Monday 30 September 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Onderwyser: "Ek wens jy wou 'n klein bietjie aandag gee."
Juan: "Ek gee so min aandag as wat ek kan, Juffrou."

ooOOoo

Onderwyser: "So, jou hond het jou huiswerk geëet?"
Lukas: "Ja, Meneer."
Onderwyser: "En waar is jou hond nou?"
Lukas: "Hy is by die veearts. Hy hou net so min van wiskunde soos ek."

ooOOoo

'n Kind in ons klas het altyd gesê sy hond het sy huiswerk geëet en niemand het hom ooit geglo nie. Tot verlede week ...
Sy hond het graad gevang by Wits!