Oudleerderskryfsels en opvoedkundige sienings

Mnr. Cor du Plessis 1963
Chris se storie
(Deel 1)

Op 21 Junie 2012 het ek 'n selfoonoproep ontvang met die volgende strekking: "Meneer, ek weet nie of meneer my nog sal onthou nie, ek was in 1965 by Meneer in matriek by die HTS Welkom. My naam is Chris en ek moet Meneer weer sien.  Is Meneer 26 Junie tuis en kan ek daar aankom?"

Ons reël toe 'n tyd en gee hom my adres. So kom hy toe hier aan, vergesel van sy vrou en 'n besoeker uit Duitsland. Hy sê toe dat hy my selfoonnommer by 'n medematrikulant, met wie ek nog kontak het, gekry het.

Hier volg Chris se storie:

"Ek weet nie of Meneer dit sal kan onthou nie, maar in 1963, toe ek in st. 8 (gr. 10) was, so teen begin September, het ek vir die eerste keer 'n wiskunde toets gedruip. Meneer het so voor my bank gestaan, die rottang onder my ken gedruk, my opgelig en gesê dat ek my talente deur my agterwêreld trek. Ek het geantwoord dat ek wel geleer het, waarop meneer gesê het dat ek dan verkeerd leer en dat Meneer my sal leer hoe om te leer, wat Meneer toe gedoen het. Ook het Meneer my 'n oefenprogram gegee om fiks te word. Op daardie stadium het ek in die O/15D-span rugby gespeel. Ek het dit wat Meneer my geleer het, toegepas en ook begin oefen. Ek het wiskunde tot en met matriek met onderskeiding geslaag en het ook vir twee jaar na mekaar die myl  op die atletiekbyeenkoms gewen en agsteman vir die eerstespan, wat Meneer afgerig het, gespeel. Ek het elke dag voor skool met 'n meisie wat in die Handelskool was, op die oorbrug tussen die twee skole gesels. Meneer het altyd van die "meisie op die brug" gepraat en gesê dat sy nog gaan maak dat ek laat is vir skool en dan in die moeilikheid sou wees. In my st. 9- jaar (gr. 11) het meneer my ouers na die skool toe laat kom en hulle gevra wat die ommekeer in my lewe teweeg gebring het, waarop my ma geantwoord het: "Jy, meneer Du Plessis."

Na matriek is ek Carltonville toe waar ek 'n vakleerling geword het, maar Meneer se woorde dat ek nie my talente moet deurtrek nie, het my laat verder studeer en het ek 'n meganiese ingenieur geword en is terug na die myngroep. Intussen het ek getrou met die "meisie van die brug". Ons het twee seuns en 'n dogter ryker geword en ek het vir die "meisie van die brug" gesê dat ek moet Meneer Cor opsoek. Die oudste seun het ook 'n ingenieur geword en is toe deur 'n taxi doodgery.
Dit was 'n harde slag vir ons en ons het toe 'n dogtertjie aangeneem. Veertien dae nadat ek my mediese ondersoek met vlieënde vaandels geslaag het, het ek soos 'n os neergeslaan en het 'n vyfvoudige hartomleiding ondergaan. toe ek tuiskom, het ek vir die "meisie op die brug" gesê ek moet by meneer Cor uitkom. Toe ek tuiskom, het ek ook weer verder studeer en 'n elektrotegniese ingenieurskwalifikasie verwerf. Ek het gevorder tot resident-ingenieur vir die myngroep in Wes-Transvaal. Ek het verskeie jongmense, my eie kinders ingesluit, die lewensles wat Meneer my gegee het, gegee. Verskeie het my later kom bedank.

Ons tweede seun het sy studies om 'n CA te word, voltooi en sou net met sy klerkskap begin, toe 'n taxi aan die verkeerde kant van die pad, in 'n 60km/h-sone om 'n draai teen hom bots, sy kar goed 50m terugstoot en ook hy is aan 'n breinbesering oorlede. Ek het weereens vir die "meisie op die brug" gesê dat ek by meneer Cor moet uitkom.

