Showing posts with label Aandag. Show all posts
Showing posts with label Aandag. Show all posts

Monday, 2 December 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

"Soos ons geleer het," sê die geskiedenisonderwyser, "het die voormalige heerser van Rusland as die tsaar bekend gestaan en sy vrou was die tsarina. Nou wie van julle kan vir my sê wat die tsaar se kinders genoem is?"
Slim Sarel: "Tsaardientjies."

ooOOoo
Eric is 'n gebore stedeling. Tydens die Desembervakansie het hy vir die eerste keer vuurvliegies gesien. Hy het nie geweet wat dit is nie. Hy het gedink dis muskiete wat hom met flitsligte jaag!

ooOOoo

'n Opgewonde groep skoolkinders gaan vir die dag Robbeneiland toe saam met hulle geskiedenisonderwyser. Die groep is 'n energieke entoesiastiese klomp wat moeilik stilbly en stilsit. Die onderwyser het hulle die moets en moenies gegee van hulle gedrag op die veerboot. Hy besluit om hulle luistervaardighede te toets.
Onderwyser: Wat sê ons as een van die kinders in die see val?"
Sam steek dadelik sy hand op: "Kind oorboord, Meneer."
Onderwyser: "Dis reg! En wat sê ons as een van die onderwysers oorboord val?"
Sam: "Dit hang af van watter onderwyser dit is, Meneer!"

Monday, 30 September 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Onderwyser: "Ek wens jy wou 'n klein bietjie aandag gee."
Juan: "Ek gee so min aandag as wat ek kan, Juffrou."

ooOOoo

Onderwyser: "So, jou hond het jou huiswerk geëet?"
Lukas: "Ja, Meneer."
Onderwyser: "En waar is jou hond nou?"
Lukas: "Hy is by die veearts. Hy hou net so min van wiskunde soos ek."

ooOOoo

'n Kind in ons klas het altyd gesê sy hond het sy huiswerk geëet en niemand het hom ooit geglo nie. Tot verlede week ...
Sy hond het graad gevang by Wits!