Monday 25 May 2015

Goudveld ATKV Taal- en kunstefees: Kunsafdeling



Teboho Malang
Om met vier (A++) uit die ATKV-kompetisie te stap, sit so 'n heerlike gevoel van warmte om  Teboho Malang, 'n graad 12-leerder van HTS, se hart.

Hierdie leerder het nog nooit 'n kunsles van een of ander aard gehad nie, maar die tekentalent sit baie diep in sy are. Toe hy in die preprimêre skool was, het hy agtergekom dat as ander kinders stokmannetjies teken, hy "regte" mannetjies kan teken, sonder enige moeite.

In graad 9 het me. Malinda Anderson hom gevra om aan die ATKV se kunswedstryd deel te neem, maar toe sy vir hom die skoon velle papier gee, was daardie groot velle so intimiderend, dat hy net daar besluit het om nie te teken nie.

Intussen het Ingenieursgrafika en -ontwerp, een van sy gunsteling vakke geword, waarin hy lag-lag 'n onderskeiding behaal. En daarom was hy oorgehaal vanjaar om deel te neem. Hy het vier sketse ingegee en vir al vier bokant 80% gekry - 88%, 2 x 90% en 'n 96%.     


Baie baie geluk, Teboho en mag jy duisende dollars met jou tekentalent verdien.