Prysuitdeling

Skenking van trofee

Isaac Akinwotu, een van 2013 se matrieks, het besluit om 'n wisseltrofee vir die skool te skenk. Op hierdie manier is hy elke jaar by die skool se prysuitdeling ...
Die Isaac Akinwotu-wisseltrofee word gewen deur die leerder wat op enige besondere manier in Afrikaans presteer het. Vanjaar was Dante Howard, 'n graad 8-leerder, die wenner, met die hoogste punte in die Afrikaanse spelolimpiade.

Isaac het op sigself geskiedenis gemaak deur die jongste Tekkie te wees wat matriek geskryf het - hy het 15 jaar oud geword in sy matriekjaar! Hierdie hardwerkende leerder was vanjaar 'n assistent in die Afrikaanse departement.  


'n Ware Dux-leerder

Vanjaar se Dux-leerder is 'n man met vele talente. Michael Pretorius, tweede seun van Fanie en Riana Pretorius, woeker met sy talente. Op die HTS Welkom se prysuitdeling  het hy skoonskip gemaak met 24 toekennings.

Hy het onderskeidings in al sy vakke gekry, naamlik Afrikaans Huistaal, Elektriese Tegnologie, Ingenieursgrafika en Ontwerp, Lewensoriëntering, Engels Eerste Addisionele Taal, Rekenaars Toepassings Tegnologie, Wiskunde,  en Fisiese Wetenskappe.

Michael ontvang volle erekleure vir akademie en hy ontvang ook die HTS Welkom Wisseltrofee vir Afrikaans Huistaal - hoogste gemiddelde punt vir Afrikaans Huistaal, the THS Welkom floating trophy for English First Additional Language - hoogste gemiddelde punt vir Engels Eerste Addisionele Taal, die HTS Welkom Wisseltrofee vir Wiskunde - hoogste gemiddelde punt vir Wiskunde, die HTS Welkom Wisseltrofee vir Ingenieursgrafika en- Ontwerp - hoogste gemiddelde punt vir Ingenieursgrafika en- Ontwerp, HTS Welkom Wisseltrofee vir Elektriese Tegnologie - hoogste gemiddelde punt vir Elektriese Tegnologie,  die HTS Welkom Wisseltrofee vir Rekenaar Toepassingstegnologie - hoogste gemiddelde punt vir Rekenaar Toepassingstegnologie, asook die Nicolaas v/d Walt Wisseltrofee vir die hoogste gemiddelde punt vir Elektriese Tegnologie teorie, die Christo Langeveld Wisseltrofee vir die hoogste gemiddelde punt vir enige werkswinkelvak, die Marie-Louise Lamprecht Wisseltrofee vir die hoogste gemiddelde punt vir Natuur- en Skeikunde  en 'n  spesiale prys vir uitstaande prestasie – Dux-leerder vir vyf jaar aaneenlopend. Met 'n gemiddelde persentasie van 92% in matriek, verdien hy beslis die prys.

Hy ontvang ook volle erekleure vir kultuur en halwe erekleure vir SAGE, sowel as tennis.

Hy was lid van die leierskorps. sowel as 'n busprefek. Hy was ook lid van die Matjabeng Junior Stadsraad en in sy vrye tyd speel hy ook nog skaak.

Hierdie bedrywige leerder het al aan verskeie entrepreneurskompetisies deelgeneem, met die besigheid Aquabionic, wat elke jaar van krag tot krag gaan. Vir drie agtereenvolgende jaar is sy span aangewys as die naaswenner in die Suid-Afrikaanse SAGE-kampioenskappe.  

Met 'n kop wat in 'n ingenieursrigting staan, sal hy 'n bate vir enige instansie wees.