Mentorklub

























Een manier om jou punte
te verbeter!
'n Mentor- klub is die begin van 2012 in die lewe geroep. Een van die hoof- redes was om die matrieks se punte te verbeter. 'n Leerder wat goed presteer in 'n sekere vak, kan dan iemand wat sukkel onder sy vlerk neem en hom mentor.

Hierdie wen-wenkonsep het 'n beskeie begin gehad. Die aktiewe mentor se sukses word bepaal deur die uitslae van sy protégé. Die protégé moet egter ook die noodsaaklikheid van hierdie proses insien en in albei gevalle moet die twee bereid wees om die ekstra myl te wil loop.

Enkele matrieks is hierby betrokke. Die akademiese waarde van hierdie aktiwiteit word nog nie deur die matrieks besef nie.