Sunday 19 April 2015

Vrydagoggend lewer 'n verrassingsbesoek op!

Wat 'n heerlike verrassing het HTS nie gekry, toe een van die skool se vorige hoofde, mnr. AJ du Plessis,
Mnr. en mev. André du Plessis, saam
met mnr. Pieter Swanepoel!
 
beter bekend as "Slang", 'n onverwagte besoek aan die skool gebring het nie. Hy en sy vrou is op 'n gradeplegtigheidstoer. Hulle was pas klaar by UV se plegtigheid en op pad na UP s'n. 'n Besondere voorreg wat sy kleinkinders het om hulle oupa en ouma by hulle gradeplegtighede te kan hê.

Mnr. Du Plessis was so 'n maand terug ook by die Universiteit van die Vrystaat - daar het die goue oues 'n heerlike reünie gehad en agtergekom dat die tyd hopeloos te min was, om staaltjies en stories uit te ruil.

Mnr. André van Dyk, HTS se bibliotekaris en 'n oud-Tekkie, sê dit was vir hom 'n groot voorreg om hierdie legende in lewende lywe te ontmoet - iemand wat diep spore in baie mense se lewe getrap het.

(Nog foto's)