Showing posts with label Skoolboeke. Show all posts
Showing posts with label Skoolboeke. Show all posts

Sunday, 24 November 2024

Jaarlikse boekverdrinking

'n Mens lees in die media van verskeie gevalle waar mense amper in die see, rivier of plaasdam verdrink het, maar aan die einde van elke skooljaar is daar ook mense wat amper verdrink - die onmisbare administratiewe personeel wat die boekstore van skole beman - boekverdrinking is in hierdie geval 'n gepaste neologisme.

Afhangende watter vakke die betrokke dag geskryf word en die hoeveelheid boeke wat in 'n kort tydjie, net voordat die eksamen begin, ingehandig moet word, lei dit tot berge en berge boeke in die beperkte ruimte van die stoor. Soms steek net die neuse van die boekstoorbemanning uit! Sterkte vir 2024 se roei en stoei met die see van boeke, trek julle reddingsbaadjies aan en maak gereed om die boeke in die hawe van 2025 uit te deel. 

Herman en Estia

Monday, 19 August 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Die juffrou betrap een van die seuntjies in haar klas dat hy lelik praat. 
"Wayne,"sê sy, "jy moenie so lelik praat nie. Waar leer jy sulke woorde?"
"My pa het so gesê," antwoord Wayne.
"Ag, dit maak seker nie saak nie, want jy weet tog nie wat dit beteken nie"
"Ek weet tog, juffrou," help Wayne haar reg. "Dit beteken die kar wil nie vat nie."

***

Pa, ek het goeie nuus. Pa hoef nie weer vir my boeke te koop vir volgende jaar nie. Ek gebruik sommer hierdie jaar s'n.