Sunday 14 March 2021

Opvoedkundige houtspeelgoed

Maak 'n belegging in jou kind se lewe en koop houtblokkies.

Daar is al baie oor dit gesê en mense doen nog aanmekaar navorsing - gaan google dit gerus. Doktersgrade het al die lig oor hierdie onderwerpe gesien. Enkele belangrike punte wat uitgelig kan word, is:

1. Dit is natuurlik (nie die plastiese speelgoed wat tans die aarde versmoor nie) en dis omgewingsvriendelik.

2. Dit is duursaam en kan selfs rowwe hantering oorleef. 

3. Dit gee enige een se konsentrasievermoë so 'n ekstra hupstoot - iets wat met al die skermtyd skade ly.

4. 'n Kind se motoriese vaardighede verbeter.

5. Die kind se kreatiwiteit word gestimuleer.

6. Insig en ruimtelike oriëntasie ontwikkel.

7. Kognitiewe vaardighede kry 'n regmerkie.


8. En dit is veilig om mee te speel.  

Sonder twyfel is dit deel van jou kind se speelgoedboks, as jy 'n omgee-ouer is. 

Kontakpersoon:

PIETER SWANEPOEL                                                            
084 559 0250                                                                                             
pjh.swanepoel@gmail.com