Showing posts with label Laugh. Show all posts
Showing posts with label Laugh. Show all posts

Monday, 31 August 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Vrae in die klas:

* Geografieklas:
Vraag: Wat veroorsaak getye in die see?
Antwoord: Die getye is 'n geveg tussen die aarde en die maan. Al die water wil na die maan vloei, want daar is nie water op die maan nie. Ek het vergeet waar die son in die geveg inkom.

* Afrikaanse klas
Juffrou vra vir Jannie om 'n sin te maak met die woord "oomblik."
Jannie dink 'n bietjie en sê: "Juffrou, wat sê die klein blikkie vir die groot blikkie? Goeie môre, Oomblik!"

* Afrikaanse klas:
Vraag: "Kan 'n mens die woord DEUR gebruik en trappe van vergelyking daarmee maak?"
Een van die kinders se antwoorde was: "Ja, meneer. Deur, dwarsdeur, anderkant uit, m*** toe!"

Monday, 24 August 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Eksamenflaters:

* Watter waarborge kan 'n bank vereis as hulle 'n huisverband toestaan?
As jy 'n huis koop, kan hulle aandring dat jy goed geërf het.

* Hoe word dou gevorm?
Die son skyn op die blare en dan sweet hulle. 

* What is the capital of England?
E.

* What is a heading?
A heading is a head with the letter ING on it.

Monday, 17 August 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Eksamenflaters:

*Voltooi: Wat jonk is, speel graag ...
A: wat oud is, kreun graag.

* Write the two reactions used in the separation of CaCO₃
Surprised, relieved.

* What is the difference between 8 and 6?
8 is all curly and 6 is not.

* Explain what a digital footprint is.
A digital footprint is when you step on your iPad.

Monday, 10 August 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Eksamenflaters:

* Wat is 'n vlieënde piering?
'n Ding soos hierdie: O

* Noem die vier seisoene.
Sout, peper, mosterd en asyn.

* What is a synonym?
The stuff I put on my toast.

* Who painted the Mona Lisa?
Leonardo DiCaprio.

* To turn centimeters to meters you must …?
Take out centi.

Monday, 3 August 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Die BMW vra die Volkswagen-kewer: "Hoekom sit jou oë buite jou kop en nie soos myne binne nie?"
Die Kewer antwoord: "Kom ons kyk hoe jy sal lyk as hulle 'n enjin in jou agterent opdruk."

* Vier tannies ry op die hoofweg teen 22 km/h toe die verkeerskonstabel hulle aftrek: "Tannie, hoekom ry julle so stadig?"
"Man, die padteken sê dan R22," antwoord sy.
Die spietkop verduidelik geduldig dat dit die padnommer is.
Die ander drie tannies is tjoepstil, windverwaaid en spierwit in die gesig.
Die spietkop vra: "En wat gaan met hulle aan?"
"Moenie worry nie," sê die segsman agter die stuurwiel, "Hulle sal nou regkom ... Ons kom nou net van die R365 af!"

* I renewed my car insurance over the phone today, and as I was about to hang up the woman on the other end asked if I had a pet.
I said, “Yes, I’ve got a dog.”
She asked, “Would you like to insure him too?”
I said, “No thanks, he can’t drive!”

Monday, 27 July 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Eksamenflaters: 
* Aardrykskunde Graad 10
Vraag: Hoe het berge ontstaan?
Antwoord: Deur baie sterk winde.

* Geskiedenis Graad 8
Vraag: Waarom is die Mona Lisa-skildery so baie werd?
Antwoord: ...omdat sy so 'n mooi vrou was.

* Bybelkunde Graad 8
Vraag: Waar het die koning van Israel twee afgodsbeelde laat oprig?
Antwoord: In Jerusalem en Gauteng.

* Afrikaans Graad 7
Vraag: Waarvoor staan die afkorting t.o.v.?
Antwoord: Tot onder die voete.

Monday, 20 July 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Drie verwaande motorfietsryers hou by 'n bekende eetplek langs die pad stil.

Jeff het stil in die hoek in 'n padstal gesit en sy middagete geniet toe daar skielik drie gemene motorfietsryers ingestap kom.

Die eerste ou stap na Jeff toe en prop 'n sigaret in sy middagete.
Die tweede motorfietsryer stap dan verby en spoeg Jeff se koffie in.
Uiteindelik tel die derde ou Jeff se bord op en gooi dit neer, dat dit met 'n knalgeluid in 1000 stukkies breek. Dan kyk hy reguit in Jeff se gesig en brul van die lag, terwyl hy sy gesig smalend trek.

Jeff staan stil op en verlaat die eetplek.

Die derde motorfietsryer loop na die kelnerin, wat agter die toonbank gestaan het, en spot: “Wel, hy was nie veel van 'n man nie, nè?"

