Kompetisies

SAGE
SAGE (Students for the Advancements of Global Entrepreneurship) is die breinkind van Dr. Curt DeBerg van die Sentrum van Entrepreneurskap aan die Kaliforniese Universiteit, Chicago.  Hierdie organisasie baan die weg vir die jeug om besigheidsvaardighede aan te leer, maar om in dieselfde asem hulle bydrae tot die gemeenskap te lewer en ook terug te ploeg in die gemeenskap.

Die besighede in die kompetisie word in 2 kategorieë ingedeel, naamlik SRB (Socially-Responsible Business) en SEB (Social Enterprise Business). SRB is ‘n winsgewende besigheid en SEB is ‘n nie-winsgewende besigheid wat gemik is op gemeenskapsdiens.

HTS het een span, Aquabionic, in die SRB (Socially-Responsible Business) kategorie ingeskryf. Tydens die SAGE-Vrystaat provinsiale kampioenskappe in Bloemfontein was hulle gekroon as die Vrystaatse kampioene.

Tydens die SAGE SA-kampioenskappe, wat in Polokwane gehou is, het Aquabionic in die derde plek geëindig.

Entrepreneursdag
Aquabionic, 'n klein maar gedugte spannetjie, het vir Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein se entreprenieursdag-kompetisie ingeskryf.  Die kompetisie is ook die finale rondtes van die ILO (International Labour Orginisation) se Vrystaatse entrepreneurskompetisie. 

Aquabionic het weggestap met die eerste plek in die hoërskole-kategorie vir finansiële bestuur.