal in die volgende uitgawe van VISTA gepubliseer word.     

[Bron: Vista 1980's]

Gedagte: Wonder hoe die situasie vandag daar uitsien.

Monday, 12 August 2024

LOL: Blou Maandag-humor ... Goeie verskoning

'n Man jaag deur 'n snelstrik en besef sy flater toe hy die patrolliemotor sien wat oorgaan tot aksie. Hy besluit om weg te jaag, maar sien hoe die patrolliemotor hom stadig maar seker inhaal. Ten einde laas besluit hy maar om te stop en die gevolge te dra. 

Toe die beampte by hom kom, haal dié sy boekie uit sy sak en sê vir die bestuurder. "Kyk man, ek het 'n moeilike dag gehad en nou staan jy nog en wegjaag ook. Jy beter 'n baie goeie verskoning opdis, sodat ek jou nie moet toesluit nie!" "Ag," sê die man " ... my vrou het verlede week met 'n patrollieman weggeloop en ek dog toe dis jy wat haar dalk wil terugbring!"