Die kelnerin glimlag en kyk in die rigting van die venster en antwoord: "Dit wil voorkom asof hy ook nie veel van 'n bestuurder is nie. Hy het pas met sy vragmotor oor daardie drie motorfietse wat hier buite geparkeer was, gery en dit opgemors."

Monday, 29 June 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Onnie: "Ek hoop ek het jou nie sien afloer op Danie se vraestel nie."
Jannie: "Ek hoop ook so."

* Raai watter drie woorde gebruik ons die meeste?
Antwoord: "Ek weet nie"

* Engelse onnie: "Max, gebruik defeat, defense, en detail in 'n sin."
Max: "Tha rabbit springs oor defense, eers defeat en dan detail."

Monday, 22 June 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Doen eers jou huiswerk, voordat jy iemand wil beïndruk. 
Seun: "Daai onnie is plainweg sommer onnosel!"
Meisie: "Haai, weet jy wie ek is?"
Seun: "Nee ..."
Meisie: "Ek is daai onnie se dogter."
Seun: "... en weet jy wie ek is?"
Meisie: "Nee."
Seun: "Sjoe! Is ek nie bly om dit te hoor nie."

* Ma: "Ek dog jy het vir die toets geleer! Hoekom het jy so 'n lae punt vir hierdie toets gekry?"
Junior: "As gevolg van afwesigheid."
Ma: "Wat? Was jy afwesig vir die toets?"
Junior: "Nee, die outjie wat langs my sit, was.

* Klein Johnny: "Juffrou, kan ek gestraf word vir iets wat ek nie gedoen het nie?" 
Onderwyser: "Natuurlik nie, Johnny! Dit sou nie regverdig wees nie!" 
Klein Johnny: "Dis goed om te weet, Juffrou, want ek het nie my huiswerk gedoen nie ... "

Monday, 15 June 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Willie was vir die soveelste keer hierdie kwartaal weer laat. Die onderwyser het al al die denkbare verskonings aangehoor en gewonder watter van die vele Willie hierdie keer gaan gebruik.
Onnie : "Hoekom is jy laat?"
Willie : "As gevolg van die padteken."
Onnie: "Watse padteken?!"
Willie: "Daai ene wat sê: Skool. Ry Stadig."

* Die lewe is só onregverdig:
As ´n onderwyser ´n fout maak, vee hy dit uit.
As ´n tandarts ´n fout maak, trek hy dit uit.
As ´n dokter ´n fout maak, begrawe hy dit.
As ´n regter ´n fout maak, word dit wet.
As ´n skoolkind ´n fout maak, kom hy volgende jaar terug.

* Onnie: "Gert, waar is Schweizer Renecke?"
Gert: "Ek weet nie, Meneer. Hy is nie in ons klas nie."

Monday, 8 June 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Jare terug, toe mense nog briewe geskryf het en die poskantoor nog gewerk het, het 'n student vir sy pa 'n brief geskryf om vir hom geld te vra. 
Twee weke later kry hy 'n brief terug waarin sy pa antwoord: Ek sluit die R500 in wat jy in jou laaste brief gevra het. Onthou net, 'n mens skryf R500 met twee nulle en nie met drie soos jy gedoen het nie.  

ooOOoo

Koos en sy buurman staan en spog weerskante van die die draad oor hoe slim hulle honde is.
Buurman: “Jy weet, my hond is so slim, as hulle my koerant aflewer, tel hy dit op en bring dit vir my in die bed.”
Koos: “O ja, ek weet dit.”
Buurman: “Hoe weet jy dit?”
Koos: “My hond het my laat weet van sy iPad af.”

Monday, 1 June 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Na hierdie lang skoolvakansie, pas nie een van ons kinders se skoolklere meer nie. 
My ma se reaksie: "Ons moet onsself seker gelukkig ag dat julle plakkies nog pas, want julle het my uit die huis geëet."

* Ek lees dat vir elke blokkie sjokolade wat jy eet, verkort jy jou lewe met twee minute. Ek het onmiddellik my berekenings begin doen en uitgewerk dat ek reeds in 1542 dood is ...

* 'n Ma voel verplig om elke aand vir haar kind 'n slaaptydstorie te lees. Die kind reken dat hierdie stories saam met Noag in die ark was en op 'n baie diplomatiese manier probeer sy haar ma beïnvloed.
"Kan Ma nie met 'n bietjie meer gevoel en entoesiasme lees nie? Ek weet nooit of dit nou Gouelokkies, die Mamma Beer of Ma is wat praat nie."

Monday, 25 May 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Eksamenflaters:
* Vraag: Wat is 'n terminale siekte? 
Antwoord: As jy op die lughawe siek word.

