Monday, 23 December 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

* Hoekom is 'n onderwyser so spesiaal?
Omdat hy in 'n klas van sy eie is.

* "Hoe op dees aarde, Jannie, kon jy wors met twee erre skryf?" raas die onderwyser.
"Met 'n pen," antwoord Jannie.

* Juffrou is besig om vir die klas te leer van eerlikheid, etiek en oplettenheid. Elkeen word aan die hand van voorbeelde verduidelik.
Juffrou: "Peter, wat sal jy doen as iemand langs jou in die winkel staan en 'n pakkie gemengde groente steel?"
Peter: "Ek sal vir hom sê om eerder lekkers te steel, want dis baie lekkerder."