Ek het intussen afgetree en ontwerp toe 'n patent vir gebruik in die myne, wat ek bemark vir baie miljoene en ek verkoop ook toe die patenteregte en belê in 'n wildsplaas net buite Potchefstroom. Hier het ek een Sondag na kerk, neergeslaan, en die "meisie op die brug" het die nooddienste se helikopter laat kom en is ek afgevoer na Pretoria. Hier word ek toe meegedeel dat die kardioloog wat my tevore geopereeer het, self in die saal langsaan lê en 'n jong dokter vra toestemming om voort te gaan. Na 'n uur en 'n half hoor ek dat hy vir die suster sê dat hy net nie die aar oopkry nie en sal moet ophou. Ek onthou dat ek gesê het: 'Here, help!' Die volgende oomblik sê die suster dat hulle nog dit moet probeer en daar werk dit toe.  

Weer het ek vir die "meisie op die brug" gesê dat ek by meneer Cor moet uitkom. En hier is ek nou. Ons wil vir Meneer baie, baie dankie sê dat Meneer my talente raakgesien het en ontsluit het. Ek gee graag vir Meneer namens ons gesin hierdie woorde van dank vir wat Meneer vir my beteken het en nog steeds beteken."


Mnr. Cor: "Nodeloos om te sê dat dit vir my en Susan 'n baie emosionele oomblik was dat 'n leerling na 49 jaar die moeite doen om my te kom bedank vir wat ek vir hom beteken het, om hom op die regte pad te plaas. 

(Volgende week word deel 2 geplaas)
[Oorgeneem uit Kerkblad Jeffereysbaai]


Chris se storie
(Deel 2)


Mnr. Cor du Plessis het die volgende gebed vir hulle gestuur:

My gebed
(Vir Chris en Bettie, die "meisie op die brug")

Ons Vader in die hemel. Dit is met dankbaarheid dat ek U troon van genade nader om aan U die dank en aanbidding te bring wat U toekom.
Dankie o Heer, dat u my 49 jaar gelede gebruik het om 'n boompie by die lewende waterstroom te plant en vir 'n paar jaar te voed. Dankie dat u hierdie boompie laat groei het tot 'n pragtige boom, geanker met sy penwortel, die "meisie op die brug." U het hierdie boom laat vrugte dra en sy skaduwee was 'n rusplek vir vir sy klein boompies. Sy vrugte het vir baie ander ook van voedsel voorsien. Dankie, o Heer, dat toe die weerlig sy eerste groot tak afgeslaan het, U die wond verseël het, sodat die boom en sy penwortel nie verrot het nie. So ook het U toe die wind sy kroon geknak het, U hand oor hom gehou en weer reguit laat groei. Toe daar weereens 'n storm oor hom gekom het en die volgende groot tak afgeruk is, het U weer in U groot genade die wond genees en nie toegelaat dat die boom verrot nie. Dankie ook Heer vir die twee takkies, een geënt op die  boom, wat nou die vrugte en veiligheid kan geniet. Maar o heer, die boom was weer beproef en op sy noodkreet: "Here, help", het U ingegryp en weer lewe gegee, sodat dit vandag nog 'n sieraad is.  

Ek bid U o Vader, as dit U wil is, spaar hierdie boom vir sy penwortel en twee takkies en laat sy vrugte en skaduwee nog vir baie jare 'n veilige vesting vir almal wat met hom in aanraking kom, wees. dit vra ek in die naam van Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker. 
Amen


       

 FROM #NOTSENZOSDAD TO GARETH CLIFF


This past two weeks have been really crazy. Are we bored as South Africans or are we finally catching on to what the world has been doing for a while now? From #NotSenzosDad to Steve Hofmeyr’s stupidity. What a couple of weeks.

Sam Meyiwa became an instant celebrity after his gesture of gratitude went viral. People were posing from their cars all the way into dustbins and coffins. While many enjoyed being part of this trend, some protested against this saying it was mean of people to ridicule him. My opinion is that this was really an innocent act which was ruined by his activity in the lead up to that moment.
Black Twitter even said that Senzo’s untimely death unleashed a monster. Oh, and what’s up with Senzo getting a statue? There is so much wrong with this. I am not going to try and sugar-coat this one. The guy played seven games for Bafana and he gets a statue. I thought that was for the people who have been exceptional for SA football. We then decide to give him a statue for playing 7 games which he wouldn’t have played had Itu been fit. Absolutely a big NO from my side.

