Monday, 18 November 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Ann: "Peter is uit die skool geskors omdat hy gekul het."
Lerato: "Hoe dan so?"
Ann: "Hy is gevang toe hy sy ribbes in die biologie-eksamen getel het."

ooOOoo
Onderwyseres: "Jy het by Fred afgekyk in vandag se eksamen ... nie waar nie?"
Klein Kosie: "Hoe weet Juffrou dit?
Onderwyseres: "Fred se antwoord by vraag 4.3 sê: Ek weet nie en in joune staan: Ek ook nie!"

ooOOoo

Wiskunde-onderwyser: "As daar 7 vlieë op die lessenaar is en ek slaan een met die liniaal dood, hoeveel is oor?"
Stian: "Net die een wat pap geslaan is."

ooOOoo

As onderwysers so slim is, hoekom is hulle nog op skool?