Vir die Kersvakansie wat op hande is, word Shell se bedrewe bestuurder se kode net weer onder die lesers se aandag gebring.
Die bedrewe bestuurder:
* is hoflik teenoor ander bestuurders en werk met hulle saam deur bedagsaam te bestuur.
* hou ten alle tye rekening met veiligheid.
* tree altyd verantwoordelik op teenoor sy of haar passasiers.
* bly kalm en wakker agter die stuurwiel.
* is op sy/haar hoede vir voetgangers, veral na sononder.
* onthou dat twee- en vierwielvoertuie gelyke regte op die pad het.
* laat sy/haar motor gereeld versien met die oog op veiligheid. Deesdae kan 'n mens nie langs die pad
gestrand staan nie.
* bestuur nooit onder die invloed van alkohol nie.
* gehoorsaam alle verkeerswette.
[Vra Shell die antwoorde]