* Vraag: * Wat word bedoel met “bedreigde spesies”? 
Dit gaan binnekort doodgemaak word.

* Vertaal in Afrikaans: "I beg your pardon?" 
Antwoord: Huh?

* Vraag: Wat noem ons iemand wat velle looi? 
Antwoord: 'n Onderwyser.

Monday, 18 May 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Louis Pasteur het 'n manier uitgevind om dol honde gesond te maak.

* Franklin het elektrisiteit uitgevind deur katte agteruit te vryf. Franklin is in 1790 oorlede en is steeds dood.

* Koning Elizabeth was 'n sukses. Sy het haar volk se probleme aangetrek en wanneer sy haar so aangetrek het voor haar soldate, het hulle almal geskree: 'Hoera!'

* Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings: 
👉 Gutenberg het die wynpers en die Bybel uitgevind. 
👉 Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. 
👉 Peter Stuyvesant is 'n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette uitgevind en begin rook.

Monday, 11 May 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Eksamenflaters:

* Vraag: Wat is 'n outobiografie?
Dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar.

* Vraag: Wie is Sokrates?
Antwoord: Sokrates was 'n beroemde Griekse wydsheid, wat rongeloop het en vir mense raad gegee het. Hy is dood aan 'n oordosis willekeur. Na sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

* Vraag:  Watter rol speel die Grieke in die geskiedenis van die wêreld?
Antwoord: Die Grieke was 'n hoogs gekulde veervolk en sonder hulle sou ons nie 'n geskiedenis gehad het nie.

* Vraag: Wie was William Shakespeare?
Antwoord: Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare. Hy is in die jaar 1564 gebore en party mense dink dit was op sy verjaardag. Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en historektomieë geskryf. Romeo and Juliet is een voorbeeld.

Monday, 4 May 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Eksamenflaters:

* Vraag: wat is die funksie van 'n stamper en stempel by 'n blom?
Antwoord: Die pistool van ’n blom is sy enigste beskerming teen insekte.

* Vraag: Wat is ’n ‘foreign tubeless tyre” in Afrikaans? 
Antwoord: Dis ’n buitelandse buitebandlose buiteband.

* Vraag: Noem 5 dinge wat melk bevat?
Kaas, botter en 3 koeie

* Vraag: Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas ...
Antwoord: hoe minder wortels!

* Vraag: Wie is Joan d'Arc (1412–1431)?
Sy was Noag se suster.

Monday, 27 April 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Eksamenflaters: 

* Vraag: Wie het radium ontdek?
Antwoord: Madman Curie het radium ontdek.

* Vraag: Wat is 'n wewenaar?
Antwoord: Dit is die man van 'n weduwee.

* Vraag: Wat is 'n superversadigde oplossing?
'n Superversadigde oplossing is een wat meer hou as wat dit kan hou.

* Vraag: Wat is regoorstaande hoeke?
Antwoord: Dit is hoeke wat vir mekaar kyk.

Monday, 20 April 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Eksamenflaters:

* Julius Caesar het homself op die slagvelde van Gallië onderskryf. Toe hy doodgaan, het hy gesê: 'En toe, boetie?'

* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf.

* Die Grieke het ook mites gehad. 'n Mite is 'n motwyfie.

* Salomo het driehonderd vroue en sewehonderd byekorwe gehad.

* Die son het nooit oor die Britse Ryk gesak nie, omdat die Britse Ryk in die ooste is, en die son in die weste sak.

Monday, 13 April 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Eksamenflaters:
* Vraag: Wat is die definisie van 'n sirkel?
Antwoord:  'n Sirkel is ’n lyn wat sy ander kant ontmoet sonder om te eindig.

* Vraag: Wat is die verkleinwoord van Oupa? 
Antwoord: Kleinseun

* Vraag: Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas ... 
Antwoord: hoe groter haaspastei. 

* Vraag: Wat het Samuel Morse uitgevind?
Antwoord: Hy het ’n kode van telepatie uitgevind.

Monday, 6 April 2026

LOL: Blou Maandag-humor ...

Eksamenflaters:

* Vraag: Is die volgende stelling waar of onwaar: Koekoeke staan bekend as voëls wat hul eiers in ander voëls se neste lê en die versorging van die kuikens aan pleegouers oorlaat.
Antwoord: Onwaar: Die koekoekvoël lê nie sy eie eiers nie.

* Vraag: Wat kry jy as jy jou melktande wissel? 
Antwoord: Pepermenttande

* Vraag: Wat word die twee pole van 'n magneet genoem?
Antwoord: Staafmagnete het noord- en suidpole, maar hoefystermagnete het oos- en wespole.

* Vraag: Gee 'n voorbeeld van 'n reuklose gas.
Antwoord: Wanneer jy ’n reuklose gas ruik, is dit waarskynlik koolstofmonoksied.