Showing posts with label Toekoms. Show all posts
Showing posts with label Toekoms. Show all posts

Monday, 20 October 2025

Voorspoed aan al die matrieks

Duisende matrieks het reeds met hul voorbereiding vir die belangrikste eksamen van hul lewe begin.  

Vir diegene wat gedurende die hele jaar hard gewerk het, is die grootste deel van die werk al gedoen. Maar daar is ander wat 'n bietjie harder sal moet werk. Hierdie eksamen is die maak-of-breek-eksamen van jou lewe, want dit is die sleutel waarmee jy jou toekoms kan oopsluit.

Ongelukkig moet 'n mens ook na die realiteit kyk, want vir sommige leerders is die eindeksamen 'n hekkie waaroor hulle struikel. Dit is nie noodwendig hulle skuld nie. Onmiddellike omstandighede is nie altyd bevorderlik vir sukses nie.

Tekkies, alle oë is op julle om die afgelope twee jaar se suksesverhale te herhaal of te verbeter. Ons beste wense vergesel jul na die eksamenlokaal. Onthou, elkeen van julle is 'n presteerder uit eie reg, ongeag die aantal onderskeidings, die probleme of jou omstandighede. 

Viva kennis! 

Wednesday, 9 October 2024

Vir ons onderwysers ...

Die jaar lê in die pylvak van 2024. Die laaste matriekhekkie lê voor en daarna die lang wag. Vir die onderwysers wat só hard gewerk het die afgelope jaar hierdie spesiale gedagte:

Hulle wat ons kinders leer
en hul gedagtes met feite
en idees fatsoeneer
wat deel in hulle prestasies.

Hulle wat raad gee en
'n liefde vir kennis inspireer,
waar hul waarheid die pad verlig
waar die jonges nog moet leer.

Want die toekoms skitter blink met elke les
en elke glimlag wat hulle verleng.
Nooit doen hulle minder as hulle bes
met elke doel wat hulle help bereik.

Want die opkoms van menige digter,
koning of filosoof
het begin met 'n onderwyser
en die wysheid wat hulle bring

Tuesday, 9 July 2024

Kwartaal 3 - die laaste hekkie voor die eindeksamen

Wat is 'n moontlike modus operandi vir 'n matriekleerder gedurende die derde kwartaal?

Die volgende punte is die goeie raad van 2008 se hoofseun:
** Dis nog nie te laat om vandag te begin nie, maar dan moet jy dubbeld jou gewig ingooi. (Dit kan tydsgewys op 'n stadium aan die onmoontlike grens om alles te wil leer.)
** Begin dadelik beplan en te prioritiseer.
** Kry onmiddellik 'n studierooster as jy nog nie een het nie.
** Kry 'n studiemaat wat jou kan help met die vakke waarin jy nie na wense presteer het nie. (Maar moenie sy tyd mors nie, hy moet ook leer,) 
**  Verpligtinge soos sport, kultuur, familie, vriende is NIE ‘n verskoning vir ‘n swak akademiese vertoning nie. Bestudeer jou rapport en neem sinvolle besluite. Jou familie en vriendekring moet bewus wees van jou besluite t.o.v. jou akademie.  
** Dis JOU verantwoordelikheid om tydens noodsaaklike verpligtinge of 'n krisis akademiese voorsorg te tref en vooruit te werk, of om agterna so gou as moontlik verlore werk in te haal.
** Moenie verskonings uitdink hoekom jy nie tyd aan jou akademie kan spandeer nie - verskonings is 'n teken dat jy glad nie ernstig oor jou uitslae en jou toekoms is nie.
** Die skool bied ongelooflik baie geleenthede en hulp aan leerders - aantekeninge, ekstra klasse en studiemateriaal. Maak gebruik daarvan.
** As jy emosioneel af voel, gaan praat met een van die onderwysers of pastoor. 
** Sterkte vir die laaste paar weke en byt vas! Daar is 1000de matrieks wat op hierdie selfde oomblik belangrike besluite oor hulle punte moet neem.

[Gaan google die hoofseun van 2008 en besluit of dit goeie raad is.]