What is a teenpreneur? Do you want to know?
Sunday, 31 May 2015
Vrystaat-wenners 2015 in die SRB-afdeling!!
Die Aquabionic-span van HTS!! Afrika Mokhosi (gr. 11), Christopher Brümmer (gr.10), me. Melissa Broodryk (mentor), Wilhelm Erasmus (gr.12) en Pieter Pretorius (gr. 10) |
Nog foto's van die dag is hier beskikbaar!
Saturday, 30 May 2015
Friday, 29 May 2015
HTS se junior burgemeester van 2002 besoek die skool!
2002 se Junior Stadsraad van Welkom, het 'n geweldige besige en vol program gehad en aan stuur van sake, was niemand minder as die bekende ... (lees verder!)
Thursday, 28 May 2015
NVS-hokkiespeler!
Katleho Mathe |
Katleho Mathe, 'n graad 11-leerder van HTS
Welkom, se sport, sports, ontspanning en passie is hokkie. Hy is die enigste
leerder van die skool wat vir die
Noord-Vrystaat hokkiespan gekies is. Hierdie sportman kan ook sy woord gestand
doen en hy was Donderdagoggend 'n gas op dr. Chome van Lesedi FM se program.
Eerskomende vakansie is hulle in Bloemfontein
waar hulle aan die IPT-toernooi gaan deelneem.
Wednesday, 27 May 2015
Monday, 25 May 2015
Goudveld ATKV Taal- en kunstefees: Kunsafdeling
Teboho Malang |
Hierdie leerder het nog nooit 'n kunsles van
een of ander aard gehad nie, maar die tekentalent sit baie diep in sy are. Toe
hy in die preprimêre skool was, het hy agtergekom dat as ander kinders stokmannetjies
teken, hy "regte" mannetjies kan teken, sonder enige moeite.
In graad 9 het me. Malinda Anderson hom gevra
om aan die ATKV se kunswedstryd deel te neem, maar toe sy vir hom die skoon
velle papier gee, was daardie groot velle so intimiderend, dat hy net daar
besluit het om nie te teken nie.
Intussen het Ingenieursgrafika en -ontwerp,
een van sy gunsteling vakke geword, waarin hy lag-lag 'n onderskeiding behaal.
En daarom was hy oorgehaal vanjaar om deel te neem. Hy het vier sketse ingegee
en vir al vier bokant 80% gekry - 88%, 2 x 90% en 'n 96%.
Baie baie geluk, Teboho en mag jy duisende
dollars met jou tekentalent verdien.
Tuesday, 19 May 2015
Oudleerders besoek die skool!
Hierdie oudleerder van 1999 het so 'n vinnige draai by die skool gemaak om te kyk of daar darem nog onderwysers is wat hy ken! Kliek gerus hier as jy wil sien wie die besoeker was.
'n Oudleerder van 2006 het ook sy Alma Mater besoek en sommer die skool vir sy verloofde gewys!! Kliek gerus hier!!
Sunday, 17 May 2015
Friday, 15 May 2015
Saturday, 9 May 2015
Thursday, 7 May 2015
'n Terugblik... 1991
Boodskap
van die skoolhoof 1991
Seker die mees oorwegende rede waarom ons na
ses jaar weer 'n fotoblad die lig laat sien, is dat so 'n blad se waarde
toeneem met die jare. Daarom glo ek dat diegene wie die skool aan die einde van
die jaar gaan verlaat, julself baie gelukkig kan ag. Om na vyftien jaar of
langer, deur so 'n fotoblad te blaai, is 'n voorreg wat geld nie kan koop nie.
Die Suid-Afrika van môre kan dalk baie verskil
van die een wat ons vandag ken.
Lon Walters het by geleentheid gesê: "'n
Skool is 'n gebou met vier mure, met binne-in die dag van môre." Dit is
dan ook die hoofdoel van ons, betrokke by die HTS Welkom, om leerlinge voor te
berei vir die dag van môre. Leerlinge wat as hulle die dag die skool verlaat,
die aanslae en eise van die grootmenswêreld sal kan hanteer.
Laat ons ook sê, in die woorde van wyle mnr. Willie
Hofmeyer, stigter van Naspers: "Ek kyk terug en is dankbaar, ek kyk
vorentoe en is moedig, ek kyk op en is gelowig."
My hartlike dank aan die personeel en ouers
vir dit wat gedoen is in belang van ons skool. My dank ook aan die bestuursraad
en ouerkomitees.
Baie dankie ook aan die redaksie van hierdie
blad vir u puik werk.
JB du Toit
SKOOLHOOF
Friday, 1 May 2015
Free State loses almost 2 000 teachers!
(Free State Business Bulletin)
Subscribe to:
Posts (Atom)