Showing posts with label Eksamenblapse. Show all posts
Showing posts with label Eksamenblapse. Show all posts

Monday, 30 June 2025

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Nuwerwetse tegnologie kan soms probleme skep.
'n Vrystaatse ingenieursmaatskappy het 'n rekenaar uit Amerika ingevoer, veral om ingenieurstekeninge en -ontwerpe mee te doen.
Soos verwag kan word, het dit onder meer 'n (rekenaar)muis ingesluit.
Dit was egter een te veel vir die doeane- en aksynsklerk wat die paperwerk moes hanteer het. Die gevolg? Die muis (en die rekenaar) moes twee weke in kwarantyn deurbring.

* 'n Graad 11-leerling was skynbaar 'n bietjie verward oor wat nou eintlik met 'n vraag in die lewenswetenskapvraestel bedoel is. 
Die vraag was: "Noem 'n voorbeeld van 'n vlieënde soogdier."
Die leerling se antwoord: "'n Lugwaardin."

* 'n Werksoeker stap onlangs by 'n duikkloppersaak in en vra of hulle 'n duikklopper nodig het.
"Nee," is die kortaf antwoord.
Die res van die gesprek verloop toe soos volg:
"Het u nie altemit 'n spuitverwer nodig nie?'
"Nee!" 
"Het u dalk 'n skoonmaker nodig?"
"Nee!" 
"Het u dalk 'n sekuriteitsman nodig?"
"Nee!" 
"In daardie geval het u beslis een van hierdie nodig," sê die werksoeker en haal 'n netjies geverfde bordjie uit sy tas. Agterop was 'n prys van R50 en voorop: "Geen vakatures."

Monday, 16 September 2024

LOL: Blou Maandag-humor ... Eksamen-blapse

Verduidelik die rugstring.
Die rugstring is 'n klomp klein beentjies agter teen jou rug op en hulle keer dat 'n mens se bene tot by jou nek is.

Wie was kwaad toe die verlore seun teruggekeer het?
Die vetgemaakte kalf.

Waarom moet die president 'n kabinet hê?
Om sy medaljes in te bêre.

Wilhelm Tell het 'n pyl deur 'n appel geskiet terwyl hy bo-op sy sy seun se kop gestaan het.

Polonius was 'n soort van 'n mitologiese wors.

Alexander het Troje binnegeval vermom as 'n houtperd.

'n Kabinetslid mag nie 'n inwoner wees van die omgewing waarin hy woon nie

Etiket is klein goedjies wat 'n mens nie graag wil doen nie.

Skryf alles wat jy weet van Nero.
Hoe minder 'n mens van Nero skryf, hoe beter.