Thursday 17 December 2015

Elsa Pretorius - personeellid vir 42 jaar!

Dit is met leedwese wat ons van die heengaan van mev. Elsa Pretorius, 'n jarelange personeellid van HTS verneem. 'n Mens dink terug aan haar met aangename herinneringe. Iemand met 'n geheue van 'n olifant - wat geen telefoongids nodig gehad het om nommers op te soek nie. Iemand wat altyd die ekstra myl geloop het en altyd professioneel in haar optrede was. Sy was maar net altyd daar, op die agtergrond, maar só effektief. Sy het jarelange verbintenis met die skool gehad, haar man was 'n onderwyser by HTS en later ook haar seun, Johann. Haar twee kleinseuns was albei betrokke en aktiewe Tekkies. En nou is haar dogter, Tanya , deel van die skool se personeel.

Ons gaan haar onthou vir haar vriendelikheid, mooi aantrek en hulpvaardigheid... 'n staatmaker... 'n steunpilaar!

Ons innige simpatie aan haar familie, mag julle krag ontvang, veral in hierdie feestyd!  

Onder is 'n personeelfoto van 1995. Elsa is vierde van links in die vierde ry, 'n gevierde mens!