So Gareth Cliff was in the news again. This time he was labelled as a racist. To be honest I read the tweets and that was laughable to suggest that. Our honourable minister of sport (which I have tremendous respect for what he has done for SA sport) should have not commented in this matter. His comments were not consistent with what a progressive leader should be saying. Was rather impulsive in his comments. The funeral was huge and one wonders where the money came from to organise the such a funeral. My guess is that all this was so that we forget about our MIA President. “But that’s none of my business”

Steve Hofmeyr got a court order against a puppet. Yes, you read right, he went and got a court order against a puppet. I have zero respect for this man, but after this I have drilled a hole to ensure that my respect is in the negatives. As for his comment on Twitter where he blames Black people of South Africa for Apartheid, I feel like this dude should just go live in a remote island where he can live with wild animals.

Things are really interesting right now. We might be looking at a very interesting last two months of the year. From Juju having a 30 day holiday to Doing the Bra Sam.

We will always find something to focus on. Only when we question why things happen, will we see how ludicrous our society is and through at least we can push for some kind of accountability.

[By Marck Maphori Friday, November 7, 2014 UFS Student. Loves the World of Marketing. A lover of Sport and gaming. A social media junkie. Sports writer/columist for Y-Not Culture Magazine. Follow him on twitter @MK_Wiz7.]


Jeug lê fondament vir ontwikkeling: Gee toon aan vir toekoms

In die evolusionêre en revolusionêre prosesse van ’n nasie is daar altyd ’n bepaalde geslag wat iets ontwikkel; in ’n eeu waarin dit wat hoogty vier onstabiel raak en waarin ’n ontwaking plaasvind wat die toon vir die toekoms aangee.

’n Spesiale soort geslag is bekwaam – en verrassend is dit in Suid-Afrika die jeug. Wat maak vandag se jeug besonders?

Ek sou nie sê dit is omdat die jonges in ’n post-1994- demokratiese Suid-Afrika – wat homself van ’n abnormale verlede tot ’n normale toekoms omskep – woon nie. Wat die jonges besonders maak, is hul betrokkenheid by aktuele sake, meer spesifiek kwessies oor maatskaplike geregtigheid en maatskaplik-ekonomiese transformasie. Dit is verblydend om vurige debatvoering te sien oor moontlike maatreëls om die plaag van armoede, ongelykheid en werkloosheid uit te roei.

Die kwessies regverdig ongetwyfeld aandag, omdat dit hoofsaaklik die jeug beïnvloed. Dit maak die jeug die kwesbaarste, omdat die jonger geslag ’n meerderheidsgroep is – en juis daarom word gesê Suid-Afrika ervaar ’n jeugontploffing. Ons deelname is dus verpligtend en nie vrywillig nie.

In retrospek is daar ’n duidelike strewe om die dooiepunt te beredder gegewe die toename in seminare en konferensies deur instansies met belange in die ontwikkeling van die land en die bevordering van Suid-Afrika se groei as ’n ontwikkelende land. Dit maak ’n mens optimisties.

In elke dinamiese gemeenskap moet hoop bestaan, wat die geval met die nuwe geslag blyk te wees. Hoop dat die visie – wat vele uitdagings die hoof gebied het – ’n werklikheid sal word en steeds relevant sal bly, maar steeds onbereikbaar blyk te wees. Vandag se jeug het dus in ’n sin ontwaak. Ek sê dit vanweë die verandering in hoe hulle hul rol in die breër konteks van nasiebou beskou en om dit te onderhou om te verseker hulle word daardeur oorleef.

As deel van dié geslag is my hoop dat die eeu van ontwaking nie sal misluk of net deel van oorvertellings sal bly nie – net beperk tot denke en dialoog – iets wat ’n mens opgewonde maak, maar in ’n gebrek tot aksie eindig.

