Monday 22 February 2016

Gideons besoek HTS Welkom


Dis al ‘n ou Tekkie-tradisie dat die Gideons die skool besoek. Hierdie jaar het hulle weer 'n treffende boodskap aan die leerders oorgedra.

Die leerders is dan ook bevoorreg om ‘n Bybel van hul eie te ontvang. Hiermee word die saad op vrugbare grond gesaai en hopelik sal dit die vrugte dra wat daarby pas.

Saam met mnre. Johan Vorster en Ben Barnard is van die graad 8-leerders wat 'n Bybel ontvang het. Hulle is Kgosi Mokgaudi, Ntandazo Nyiki, Francois Booysen en Demitri Barnes.