Ou jaarblaaie: uittreksels!







Boodskap van die skoolhoof 1991

Seker die mees oorwegende rede waarom ons na ses jaar weer 'n fotoblad die lig laat sien, is dat so 'n blad se waarde toeneem met die jare. Daarom glo ek dat diegene wie die skool aan die einde van die jaar gaan verlaat, julself baie gelukkig kan ag. Om na vyftien jaar of langer, deur so 'n fotoblad te blaai, is 'n voorreg wat geld nie kan koop nie.

Die Suid-Afrika van môre kan dalk baie verskil van die een wat ons vandag ken.

Lon Walters het by geleentheid gesê: "'n Skool is 'n gebou met vier mure, met binne-in die dag van môre." Dit is dan ook die hoofdoel van ons, betrokke by die HTS Welkom, om leerlinge voor te berei vir die dag van môre. Leerlinge wat as hulle die dag die skool verlaat, die aanslae en eise van die grootmenswêreld sal kan hanteer.

Laat ons ook sê, in die woorde van wyle mnr. Willie Hofmeyer, stigter van Naspers: "Ek kyk terug en is dankbaar, ek kyk vorentoe en is moedig, ek kyk op en is gelowig."

My hartlike dank aan die personeel en ouers vir dit wat gedoen is in belang van ons skool. My dank ook aan die bestuursraad en ouerkomitees.

Baie dankie ook aan die redaksie van hierdie blad vir u puik werk.

JB du Toit
SKOOLHOOF

***