Dit sal jammer wees omdat hul werk, wysheid en kreatiwiteit duidelik op die regte plek toegepas word – daar waar ons land ’n goeie en gesaghebbende jeugperspektief nodig het oor ontwikkelingsprojekte om meer belanghebbendes te lok en om kontinuïteit te verseker.

Kom ons gebruik ons kreatiewe energie om ’n agenda van evolusie of revolusie daar te stel en wat ons ook al kies – kom ons gebruik ons inisiatief.

Phiwe Mathe
(UOVS SR-voorsitter 2013/2014 en oudleerder 2008)


Sibusiso Tshabalala





The Problem...

South Africa has always been faced with a lot of financial problems. This basis of this vicious cycle is rooted in the education system. We have heard the stories, from government officials not delivering textbooks to university students dropping out on the verge of their degree completion. It's about time we stopped talking about the "problem" and started implementing solutions.

A way to really cut down the numbers is by getting involved in extra-curricular activities at your respective campus or school. You are probably wondering why this is important or won't it waste your studying time. It is important that we realise that when an individual gets involved in extra-curricular activities you open your world up to another world that could very well present new and exciting opportunities. 

Selecting which extra-curricular you should get involved in quite easy. You just need to find something that interests you. Should you still not find one, then select something that is in line with what you are studying (normally you study about something you love or enjoy). This is actually very important that it is executed properly because should it not be, then the whole exercise becomes insipid and an utter waste of time. You do not want to find yourself helping out at an animal shelter but you have a fear for animals or don't enjoy getting dirty. That would just be ridiculous and funny too.
You are probably wondering what this article has to do with staying in university or solving the education crisis in South Africa. Well let me break it down for everyone. Firstly by becoming proactive you open your eyes to opportunities I mentioned in the former. These opportunities could be vital to you not dropping out due to financial reasons. By being proactive you give organisations to see you first and that could probably help should the organisation want to award you financial assistance. Basically this means that people will "invest" in you. And by having more people stay in university, we can have a higher number of graduates naturally. This will then flow over to having more competent people in the education ministry.


Funny enough should you now decide to take up the extra activities which will occupy some of your time, it will not really take up so much time. Although there is a danger should you take up a lot more than you should. The danger lies in not being able to manage your time. This is where it will start to look like it is a waste of time when it really is just a lack of proper time management.

So ladies and gentlemen, don't just sit there. Get up and get busy living!

[Marck Maphori - gr. 12 in 2010]

Skole is soos besighede

Die omstandighede van skole, en veral skoolhoofde, het oor die jare heen geweldig verander; in so ’n mate dat skole vandag soos sake-ondernemings bestuur moet word om gehalte-onderwys te verseker.

Enige onderneming se goeie naam is van groot belang. En in seker die meeste bedrywe is dit noodsaaklik dat ’n onderneming beskou moet word as een wat die beste produkte lewer en die beste diens verskaf, as een wat beter waarde vir geld as sy mededingers bied.

Ongelukkig raak die werklikheid ook al hoe meer van toepassing op ons skole -  en in sommige gevalle kan dit tot ongesonde kompetisie lei wat nie noodwendig tot voordeel van ons kinders en ons gemeenskap is nie.

Elke skool word vandag te midde van skrikwekkende uitdagings bestuur. Die bydrae uit die staats- kas het geweldig min geword, met die gevolg dat skole geld self moet insamel om te kan oorleef, wat nog te sê van gehalte-onderwys verskaf.

Skole moet dan ook teen mekaar meeding om borgskappe by plaaslike sakelui te kry.

Eindelik berus die groot aandeel wat skole se inkomste betref steeds by die ouers.

Wat Noordkaap vandag bepleit, is dat ons onderskeie skoolgemeenskappe met sagte oë na mekaar moet kyk. Ons is almal in dieselfde bootjie. Ons dien dieselfde gemeenskap en het dieselfde uitdagings. Kom ons gun mekaar ’n bietjie sonlig. En dalk kan ons meer as voorheen mekaar se hande vat om saam vorentoe te beweeg eerder as om in ongesonde wedywering vasgeval te raak.


[André Botha: Noordkaap - 2014-11-16]